Video: Fokus op die welstand van leerders

(Argieffoto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

Hoe het skole dit reggekry om leerders gemotiveerd en veilig te laat voel te midde van die Covid-19-pandemie?

In die derde aflewering van AON Tafelgesprekke vir prinsipale leer kykers by John Stewe, hoof van Schoonspruit Sekondêre Skool in Malmesbury, Wilrozet Strauss, hoof van Ceres Sekondêre Skool in Ceres, en Desmond Ceaser, hoof van Mooi-Uitsig Primêre Skool in Bella Vista in die Wes-Kaap, meer oor die metodes wat hulle effektief toegepas het om na hul leerders se welstand om te sien.

Een van die groot uitdagings by dié skole was om die balans te vind tussen die akademiese, kulturele en sosiale ontwikkeling van hul leerders.

Daan Potgieter van die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), en René Arendse, die gesprekleier, verken hoe die paneel hul uitdagings oorkom het.

Kyk hier na die video:

  • Die AON is ʼn laeprofiel, vennootskapgedrewe organisasie wat gehalte Afrikaanse onderwys volhoubaar van voorskools tot op tersiêre opleidingsvlak wil bevorder. Besoek die AON se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.