Bejaarde vrou in huis vermoor

‘n Bejaarde vrou van Noordwes is Dinsdagaand dood in haar huis aangetref.

Kaptein Aasje Botma het Woensdag gesê die liggaam van Emely Mmsethilo Ramogale (65) is in haar huis in Gopane Village, in Motswedi naby Rustenburg, deur haar bure gevind.

“Sy het op haar maag gelê. Sy het kopbeserings gehad en die vermoede bestaan dat sy met ʼn skerp voorwerp geslaan is,” het Botma gesê.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Die polisie versoek enigiemand met inligting om adjudant-offisier Mogatle by 082 415 9864 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.