Clarence van Dyken van Michigan in Amerika het vandeesweek ‘n beursie teruggekry wat hy in 1959 verloor het.
Lees meerAlles vir Vrydag 12 Julie 2013
‘Modimolle-monster’: Uitspraak volgende week gelewer
Die Pretoriase hooggeregshof sal volgende week uitspraak lewer in die hofsaak van Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’ en sy drie medebeskuldigdes.
SAID-kommissaris bedank
Oupa Magashula, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het bedank ná ‘n ondersoek oor bewerings van wangedrag, het die tesourie Vrydag aangekondig. “Magashula het met…
Boston Strangler na halfeeu geïdentifiseer
Die berugte ‘Boston Strangler’ wat in die sestigerjare twee jaar lank ‘n skrikbewind gevoer en elf vroue aangerand en vermoor het, is oplaas geïdentifiseer.
Video: Kleuter koop sommer haar eie motor
Sorella Stoute, ʼn 14 maande oue baba van Oregon in Amerika het met haar pa se slimfoon gespeel toe sy per ongeluk ʼn motor op eBay gekoop het.
Graca nou “minder angstig” oor Mandela se gesondheid
Graca Machel, voormalige president Nelson Mandela se vrou, het Vrydag gesê sy is nou “minder angstig” oor sy toestand.
Video: Bustin’ Chops-rolprent: pyn, pret en waaghalse
Eugene Koekemoer en sy span van waaghalse deins vir niks terug nie. Maroela Media was by die première van Suid-Afrika se eerste waaghalsfliek ‘Bustin’ Chops’ wat vandag in teaters begin draai.
Konstruksiemaatskappye “voor ‘n vuurpeloton”
Henry Laas, hoof uitvoerende beampte van Murray & Roberts, het gesê die R1.46 miljard-boete wat konstruksiemaatskappye vir tender-samespanning opgelê is, is “baie erg”, het die Business Day Vrydag berig.
ANC in Noordwes stem nóg ‘n raadslid uit
Raadslede van die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit in Noordwes, wat deur die ANC gelei word, het die speaker, Tebogo Ramashilabele uitgeskop.
Twitter oorhandig data vir anti-Semitisme-saak
Die sosialemedia-maatskappy Twitter het Vrydag gesê hy het data aan Franse owerhede oorhandig om die outeurs van anti-Semitiese twiets te identifiseer.
Video: Rooibok ontvlug jagluiperd deur binne-in voertuig te spring
Twee jagluiperds het ʼn trop rooibokke in die Kruger-wildtuin gejaag toe een vreesbevange bok toevlug in ʼn motor gesoek het.
Video: Deon Opperman se ‘Donkerland’ lyk belowend
Maroela Media het die stel van Deon Opperman se nuwe televisiereeks, ‘Donkerland’ besoek. Ons vertel jou meer van dié opwindende dramareeks en het ook ‘n video gelaai waar ons met van die akteurs gesels. Moenie dit misloop nie!
11 sterf ná begrafnis
Die polisie in Indië het gesê agt kinders en drie volwassenes het verdrink toe hul veerboot in ʼn oorstroomde rivier omgeslaan het.
Taxi-onrus in PTA-middestad
Vier mense is Vrydagoggend beseer tydens ʼn onderonsie tussen twee mededingende taxi-verenigings in Pretoria se middestad.
‘Modimolle-monster’: “Ina se getuienis kan nie vertrou word nie”
Johan Kotze, die sogenaamde ‘Modimolle-monster’ was dissosiatief toe hy sy voormalige vrou Ina Bonnette en haar seun aangeval het, het die Pretoriase hooggeregshof Donderdag gehoor.
Saskok se lastersaak teen sportjoernalis
Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het ʼn lastersaak van R21.1 miljoen teen die sportjoernalis, Graeme Joffe, by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien.
Nuuskommentaar: Tlok- tlok, wie’s daar?
Om vir beduidende steun vir Malema se party duim vas te hou is amper soos om op ‘n Saterdag vir jou eie Super 15-span se grootste vyand in ‘n wedstryd teen ‘n ander span, duime vas te hou, omdat daardie span se oorwinning jou eie span se posisie op die punteleer kan verbeter…
SAUK wil eie dokumentêr nie uitsaai nie
Die SAUK het die hof genader om te verhoed dat ʼn dokumentêr uitgesaai word wat hy self laat vervaardig het, het The Star Vrydag berig.
Gedagte vir die dag: Soos parfuum
Skrif: “Jesus het Hom gereed gemaak en daarvandaan weggegaan na die gebied van Tirus toe. Daar het Hy in ’n sekere huis tuis gegaan, en Hy…
Edelgesteentes uit museum gesteel
ʼn Versameling van edelgesteentes is uit MuseumAfrika in Newtown, Johannesburg, gesteel, het The Star Vrydag berig.