David Rees ontslaan

David Rees is ontslaan. (Foto: David Rees/Facebook)

Die 7de Laan-akteur, David Rees, is ná byna ʼn maand in die Milpark Hospitaal in Johannesburg op Saterdag 26 Augustus ontslaan.

Rees (55) het op Sondag 30 Julie ʼn hartaanval gehad en moes kort daarna ʼn dubbele hartomleiding ondergaan.

Hy skryf sy spoedige herstel aan die ondersteuning van sy vriende, familie, kollegas en ondersteuners toe.

“Ek het gehuil terwyl my sussie al die stemboodskappe vir my gespeel het terwyl ek in die waakeenheid was. Dit het gehelp om die grootste stryd van my lewe te veg,” het David gesê.

“Dankie uit die diepte van my hart uit.”

Die akteur, wat destyds bekendheid verwerf het as die stoutseun Nick Naudé in die sepie Egoli – Plek van goud, behoort nie aan ʼn mediese fonds nie.

Die hospitaal het die familie tegemoetgekom met ʼn rekening, maar dit is ʼn massiewe bedrag wat ongelukkig net nie sonder hulp haalbaar is nie, sê Corlia Strauss, Rees se publisiteitsbestuurder.

Daar is intussen ’n Back a Buddy-fonds vir Rees gestig wat reeds nagenoeg R88 000 ingesamel het.

“Geen skenking is te klein of te groot nie, elke gebaar van goedhartigheid beteken die wêreld. In hierdie uitdagende tye, kan die krag van gemeenskap nie meer beklemtoon word nie. Met eenheid, kan ons werklik wonderwerke vermag en lewens aanraak,” sê Strauss.

“Ons waardeer die geduld, liefde en begrip in hierdie tyd. Ek waardeer die liefde en ondersteuning ongelooflik baie,” het Rees gesê.

Om tot David Reeds se fonds by te dra, volg die Back a Buddy-skakel of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Truman Burbank ·

Net jammer dit was nie afgeweer nie. Ek neem aan dit is makliker om te laat oorleef as om te beskerm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.