Gedagte vir die dag: ’n Sterk karakter

woestyn_droe_veld_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou. (Lukas 16:10)

Die Israeliete het 40 jaar lank gewag om in die Beloofde Land in te gaan. Toe die tyd kom, het hulle moed hulle begewe en vrees, pessimisme en twyfel het hulle oorval. Kaleb het ’n ander gees gehad; hy het God vertrou en geweet dat sy God alles sou verskaf wat nodig was om die reuse te oorwin.

Ons het reeds bepaal dat ons innerlike krag nodig het om uiterlike seën reg te kan hanteer. Dalk droom jy om eendag jou eie plaas te besit. As jy nie landbou-opleiding of ondervinding het nie, is jy in die moeilikheid. Jy moet die teorie en die praktiese aspekte van boerdery ken as jy ’n suksesvolle boer wil wees, anders sal jy nie langer as een seisoen kan uithou wanneer God jou die plaas gee nie.

Wat jou droom ook al is, of waarvoor jy God ook al vra – jy het nodig om voor te berei om die seëning te kan hanteer wanneer God dit vir jou gee. Terwyl jy wag, spandeer tyd om die innerlike mens voor te berei. Maak seker dat jy sterker word in die Here sodat jy voorbereid is op die groot toets wanneer die tyd aanbreek. Jy berei voor deur eers die kleiner toetse te slaag. Jy gebruik elke dag ten volle sodat jy gereed is wanneer die groot dag aanbreek. Gaan jy, wanneer die dag aanbreek, soos die tien spioene of soos Kaleb wees?

Ons Skriflesing vertel nog ’n storie van hoe om die kleiner toetse te slaag voor jy gereed kan wees vir die grotes. Dit is die storie van die onregverdige bestuurder. Hierdie man het nie innerlike krag gehad nie, want deur innerlike krag word karakter gebou. Daar is niks soos verdrukking, beproewing en lyding om ’n sterk karakter te bou nie. Die bestuurder het nie ’n sterk karakter gehad nie. Jesus se kommentaar op die manier hoe hy opgetree het, was: “Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig” (vers 10).

My Vader, ek wil getrou wees in die klein dingetjies sodat U my kan vertrou met die groot dinge. Ek besef dat dit ’n sterk karakter verg, asook verdraagsaamheid en volharding. Ek het U lief, Here, en ek wil aan U getrou wees in alle dinge. Amen.

Bron: In stilwees en vertroue deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here dankie dat ek van en uit U Kosbare Woord kan leer …help my Heer met die toepassing daarvan….ek wil voor U kom staan met n rein hart skoon gewas in Jesus bloed

OW ·

So waar Yvonne.Wat in ‘n mens se hart omgaan bepaal jou hele lewe.Die wysheidsleer in Spreuke leer ons dat kennis begin met eerbied en wysheid begin met ontsag vir die Here.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.