Gewapende mans steel hond by DBV

Argieffoto

Drie mans het ʼn sekuriteitswag by die Tshwane-DBV in Pretoria glo met ʼn vuurwapen gedreig en ʼn bulterriër-reun gesteel.

Volgens Korky Levanon, woordvoerder van die Tshwane DBV, het die voorval by hul Waltloo-tak in die ooste van Pretoria plaasgevind, het Beeld Donderdag berig.

“ʼn Wag het deur die aand ʼn geraas by die hokke gehoor. Toe hy gaan ondersoek instel, het hy op drie mans afgekom. Een van die mans het ʼn vuurwapen gehad,” het Levanon gesê.

Die mans het glo gedreig om die wag te skiet en het met Achilles, ʼn rondloper bulterriër-reun wat deur ʼn barmhartige samaritaan na die DBV gebring is, gevlug.

Die wag het kort daarna hulp ontbied op sy tweerigtingradio. Toe die polisie by die toneel opgedaag het, was die mans en die hond reeds weg.

“Mense het al vantevore diere gesteel, maar dit is die eerste keer dat rowers met ʼn vuurwapen toeslaan,” het Levanon gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Melissa ·

Agge nee man, dit is vreeslik! Hulle gaan verseker daai hond net vir een ding gebruik en dit om te baklei! Watse siek mense is daar buite!! :(

Yolande ·

Arme Achilles. Ek voel so jammer vir hom, hy was baie beter af by die DBV. Hy gaan seker vir hondegevegte gebruik word. My hart gaan uit na hom en soveel ander honde (en ander diersoorte) wat die siek mensdom gebruik vir hulle pret en plesier, en natuurlik geld. Geen dier verdien om so behandel te word nie. Ek sal dit maar daar los.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.