Luister: Hoe lyk die onderwysvraagstuk van ons tyd?

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit (Foto: Solidariteit)

Onderwys is ‘n fundamentele deel van die menslike beskawing. Dit het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die vorming van die manier waarop ons leef, dink en interaksie met die wêreld rondom ons het. Nou staar die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ongekende uitdagings in die gesig, wat die druk op funksionele openbare Afrikaanse skole net vergroot. Die ouers van vandag voel hierdie druk soos die aanbod van Afrikaanse skole jaarliks net verminder.

In hierdie episode van die Podvoeding-reeks oor onderwys delf ons dieper in die onderwysvraagstuk van ons tyd saam met dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Ons ondersoek die uitdagings wat Afrikaanse onderwys vandag in die gesig staar en bespreek oplossings vir hierdie uitdagings.

Die kern van hierdie bespreking is die erkenning dat onderwys nie net ‘n persoonlike voordeel inhou nie, maar ook ‘n gemeenskaplike voordeel. Die opvoeding wat ons ontvang, vorm nie net ons individuele lewens nie, maar ook die kollektiewe toekoms van ons gemeenskap. Ons generasie se antwoord op die onderwysvraagstuk moet dus een wees wat verseker dat die onderwys wat ons uit die verlede geërf het, bewaar en verbeter word tot voordeel van toekomstige geslagte.

  • Skink ʼn koppie boeretroos en kom luister saam na die volledige gesprek hieroor boaan die teks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

skurweberg ·

Dit is waar en dit is deel van die proses, ons behoort/moet onbevange te beweeg na die beproefde fondasie van “Kerk, Skool en Ouerhuis en/of samelewing as dit enigsins moontlik is”

skurweberg ·

Wanneer die kerk se fondamente geskud word deur wêreldgebeure waarby ‘n mens se eie land geleidelik betrokke raak, is daar gelyklopende prosesse wat oorweeg behoort te word. Mense se geloofsintegriteit ly ongelooflik skade, omdat teologiese opleiding vir die behoudende komponent van die samelewing ernstige skade ly. Vorm dit nie ook deel van die planne van bv. Akademia nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.