Hiér is Maroela-lesers se gunsteling‑aanneemtroeteldiere

(Argieffoto slegs ter illustrasie: Pixabay.com)

Dit was geen maklike taak om die wenners van Maroela Media se aanneemtroeteldier-kompetisie te bepaal nie!

Met hul skattige gesiggies, ogies wat jou hart laat smelt en roerende verhale, was dit byna onmoontlik om tussen die verskillende honde, katte, voëls en selfs ʼn dierbare kalfie onder die finaliste te kies. Dié moeilike keuse is aan Maroela Media se lesers oorgelaat en drie aanneem-dierekinders is gekies om met die wenpryse weg te stap.

In die kategorie vir honde is Rolfie gekies as lesers se gunsteling. Rolfie bly saam met sy eienaar, Chantal de Wet, in Bellville in die Wes-Kaap sedert hy in Desember 2017 op Wolseley gered is. Hy was amper agt jaar lank vasgeketting en met tye sonder water en kos gelos. Toe hy gevind is, het hy amper geen tande meer oorgehad nie, omdat hy moes klippe kou om die honger te stil. Vandag is Rolfie ʼn gesonde, gelukkige hond met ʼn dowe pitbull as sy beste vriend.

Die mooie Olive van Benoni is aangewys as die wenner in die kategorie vir katte. Jolandi Lombard het Olive in 2015 by die Brakpan DBV aangeneem en sê sy het sedertdien hul lewens vervul met haar liefde.

Die Wollies-diereskuiling het die meeste nominasies in dié kompetisie ontvang. (Foto: Facebook)

In die kategorie vir ander diere het Bettie, die oulike skaaplam, die meeste stemme ingepalm. Bettie is deur Marise Fourie van Kimberley aangeneem en met die hand grootgemaak nadat haar ma haar verwerp het. Marise sê Bettie is mal daaroor om voor die kaggel te lê en slaap selfs saam in die bed!

Rolfie, Olive en Bettie wen elkeen ʼn Montego-geskenkpak ter waarde van R500 wat spesiaal vir hulle saamgestel sal word.

Die Wollies-diereskuiling, wat die meeste nominasies in dié kompetisie ontvang het, wen ʼn Montego-geskenkpak ter waarde van R1 780. Dié geskenkpak sluit 4 x 25 kg Adult Classic-kossakke in.

Só lyk die wenners:

Rolfie van Bellville in die Wes-Kaap is die wenner in die kategorie vir honde.

Olive van Benoni aan die Oos-rand is die wenner in die kategorie vir katte.

Bettie van Kimberley is die wenner in die kategorie vir ander diere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Baie geluk aan julle cute wenners! ·

Baie baie dankie aan almal wat hierdie onskuldige dierekinders aanneem en versorg. Julle weet nie hoe hierdie dierekinders wat nie ‘n stem het nie en wat ook nie kan praat nie dit waardeer om net menslik behandel te word nie – kos, water, liefde en ‘n warm slaapplek. Sonder pyn, swaarkry, honger en mishandeling. Weereens baie dankie aan almal wat vir hierdie weggooi dierekinders omgee en ‘n huis gee.

Jiembo ·

Nou hoe het Rolfie toe weer tande gekry? Hy lag dan nou met n gesonde bek vol!

Helene ·

Baie geluk aan al die wenners!! En dankie aan almal vir die diere-kinders se tweede kans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.