Opskud met inskrywings vir Jong Stadsboer Veldskool

Die Oktobervakansie is om die draai en almal op die Bosveldplaas is besig om alles gereed te maak vir jong stadsboere wat die week van 2 – 8 Oktober hulle gaan kom uitleef.

Hierdie geleentheid word moontlik gemaak deur Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm waar die groep stadsboere vir die tweede keer vanjaar hulle skoene gaan uitskop en stof tussen die tone gaan voel. Die aspirant boere sal soveel kennis as wat moontlik in ʼn week gedeel kan word ontvang, so hulle gaan besig wees maar in die aand tevrede kan gaan slaap wetende dat die sweet van die dag wel verdiend was.

Daar is nog enkele plekke beskikbaar, doen gerus nog op die nippertjie inskrywing as jou jong stadsboer die passie het om die week in die Bosveld te kom deurbring. Jy moet egter baie vinnig inskryf!

Lees meer en kyk gerus hier:

Daar gaan nie ʼn veldskool verby wat ons nie die ongelooflik groei en genotvolle ervaring van elke kind beleef nie. Skryf nou hier in: https://berchtesgaden.co.za/veldskool/jong-stadsboer-veldskool of kontak 083 250 7989 per oproep of WhatsApp. Alle aktiwiteite word aangebied deur en onder toesig van bekwame en ervaring spanleiers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.