Ouers, hanteer só ʼn slegte skoolrapport

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Julia M. Cameron/Pexels)

Elke huishouding het ʼn unieke assosiasie met skoolrapportkaarte.

In party word hulle graag en met lof verwelkom, maar in ander veroorsaak hulle spanning en massa-histerie van ouers sowel as kinders se kante af.

Kinders is nie net bekommerd oor hul punte nie, maar ook oor hul ouers se reaksie, en ouers is ewe bekommerd oor hul kinders se akademiese sukses en kans op ʼn goeie toekoms.

Volgens die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is woedende ouers en ontstelde kinders egter nie die oplossing nie en met die Junie-eksamen om die draai het hulle dit goed gedink om ʼn paar wenke te deel om die gevreesde skoolrapport ʼn welkome besoeker in die huis te maak.

“Jou kind is soveel meer as ʼn rapport en akademiese prestasie. Dit is nie die geheelbeeld van jou kind nie,” sê Valentyn van der Merwe, hoof van innovasie by SOS.

“Ouers moenie wag tot die einde van die jaar om hul kinders te help om akademiese prestasie te verbeter nie. Stel nóú reeds nuwe doelwitte en maak Die Wolkskool deel van die oplossing om skoolwerk in ʼn japtrap te verstaan.”

  1. Gesels vooraf met jou kind oor sy vakke, eksamen, en rapport. Luister en moet beslis nie raas nie. Vind uit hoe jou kind oor sy vordering van die afgelope termyn voel. Ongeag jou kind se uitslae, is dit belangrik vir ’n ouer en ’n kind om saam te sit om vakke, punte en moontlike struikelblokke te bespreek. Hierdie gesprek is ʼn baie belangrike deel van ʼn ouer se aktiewe deelname in hul kind se opvoeding. Luister eers en bespreek dan die verskil tussen wat jou kind sê en wat die punte sê.

 

  1. Begin die gesprek op ʼn positiewe noot. Wens hulle geluk met die vordering wat gemaak is in vakke wat hy voorheen uitdagend gevind het en gee ’n beloning daarvoor. Indien daar geen vordering in die punte is nie, prys jou kind oor hoe goed hy met maats oor die weg kom of sy deelname aan buitemuurse aktiwiteite.

 

  1. Ons almal wil hê ons kinders moet goed presteer en vir baie ouers is goeie punte ʼn teken van hierdie verwagting. Goeie punte kan ʼn aanduiding wees van sukses vorentoe. Te veel druk kan egter teen ʼn hoë prys kom, en lei tot sosiale, emosionele en liggaamlike spanning.

 

  1. Behou perspektief en wees versigtig vir onrealistiese verwagtinge. Ouers moet in ag neem dat nie alle leerders top‑ akademiese presteerders is nie. Let ook op ander talente waaroor jou kind beskik, soos goeie menseverhoudinge, deursettingsvermoë, kreatiwiteit en ondernemingsgees en gee daarvoor ook erkenning.

 

  1. Moenie jou kinders (en hul punte) met mekaar vergelyk nie. Elke kind is uniek, presteer op verskillende vlakke en het verskillende sterk- en swakpunte.

 

  1. Dit is nie vir ’n ouer lekker om te hoor dat hul kind nie na wense presteer nie. Indien dit glad nie vir jou sin maak hoekom jou kind ʼn bepaalde punt verwerf het nie, praat met die betrokke onderwysers.

 

  1. Ontleed die vraestelle en kyk wat is die basiese konsepte wat jou kind nie verstaan nie. Bly op hoogte van jou kind se vordering. ’n Goeie onderwyser sal jou help om te verstaan waarom die bepaalde punte verwerf is en raad gee oor hoe om die punte te verbeter.

 

  1. Werk saam met jou kind aan ’n plan. Fokus op die stappe wat gevolg moet word om hom of haar weer op koers te kry. ’n Goeie of slegte punt word nie net gegee nie, dit word verwerf. Hoewel ouers die las moet help dra, ekstra onderrig kan reël, help met huiswerk of selfs ʼn skedule opstel om seker te maak die werk word gedoen, moet kinders besef dat net hulself iets aan hul punte kan doen. Ondersteun jou kind, sonder om te veroordeel. Sit saam en besluit op realistiese doelwitte. Maak seker dat jou kind weet hoe om te leer en evalueer hul studiegewoontes en werk saam met jou kind aan ʼn plan vir eksamenvoorbereiding.

 

  1. Verskaf soveel moontlik ondersteuning aan jou kind. Die Wolkskool is ’n fantastiese wêreldklas- aanlyn leerplatform vir leerders van graad 1 tot 12, met meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en aflaaibare werkboeke. Jou kind kan op sy of haar eie tyd deur die lesse werk of met kort videolesse spesifieke konsepte wat hulle nog nie verstaan nie, gou onder die knie kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Manie ·

Kind vra aan die pa: ” Pa, is my skoolpunte werklik so swak?” Pa antwoord:” Ja dis swak genoeg om 2 te laat dop”.

Nommer 7 ·

Kind se^ vir Juffrou, “Juffrou, ek dink nie ek verdien 0% nie”, Juffrou antwoord, “ek ook nie, maar dit is die minste wat ek jou kan gee”.

VaalDonkie ·

Jy moet leer opwindend maak vir jou kind. My ouers het gedink ‘n geskree op my gaan my beter laat presteer. En dit het tot op ‘n punt seker gewerk, maar dit het my net laat uitsien na die naweke en skoolvakansies. Dis eer toe ek by UNISA op my eie tyd goed kon leer waarin ek werklik belang gestel het, wat ek leer geniet het. En ook ‘n spesiale erkenning aan my biologie-onderwyseres in matriek wat daardie vak interessant gemaak het. Ek het eintlik glad nie belang gestel in dit nie, maar dit so baie geniet dat ek goeie punte behaal het. Ek het ‘n onderskeiding in Bio gekry, terwyl ek 35% vir Aardrykskunde gekry het wat eintlik ‘n baie makliker vak is. So die probleem was nie (net) by my nie.

Jaco ·

Bestaan daar dan nog iets soos swak rapporte? Standaarde is dan nou so laag om aan leerders se onaantasbare “menseregte” te voldoen. Gaan kyk net na die matriek hersieningsprogramme op DSTV. Ek het al. Dis belaglik maklik nou in vergelyking met amper 40 jaar gelede toe ek op hoërskool was. Gaan luister ook maar net watse vrot Afrikaans selfs sogenaamde “slim” leerders op skool praat. Dit krioel van Engelse woorde en dis vol uitdrukkings soos “awesome”, ek love dit en ek doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.