Gesoek: 2023 se top-matrikulante!

Inge Venter en Lisa Janse van Rensburg was van 2022 se top-presteerders. (Foto: Argief)

Maroela Media is op soek na 2023 se uitblinker-matrikulante.

Mik jy om agt en meer onderskeidings tydens die matriekeksamen te behaal? Vul dan ons vorm in sodat ons jou kan kontak vir jou storie.

Indien jy vanjaar ʼn besonderse uitdaging moes oorkom, soos die verlies van ʼn ouer of ʼn gestremdheid, en steeds beplan om ʼn paar onderskeidings in te ryg, wil ons ook graag van jou hoor.

Die volgende skakel bevat ʼn inligtingsvorm wat jy as leerder self kan invul of jou ouers kan vra om in te vul:

Hierdie vorm is gesluit.

Maroela Media sal die reg voorbehou om sy eie oordeel te gebruik om te besluit watter leerders se stories wel geplaas sal word.

ʼn Joernalis van Maroela Media sal dié leerders in November en Desember kontak, met die oog daarop om ʼn berig te doen wat moontlik op Maroela Media geplaas kan word, sodra die uitslae in Januarie bekend is.

Inligting moet teen 30 November voorsien word.

Vir enige navrae, stuur ʼn e-pos aan Elaine Krige na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nommer 7 ·

Elke jaar verwonder almal hulle aan die “slim” presteerders. Wanneer daar met hulle gesels word is dit baie duidelik dat hierdie “slimmes” baie, baie hard werk. Laat dit ‘n les wees vir ander, werk baie hard, en dan is jy ook een van die “slimmes”.

George ·

Het enige iemand gestry en gese hulle werk nie hard nie? Wonder maar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.