Maroela Media maak dit maklik vir 2023-matrieks

ongmense-matrieks-priscilla-du-preez-unsplash.jpg

Foto: unsplash/pricilladupreez.com

Sedert 2014 word die matriekuitslae jaarliks op Maroela Media gepubliseer. Vanjaar maak ons weer só.

Maroela Media kan vir jou ʼn kennisgewing stuur om jou te laat weet wanneer die matriekuitslae op matriekuitslae.co.za beskikbaar is. Vul bloot die vorm hieronder in.

As jy jou e-posadres en selfoonnommer verskaf, sal ons vir jou ʼn e-pos en SMS stuur sodra die uitslae beskikbaar is.

Soos bekendgemaak deur die departement van onderwys, word die finale eksamenvraestel op 6 Desember 2023 geskryf. Die uitslae word na verwagting op 18 Januarie deur die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, bekendgemaak en sal vanaf 19 Januarie beskikbaar wees vir die matrikulante van 2023. (Die Wes-Kaap se uitslae volg gewoonlik die dag daarna.)

Maroela Media is ook op soek na 2023 se top-matrikulante.  Gaan lees meer.

Sterkte aan al die Matrikulante!

Die registrasie het gesluit. Besoek môreoggend matriekuitslae.co.za om jou uitslae te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.