Afrikaanse Taalraad wys nuwe voorsitter, direksie aan

Dr. Hendrik Theys is pas as die nuwe voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR) aangewys. (Foto: Maroela Media)

“Vir ʼn oomblik was ek huiwerig om hierdie groot verantwoordelikheid op te neem, maar terselfdertyd opgewonde om Afrikaans se regmatige plek in die Suid-Afrikaanse gemeenskap sowel as tussen die ander elf amptelike tale te help vestig.”

So sê dr. Hendrik Theys wat pas as die nuwe voorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR) aangewys is.

Theys is by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en Suid-Afrikaanse Stigting vir Nederlands en Vlaams betrokke. Hy is ook ʼn taaldosent en -kenner wat gereeld oor Afrikaanse taalkwessies, onder meer taalkundige aspekte van Gariepafrikaans, skryf.

Theys meen dat Afrikaans, wat as een van die jongste wetenskapstale op alle gebiede waardevolle bydraes gemaak het, nie geïgnoreer mag word nie.

“Afrikaans het in die laaste sensus van 2011 betekenisvolle groei getoon, wat sy dinamiek onderstreep.

“Op die oomblik ervaar Afrikaans druk van owerheidsweë veral deur die huidige onderwyswetgewing. Dit sal aangespreek moet word, want geen gemeenskap kan sonder meer toelaat dat sy taal as draer van sy kultuurskatte bedreig word nie. Afrikaans is tans onder die spervuur, maar kort voor lank kan al die ander amptelike tale dieselfde paadjie loop.”

Theys sê hy hoop dat mense die ekonomiese, opvoedkundige en wetenskaplike waarde van Suid-Afrika se inheemse tale sal besef, en met nuwe oë na die land se tale sal kyk.

“Laat politici en ander bitterbekke wat ons inheemse tale geringskat beskaamd daar staan as ons kinders uitstaan en trots in hulle moedertale die hoogste sporte bereik.

Ernst van Zyl.

“Kom ons onthou: Koloniale magte het oor die wêreld heen die moedertale in hulle kolonies geteiken om sodoende mag oor hulle te verstewig. Kan of wil ons land se heersers nie die gevaartekens van taalhegemonie raaksien nie?”

Daan Potgieter, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), en Ernst van Zyl, hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, is ook nuut op die ATR se direksie aangestel.

Potgieter is opgewonde om in samewerking met die direksie en alle vennote Afrikaans as moedertaal in al sy fasette te ondersteun en uit te bou, terwyl Van Zyl daarna uitsien om die Afrikaanse taal te help bewaar.

Dr. Annelise de Vries, uittredende voorsitter van die ATR, gee die leisels aan Theys oor, maar sy is van plan om steeds by die ATR betrokke te bly. “Mag die ATR aanhou streef na die vryheid om Afrikaans betekenisvol in alle lewensruimtes te kan gebruik én ʼn stem wees vir die Afrikaanse taalgemeenskap in sy geheel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annie ·

Waarheen is die sg Raad met Afrikaans oppad! Die VFPlus plus nou na die vlaktes van die Kaap met hul gehawende waens en soek staanplek ná die rondomtalie-rit na die noorde en wil nou grafte kom grawe ná ‘n oulaas se kyk na die berg waar alles begin het. Dit is heetemal ‘n te-te-spulletjie om so te moet kruip vir ‘n stukkie grond. Rêrigwaar!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ATR het niks met ons afhanklikheid te doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.