Miljoene sosialemediagebruikers het hulle Donderdagaand na Facebook en Instagram gewend nadat Twitter probleme ondervind en gebruikers wêreldwyd nie toegang tot dié platform kon kry nie.
TechCrunch berig die probleme het omstreeks 20:45 (Suid-Afrikaanse tyd) begin met Amerikaanse en Britse gebruikers wat nie toegang tot die platform kan kry nie. Dit was egter nie lank voor gebruikers in ander lande ook probleme aangemeld het nie.
Wanneer Twitter oopgemaak word, word ‘n boodskap vertoon wat lui: “Iets is tegnies fout. Ons gaan dit regstel en sal binnekort dinge terug na normaal hê.”
Twitter het egter nie op sy amptelike Facebook-profiel enige inligting bekendgemaak oor wat presies die probleem is of wanneer die platform weer aan die gang sal wees nie.
Dit kom net meer as ʼn week nadat Facebook, WhatsApp en Instagram op 3 Julie vir ‘n geruime tyd vir gebruikers wêreldwyd probleme veroorsaak het toe ‘n tegniese fout tydens roetine-instandhouding ingesluip het. Sosialemediagebruikers het in dié tyd na Twitter gestroom om hul misnoeë uit te spreek – en vanaand is die prentjie omgeruil.
CNet berig Twitter het nie onmiddellik op ʼn versoek om kommentaar gereageer nie.
Ag my liewe genade. Bel die brandweer! Twitter is af en nou val almal se lewe uitmekaar!
cyber warfare het begin
The sky is falling…not.
.
.
Wat is Twitter …betaal mens vir dit ?
.
.
Dit is bitter hartseer dat ons mensdom so verlore geraak het dat iets soos dit ‘n “issue” raak. Gesels dan eder vir ‘n slag weer met die MENSE om jou, eder as met ‘n skerm. Waar gaan dit eindig?
Ek dink Pieter is reg met “Cybyer warfare het begin”- iets is besig om iewers te broei