Gedagte vir die dag: Die geestelike spaarbank

see_skulpe_vrou_hand_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

So vergader hulle vir hulle ’n skat as ’n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry. (1 Timoteus 6:19)

Indien jy jou elke dag verbly in jou geloof, bou jy onbewustelik ’n geestelike reserwe van ongekende waarde op. Deur daagliks bewus te wees van Christus se lewende teenwoordigheid, versterk jy jou innerlike lewe.

Hierdie reserwekrag word dikwels nie na waarde geskat nie, totdat ’n oomblik van toetsing op jou pad kom. Skielik ontdek jy dat jy geestelik bekragtig is om die situasie te hanteer.

Deur gedurig op die teenwoordigheid van Christus in jou lewe te konsentreer, bou jy aan hierdie geestelike reserwes. Deur jou afhanklikheid van Hom, behou jou geloof sy krag. Om Christus ’n werklikheid in jou lewe te maak is ’n seker metode om jou vir die toekoms toe te rus.

Hemelse Vader, help my om in die geestelike spaarbank te belê sodat ek ’n skat sal hê waar mot en roes dit nie kan verniel nie. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.