Iemand in jou huis het Covid-19, hoe nou?

(Argieffoto: Unsplash)

Ligter gevalle van Covid-19 kan tuis behandel word deur jouself onmiddellik te isoleer van die res van die mense in jou huis. Wanneer jy begin sleg voel, moet jy jouself onmiddellik in ʼn kamer, buitekamer of woonwa in isolasie plaas, selfs al het jy nog nie die resultate van jou Covid-19-toets ontvang nie.

Maroela Media het vroeër berig dat mense op sowat die vyfde dag nadat die virus opgedoen is, simptome begin toon en teen sowat die agtste dag sal weet of dit ʼn ernstige geval is of nie.

Mense wat die virus slegs in ʼn ligte graad opdoen en oor die algemeen gesond is, kan tuis in isolasie behandel word.

Indien dit onvermydelik is om ander mense in die huis te hê, volg die wenke hierna om die virus tuis te beveg.

Hierdie wenke kan jou help om jou huismense veiliger te hou. Dit bly egter uiters belangrik om voorsorg te tref om niemand anders aan te steek nie, aangesien ʼn mens nie weet wie ʼn hoërisikogeval kan wees nie.

Dit is belangrik om vir minstens 10 dae ná die eerste simptome verskyn het in isolasie van die buitewêreld te leef.

  • Slaap in ʼn aparte kamer, alleen in ʼn bed.
  • Niemand moet toegelaat word om in jou kamer te gaan nie.
  • Gebruik jou eie badkamer, wat niemand anders mag gebruik nie.
  • Gebruik jou eie eetgerei waaruit niemand anders mag eet of drink nie. Of gebruik eetgerei wat jy kan weggooi nadat jy dit gebruik het.
  • Bly te alle tye minstens twee meter van ander mense af. Moet aan niemand raak nie.
  • Maak alle oppervlakke waaraan jy vat gereeld skoon, maar probeer om so min moontlik aan enigiets te vat.
  • Moenie saam met jou gesin opskep vir ete nie.
  • Moenie saam aan tafel sit en eet nie.
  • Almal in die huis moet hul hande gereeld was en gesond eet om hul immuunstelsel sterk te hou.
  • Drink genoeg vloeistof.
  • Neem medikasie om jou simptome te verlig.
  • Slaap genoeg.
  • Moenie oefening of enigiets doen wat jou hartklop gaan versnel nie.
  • Rus baie.
  • Eet gesond.
  • Vermy alkohol, kafeïen en verwerkte kos.

Healthline stel voor dat jy kos eet wat jou liggaam die nodige energie en voedingstowwe gee wat dit nodig het om te funksioneer. Eet kossoorte soos:

  • hoendersop
  • knoffel
  • jogurt
  • vrugte met vitamien C soos tamaties, aarbeie en sitrusvrugte
  • groen groentes soos spinasie en broccoli
  • hawermout

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JJ ·

Die eerste artikel wat verwys na die rol van die immunstelsel en gesonde voeding. Bravo!! Het julle geweet die WGO het die definisie van kudde immuniteit gewysig? Die immunstelsel se werking word nou weggelaat en kudde immuniteit kan net met … inenting .. bereik word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.