Maroela Media se 10 gewildste leefstyl-artikels vir 2022

Hierdie tien artikels is in 2022 die meeste gelees op Maroela Media se leefstyl-portaal.

  1. Video: Meet self jou korrekte bra-grootte in ʼn japtrap

Dit maak nie saak hoe goed jou bra gemaak is nie, as jy die verkeerde grootte dra sal dit nooit reg voel óf reg lyk nie.

Corlia Lemmer bied sedert 2014 naaldwerkklasse by haar ateljee in Montana, asook by groot materiaalwinkels in die Pretoria-omgewing aan. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

  1. Is jou kolon gesond?

Die kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) raai mense aan om ’n aktiewe, gebalanseerde leefstyl te lei en sê dat sekere leefstylveranderinge kankerrisiko kan verlaag.

(Foto: National Cancer Institute/Unsplash)

  1. Beskerm jou kleinding teen kleuterskoolverkoue

Jy is dalk ’n ouer wat die pediater se drumpel deurtrap met ’n kleinding wat omtrent altyd met ʼn kuggie, loopneus of omgekrapte maag rondloop.

Siek kind

  1. Tereza Troskie-Herbst, die skoonheid wat ’n goeie fee vir ander is

Glans en drama. Dis waarmee mense die skone Tereza Troskie-Herbst (53), wat in 2000 as Mev. Suid-Afrika en in 2002 as Mev. Wêreld (Internasionaal) gekroon is, assosieer. Dit gebeur so dikwels dat mooi vroue op hul baadjies getakseer word. Maar vir hierdie Bloemfonteiner oor wie al jare lank geskryf, geskinder en gegis word, gaan dit oor veel meer as haar voorkoms.

Bennie en Tereza (Foto verskaf)

  1. 1922-mynstaking: Die dag toe drie broers gesterf het

Op 16 Maart 1922 is drie broers, Petrus, Johannes en Barend Hanekom, deur soldate in hulle ma se huis in Rosettenville, Johannesburg, in wat nog destyds as die Transvaal bekend gestaan het, oorval.

Die Hanekom-broers se massagraf in die begraafplaas naby die treinspoor. (Foto: Verskaf)

  1. Dié ‘wonderwerk’ sproei klaarblyklik stof se grootste vyand

Van al die nimmereindigende huishoudelike take is afstof heel moontlik die een waarna almal die minste uitsien.

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Parth Shah/Unsplash)

  1. Sê hallo vir dié funksies op WhatsApp

Die gewilde kletsapp WhatsApp se nuwe privaatheidsfunksies het die wêreld skoon aan die praat.

Foto ter illustrasie. (Foto: Denis Charlet/AFP)

  1. ʼn Lekker én goedkoop bakkie

Dié bakkie is werklik lekker. Én goedkoop! Gewoonlik beteken goedkoop sleg, maar nie hier nie.

  1. Stort of bad jy miskien te veel?

Dit is vir die meeste van ons heerlik om ʼn produktiewe dag met ʼn lekker lang bad of rustige stort af te sluit. Sommiges begin die dag ook sommer só, maar doen ons dit dalk te veel?

stort
  1. Dié motors is die ligste op jou brandstofrekening

Suid-Afrikaanse verbruikers is weens die oënskynlik nimmereindigende verhoging van brandstofpryse daagliks op soek na maniere om hul maandelikse uitgawes beter te bestuur en indien moontlik verminder.

(Argieffoto: iStock)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.