Gesoek: 2023 se topmatrikulante

Argieffoto.

Maroela Media is op soek na 2023 se uitblinker‑matrikulante. Ons versoek hoërskole om die besonderhede van hul drie topmatrikulante te verskaf, wat waarskynlik nege en meer onderskeidings tydens die matriekeksamen gaan behaal.

Bo en behalwe hierdie kandidate, kan skole ook inligting verskaf oor matrikulante wat na verwagting besonder goed gaan presteer ten spyte van wesenlike uitdagings, byvoorbeeld ʼn gestremdheid of die verlies van ʼn ouer of lid van die gesin.

Die volgende skakel bevat ʼn inligtingsvorm wat skole self kan invul of aanstuur aan die betrokke matrikulante en ouers om in te vul:

Hierdie vorm is gesluit.

ʼn Joernalis sal die leerders in November kontak, met die oog daarop om ʼn berig te doen wat moontlik op Maroela Media geplaas kan word sodra die uitslae in Januarie bekend is.

Inligting moet teen einde Oktober voorsien word.

Vir enige navrae, kontak Elaine Krige by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.