Gebalanseerde dieet kan risiko vir borskanker verminder

(Foto: Verskaf)

“Ongeveer 1 uit 28 vroue sal in hul leeftyd kanker kry, terwyl een uit agt vroue in stedelike gebiede waarskynlik borskanker sal kry.”

Só sê dr. Eugene Jooste, radioloog en voormalige voorsitter van die Borskankerbeelding van Suid-Afrika (Breast Cancer Imaging of South Africa).

Borskanker is een van die algemeenste kankers wat by Suid-Afrikaanse vroue voorkom. Daarom is dit juis belangrik om gereeld selfondersoeke te doen en ʼn goeie dieet te handhaaf om die ontwikkeling van kankerselle te verminder.

“Produkte soos botter, suiwelprodukte en rooivleis bevat versadigde vette wat beperk moet word. Voedsel met baie suiker of verwerkte produkte moet ook eerder vermy word omdat dit nie genoeg vesel bevat nie en estrogeenproduksie in die liggaam verminder,” sê Omy Naidoo, stigter en geregistreerde dieetkundige by Newtricion Wellness.

Volgens Naidoo bevat die Mediterreense dieet voedsel wat die risiko’s kan verminder en die liggaam help om kankerselle te beveg. Dié dieet bestaan hoofsaaklik uit vars groente en vrugte, neute, sade, peulgewasse, volgraanprodukte en vis, asook ekstrasuiwer olyfolie.

“Mediterreense voedsel het ʼn anti-inflammatoriese uitwerking op die liggaam,” sê Naidoo. “Die ontwikkeling van kanker is dikwels as gevolg van geoksideerde skade – daar is ʼn laegraadse ontsteking wat die proses van kanker opwek of vererger.”

“Vars vrugte en groente bevat baie vesel en polifenol wat help om estrogeenvlakke te verlaag, wat ook ʼn belangrike rol in die kankerontwikkelingsproses speel.”

Hoewel borskanker geneties oorerflik is, meen kenners dat ʼn swak dieet- en leefstylkeuses soos rook en alkoholmisbruik verder tot die ontwikkeling van borskanker bydra.

“Hoewel ander faktore oorweeg moet word, kan ʼn swak dieet- en leefstylkeuses die risiko van borskanker verhoog.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elmarie ·

Jammer om te verskil van artikel, daar is geen borskanker in my familie, en tog is ek besig om daarteen te baklei -dus nie geneties oorgedra. Ek rook nie en het selde glasie wyn gedrink, leef baie gesond met oorgenoeg oefening elke liewe dag ens. tog het dit my getref. Ongelukkig is dit so dat daar geen manier is om te sê of jy dit gaan vryspring al dan nie. Mens moet net positief bly as dit jou wel tref en baklei so hard jy kan. Dis al wat ek uit ondervinding kan getuig

Anel ·

Elmarie, ek stem saam met jou. Baie sterkte. Ek het ook borskanker, ook niemand in die familie wat het nie. Eet baie gesond, oefening ens. Tog het ek verhoogde estrogeenvlakke wat my kanker veroorsaak het. Gelukkig hoef ek net estrogeenblok te drink elke dag, na dubbele mastektomie. Maar enige iemand kan dit kry.

JJ ·

ek i9s seker n gebalkanseerde dieet sal die immuunsisteem versterk en jou liggaam se immuunsteem toerus om beter weerstand te bied teen die CCP virus- heellaas, wanneer het julle gehoor hiervan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.