ʼn 11-jarige van Soweto wat verkrag en met ʼn skerp voorwerp gesteek is, sterk aan in die hospitaal.
“Sy is nie meer in die intensiewesorgeenheid nie,” het ao. Kay Makhubela, woordvoerder vir die polisie in Gauteng, Donderdag gesê.
Maroela Media het vroeër berig die 11-jarige en haar boetie was Woensdagoggend aan die slaap in hul huis in Bram Fischerville toe sy aangeval is. Sy is verkrag en drie keer met ʼn mes in haar bors gesteek. Klik hier om meer te lees.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.