Meisie word uit huis gejaag, word verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 22-jarige man is Woensdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir statutêre verkragting nadat sy meisie by hom moes oorslaap nadat haar pa haar uit die huis uit gejaag het.

Die man is in die Empangeni-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die voorval het in Februarie gebeur. Die 14-jarige meisie se ouers het haar na ʼn snoepwinkel in die Nqwelezane-omgewing gestuur. Sy het te lank geneem om terug te keer huis toe, omdat sy saam haar kêrel gekuier het. “Sy het laat by die huis aangekom en haar woedende pa het haar uit die huis uit gejaag,” het Zwane gesê. “Sy is toe na haar kêrel se huis waar hulle aan seksuele aktiwiteite deelgeneem het.”

Haar ma het die volgende dag ʼn saak van verkragting by die polisie aanhangig gemaak en die man is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Trippie

As sy gewillig was (wat ek glo sy was), waarom dan die perd aankla … dis mos waarmee baie jonges hul besig hou in plaas van om te konsentreer op skoolwerk.

Nou wat sê die pa nou … en dan, wat de hel soek ‘n 14-jarige saam met ‘n 22-jarige ? Dis mos moeilikheid soek !

Trippie

Jy lag lekkerrrrrr gie gie gie ! Hehehehe !

german

It takes 2 to tango. Maar die Pa is ook skuldig omdat hy help skep het aan die geleentheid om te kan tango. Hoe de he’ll jaag jy jou meisiekind uit die huis op 14? Of enige ander ouderdom for that matter? Dis disfunksionele huishoudings wat so maak. Hoekom word die ouers nie ook aangekla nie. Of is dit maar weer ‘n geval van “its their culture, you can do nothing about it” ongeag van wat die wet se?

Sommer net ek

Dit is nie reg vir my nie! Nee – die “kerel” moes van beter geweet het – ek stem saam! Maar ek hoop die regter wat hom tronk toe gestuur het – het die ma ook aan gekla – en die woedende Pa ook. Wie is die oorsaak dat sy haar “soos ‘n groot vrou” gedra het…het die ouers nie ‘n aandeel in wat hier gebeur het nie? Maar die ma en die pa – moet verseker weet jy jaag nie ‘n 14 jarige uit die huis uit nie – ag ek mors my ink…kort en lank – hulle is… Lees meer »

vuurvreter

More Trippie, kla die gemors van n pa aan want wie jaag jou eie kind weg op 14??? Dis siek man. Ek sal nie eers my eie hond weg jaag nie. Sys natuulik in ha pa se sorg geplaas, sy moet saa$m met hom 5 jaar gaan sit.