Soorte resepte:

Vyf resepte om Braaidag behoorlik te vier

Ons gaan nou braai!

Maroela Media bied jou ʼn opsomming van vyf heerlike braaigeregte wat dié Braaidag die vure hoog sal laat brand.

Koljander-lendetjops

Presies soos ʼn bees se T-been, maar uit lam gesny, het dié tjop ʼn lendesnit en ʼn stuk filet. Hou die resep en braaiwerk eenvoudig sodat jy nie sy natuurlike smaak oordonder nie. Afgesien van die gewone drie musketiers – knoffel, olyfolie en suurlemoensap – pas koljander ook lekker by lamsvleis. In dié geval gee ons dit ʼn  dubbele dosis koljander.

Foto ter illustrasie. (Foto: verskaf)

Kry die volledige resep hier.

Biltong-braaipakkie

Hierdie krakerige lekkerte is vol verrassings. Dit het min bestanddele en jy kan eintlik sommer self besluit wat jy in jou pakkie wil sit en wat jy eerder wil uitlos. Die hoeveelhede kan maklik aangepas word om ʼn spesiale happie vir jou en jou geliefde te maak, of vir ʼn klomp gaste by die volgende familiebraai; dit is selfs lekker om te maak as julle gaan kamp.

Die resep is vir een pakkie om dit maklik aan te pas vir die aantal mense wat saam braai.

Kry die volledige resep hier.

Heel braaivis

Nie lus vir ʼn  tjoppie nie? Maak hierdie heel braaivis!

Heel braaivis. (Foto: Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

Kerriesampioen-sosaties

Dié kebabs sal heerlik saam met jou braaivleis proe.

Kerriesampioen-sosaties. (Foto: SAMA)

Kry die volledige resep hier.

Mieliepaptert

Kan jy sê dat jy gebraai het as jy nie paptert saam met jou vleis geniet het nie?

Mieliepaptert (Foto: Lapa Uitgewers)

Kry die volledige resep hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.