Konstruksiemaatskappye “voor ‘n vuurpeloton”

Henry Laas, Murray & Roberts

Henry Laas, hoof uitvoerende beampte van Murray & Roberts, het gesê die R1.46 miljard-boete wat konstruksiemaatskappye vir tender-samespanning opgelê is, is “baie erg”, het die Business Day Vrydag berig.

Laas het die administratiewe boete van R309 miljoen wat sy maatskappy opgelê is as “baie erg” beskryf en gesê die R1.46 miljard-boete vir 15 groot maatskappye is “baie meer as net ʼn tik oor die vingers”.

“Mens kry amper die indruk dat die konstruksiebedryf voor ʼn vuurpeloton staangemaak is met die regering wat die skote afvuur,” het Laas gesê. “Ek sê nie ons verdien dit nie, mens kan nie ʼn verskoning kry vir dit wat gebeur het nie, maar ons het die inligting bekend gemaak in ʼn poging om die bedryf skoon te maak en aan te beweeg. Ek is besorg dat die Kompetisie Kommissie dit moeilik gaan vind om hierdie vlak van vrywillige openbaarmaking te kry indien hulle soortgelyke prosesse met ander bedrywe wil onderneem.”

Die kommissie het 15 konstruksiemaatskappye verlede maand gesamentlik met R1.46 miljard beboet vir samespannende tenderprosesse wat verband hou met projekte wat tussen 2006 en 2011 afgehandel is.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JOHAN ·

I hope that this is the first of many to come. Hopefuly the mining industry is next. There are just too many corupt induviduals that is benifiting from exataly the same kind of coruptness.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.