Bestel nou bloutong-entstof

Tekorte aan bloutongentstof kan rampspoedige gevolge hê. (Foto: Maroela Media)

Design Biologix, ʼn farmaseutiese maatskappy wat in die vervaardiging van veemedisyne spesialiseer, het aangekondig dat hy gereed is om bestellings vir Blu-Vax (G4534) vir bloutong te neem.

Boere word aangeraai om nou te spring om betyds te wees vir die reënseisoen en om enige moontlike voorsieningskrisse wat oor die afgelope tyd die veebedryf geteister het vry te spring.

Bloutong is ʼn ongeneeslike, seisoenale vektoroordraagbare siekte wat deur bytende muggies oorgedra word. Dit is van kritieke belang dat die entstof betyds toegedien word om siektes tydens hoërisikoperiodes te voorkom.

Skape moet ten volle ingeënt word. Dit behels enting twee maande voor die aanvang van die verwagte siekteseisoen, wat gevolg moet word deur ʼn skraagdosis drie tot vier weke daarna.

Tans is pakgroottes van 100 dosisse beskikbaar en die 20-dosis-pakgroottes se bekendstellingsdatum sal op ʼn later stadium aangekondig word.

Skakel Design Biologix by 012 349 2772 vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.