Verbruikerstoekennings: Hier is die semifinaliste  

Toyota, BMW en Suzuki spog met die meeste semifinaliste in Cars.co.za se gewilde verbruikerstoekennings waarin daar in 13 kategorieë meegeding word om motoriste se gunstelingmotors aan te wys.

Daar is vyf semifinaliste in elk van die 13 kategorieë aangewys. Toyota spog met agt semifinaliste, gevolg deur BMW met ses en Suzuki met vyf. Chery, Omoda (Chery se weelde-handelsmerk), en Ora (GWM se elektriese voertuie-handelsmerk) maak vir die eerste keer hul toetrede tot die toekennings.

Die 13 uiteindelike kategoriewenners sal gekies word uit die lys van 65 voertuie. “Nog ʼn unieke aspek van die toekennings is dat die kategorieë elke jaar herevalueer word,” sê Cars.co.za se Hannes Oosthuizen. “Met soveel beweging in die laerprys-oorkruissegmente het ons besluit om sommige van die duurder kategorieë op te offer ten gunste van daardie segmente waar verbruikers eintlik tans koop.”

Hoewel soveel as 25 handelsmerke se voertuie in die lys van 65 verskyn, het nege handelsmerke ten minste drie semifinaliste in die wedloop vir kategorie-eerbewyse. In die volgende ronde, wat vroeg in Oktober plaasvind, sal die uitgebreide Cars.co.za-redaksiespan die semifinaliste individueel beoordeel en sal die drie topfinaliste per kategorie aangekondig word.

In November sal die 20 beoordelaars, onder wie Maroela Media se Brendon Staniforth, die finaliste by Gerotek op die proef stel.

Die 20 beoordelaars se tellings vir elk van die 39 finaliste sal egter net vir 50% van die finale puntestand tel terwyl die insette van motoreienaars die ander 50% sal uitmaak.

“Die Cars.co.za-verbruikerstoekennings is ontwerp om ʼn gids te wees vir alle kopers van nuwe passasiersvoertuie, nie net diegene wat motorpublikasies volg nie,” sê Oosthuizen.

Die uiteindelike wenners word in Februarie 2024 bekend gemaak.

Hier is al die semifinaliste in die onderskeie kategorieë:

  • Intreevlakluikrug (prys onder R250 000)

Citroen C3 1.2 Feel

Renault Kiger 1.0 Zen

Suzuki Celerio 1.0 GL

Suzuki Swift 1.2 GLX

Toyota Vitz 1.0 XR

  • Begrotingsluikrug (R250 000 tot R350 000)

Hyundai Grand i10 1.2 Fluid

Renault Clio 1.0 Turbo Zen

Suzuki Baleno 1.5 GLX

Toyota Starlet 1.5 XR

Volkswagen Polo Vivo 1.6 Highline

  • Kompakte luikrug (R350 000 tot R500 000)

Audi A1 Sportback 30TFSI S Line

Honda Fit 1.5 Elegance

Opel Corsa 1.2T Elegance

Peugeot 208 1.2T

Volkswagen Polo 1.0 TSI 85kW R-Line

  • Intreevlak-oorkruisvoertuig (R250 000 tot R350 000)

Chery Tiggo 4 Pro 1.5 Elite Auto

Haval Jolion 1.5T Premium

Suzuki Fronx 1.5 GLX Auto

Suzuki Grand Vitara 1.5 GLX manual

Toyota Urban Cruiser 1.5 XR automatic

  • Kompakte gesinsmotor (R350 000 tot R500 000)

Haval Jolion S Super Luxury

Omoda C5 1.5T 230T Lux S

Peugeot 2008 1.2T Allure

Renault Duster 1.5dCi Intens

Toyota Corolla Cross 1.8 XR

  • Gesinsmotor (R600 000 tot R800 000)

Chery Tiggo 8 Pro Max 2.0TGDi 390 Executive

Haval H6 1.5T HEV Ultra Luxury

Hyundai Tucson 2.0D Elite

Kia Sportage 1.6CRDi EX

Mitsubishi Outlander 2.5 Aspire

  • Premium-oorkruisvoertuig (R700 000 tot R1 miljoen)

Audi Q3 Sportback 40TFSI quattro S Line

BMW X1 sDrive18d M Sport

Lexus UX 250h SE

Mercedes-Benz GLA200d AMG Line

Volvo XC40 B4 Ultimate Dark

  • Middelslag-sportnuts (R1 miljoen tot R1,3 miljoen)

BMW X3 xDrive20d M Sport

Hyundai Palisade Elite 7 Seater

Lexus NX 350h F Sport

Mercedes-Benz GLC220d 4Matic Avantgarde

Volvo XC60 B5 Ultimate Dark

  • Premium-sportnuts (R1,3 miljoen tot R1,8 miljoen)

BMW iX xDrive40

BMW X5 xDrive30d M Sport

Jeep Grand Cherokee L 3.6 4×4 Overland

Land Rover Defender 110 D250 SE County

Mercedes-Benz GLE300d AMG Line

  • Avontuur-sportnuts (R800 000 tot R1,1 miljoen)

Ford Everest 3.0 V6 Wildtrak

Isuzu MU-X 3.0TD Onyx 4×4

Jeep Wrangler Unlimited 3.6 Rubicon

Mitsubishi Pajero Sport 2.4DiD 4×4 Exceed

Toyota Fortuner 2.8GD-6 4×4 VX

  • Prestasiemotor (onder R1 miljoen)

Honda Civic Type R

Subaru WRX manual

Toyota GR Corolla Circuit

Toyota GR Yaris Rally

Volkswagen Golf R

  • Ontspanning-dubbelkajuit (bo R800 000)

Ford Ranger 3.0 V6 EcoBoost Raptor 4WD

Ford Ranger 3.0 V6 Wildtrak 4WD

Isuzu D-Max 3.0TD V-Cross 4x4x Auto

Toyota Hilux 2.0GD-6 4×4 Legend RS Auto

Volkswagen Amarok 3.0TDI V6 Aventura 4Motion

  • Elektriese voertuig (onder R1,3 miljoen)

BMW i4 eDrive35 M Sport

BMW iX1 xDrive30 M Sport

Mercedes-Benz EQA250 AMG Line

Ora 03 Super Lux

Volvo XC40 Twin Motor Ultimate

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vonkprop ·

Ek is jammer maar hierdie lys is baie onvolledig. Waar is die Kia Picanto, Nissan Qashqai om maar ‘n paar te noem.

Piet 6 ·

Jou karretjies het dit ongelukkig nie gemaak nie. Lees die aftikel, slegs die 5 semifinaliste in elke kategorie is op die lys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.