Nukleus Onderwys skep geleenthede vir jou kind in Afrikaans

Dit is die Nukleus-span se strewe om elke kind te sien groei tot sy of haar volle potensiaal.

Die kind in sy geheel is vir Nukleus Onderwys baie belangrik en bied hoë gehalte lesmateriaal en ʼn nuwe reeks opwindende aktiwiteite in Afrikaans aan.

Kreatiwiteit en probleemoplossingsvaardighede is van die belangrike vaardighede wat kinders benodig om makliker aan te pas in die snel-veranderende era waarin ons leef. Nukleus skep ʼn platform vir leerders om deel te neem aan verskeie kuns- en kultuurgeleenthede, skaaktoernooie en vele meer.

Die ontwikkeling van die hele kind sluit natuurlik ook fisiese ontwikkeling in.

Foto verskaf deur Nukleus Onderwys

Studies bewys dat fisiese oefeninge wel geestes- en liggaamlike gesondheid en akademiese vordering kan ondersteun en selfs verbeter. Nukleus Onderwys bied kreatiewe oplossings om jou kind se liggaam met professionele hulp te laat ontwikkel.

In die afgelope 20 jaar het Nukleus Onderwys gegroei tot ʼn afstandsonderrig-instansie vir graad R tot graad 12.

Nukleus Onderwys se dienste sluit onder meer in:

  • Handleidingspakkette per vak, volgens die leerder se behoefte;
  • Ondersteuning van gekwalifiseerde onderwysers;
  • ʼn Aanlyn skool volgens rooster;
  • Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens; en
  • ʼn Aanlyn boekwinkel.

Skakel gerus die Nukleus Onderwys-kantoor of besoek die webblad vir enige verdere inligting:
www.nukleus.co.za
016 931 1727

  • Besoek ons uitstalling by Sakeliga KragDag 2022 van 11-13 Augustus by die Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.