Motor koop: Oorweeg dié sakpas rygoed

Die Toyota Agya

Suid-Afrikaners het ’n hele aantal opsies wanneer dit kom by bekostigbare motors of wat goeie waarde vir geld bied.

Dit blyk ʼn tendens te wees dat al meer motoriste afskaal na kleiner, goedkoper voertuie weens die ekonomiese druk wat tans ervaar word.

Wanneer dit by verkope kom, kraai Toyota tot dusver vanjaar koning, gevolg deur Volkswagen, Ford, Hyundai, Nissan en Suzuki.

Wat is die bekostigbaarste model van elkeen van dié vervaardigers?

Toyota AgyaR184 900
Volkswagen Polo Vivo 1.4 TrendlineR227 900
Ford Figo 1.5 TrendR219 900
Hyundai Atos 1.1 MotionR178 900
Nissan NP200 1.6iR199 900

Terwyl daar min handelaars is wat voertuie onder R200 000 het, is Suzuki in ʼn liga van sy eie:

Suzuki S-Presso 1.0 GLR149 900
Suzuki Celerio 1.0 GAR153 900
Suzuki Super Carry 1.2R157 900
Suzuki Swift 1.2 GAR180 900
Suzuki DZire 1.2 GAR182 900
Suzuki Ignis 1.2 GLR198 900

Indien ek ʼn kortlys van die goedkoopste motors in voorkeurvolgorde moet maak, lyk dit só:

  1. Suzuki Celerio 1.0 GA (R153 900)
  2. Suzuki S-Presso 1.0 GL (R149 900)
  3. Renault Kwid 1.0 Expression (R167 900)

Die Kia Picanto

Indien ek ʼn kortlys van die goedkoopste buksies in voorkeurvolgorde moet maak (onder R200 000),  sal dit só lyk:

  1. Kia Picanto 1.0. Start (R189 995)
  2. Suzuki Swift 1.2 GL (R199 900)
  3. Toyota Agya (R184 900)
  4. Suzuki Celerio 1.0 GL (R171 900)

Die verskil tussen hierdie groep en voertuie in die volgende kategorie, tot en met R220 000, is merkwaardig.

Die Suzuki Swift

Hierdie voertuie voel beslis baie luukser as die vorige kategorie – en my voorkeur lyk só:

  1. Suzuki Swift 1.2 GLX (R218 900)
  2. Ford Figo 1.5 Trend (R219 900)
  3. Fiat 500 TwinAir Cult (R219 900)
  4. Kia Picanto 1.2 Style (R222 995)
  5. Volkswagen Polo Vivo (R227 900)
  6. Hyundai Grand i10 1.0 (R226 900)

Vervaardigers wat groot getalle voertuie verkoop, het gewoonlik ʼn groot handelaarsnetwerk, ʼn sterk onderdele-beleid en ʼn goeie reputasie. Hoekom is dié elemente belangrik? Indien jy ʼn voertuig koop, en jy wil die voertuig laat nagaan of diens, of jy raak langs die pad gestrand, wil jy weet dat die naaste handelaar nie honderde kilometer ver is nie.

Die sterk onderdele-beleid verseker dat indien jou voertuig herstelwerk nodig het, al die nodige onderdele gewoonlik beskikbaar sal wees. Die goeie reputasie help weer wanneer jy die voertuig wil verkoop – dan is daar gewoonlik ʼn groot aanvraag vir jou voertuig en goeie herverkoopwaardes.

My raad vir mense in die motormark, veral diegene met ʼn knap begroting, is om die beste nuwe motor wat jy kan bekostig te koop, dan het hy ʼn diensplan en waarborg en is vir minstens die eerste klompie jare die handelaar se bekommernis indien daar probleme opduik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wielspore ·

As ek in ‘n stad sou bly met my werk wat nie te ver is sal ek die Suzuki S-Presso koop. Ekonomies, lyk modern en kry hom in helder kleure. Al is hy klein gaan ander padgebruikers hom raaksien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.