Nuuskommentaar: Het die ANC die land gekaap?   

(Foto: Wikimedia Commons)

Al hoe meer berigte rapporteer dat alles nie pluis is met die wettigheid van verskeie aspekte van die afgekondigde ramptoestand nie. In Maroela Media se kommentaarrubriek is uit die staanspoor geargumenteer dat die ramptoestand slegs die regering se bedoelde impak kan hê as dit deur die regsgronde van ’n noodtoestand onderskryf sou wees, ’n uiters ongelukkige verloop. Heel verstaanbaar het dié stelling die hare laat rys, maar die ironie is dat ’n nie-afgekondigde noodtoestand nou wel geld, maar nou sonder die beperkende grondwetlike voorskrifte wat tydens ’n formele noodtoestand sou moes geld.

Maar dis nie nou die tyd vir ’n verspoegkompetisie nie. Volgens oorlewering het ’n sekere land se kabinet ’n marathon-vergadering in afsondering gehou om te besluit of teen ’n buurland oorlog verklaar moes word. Toe die vergadering oplaas verdaag, was die land reeds deur die buurland verower. Verskeie groepe het aangedui dat hulle met ’n regsaksie gaan begin tensy pres. Cyril Ramaphosa teen 4 Mei op ’n skrywe sou reageer. Van die land se voorste regslui, asook ’n bekende politieke wetenskaplike, het hul ernstige kommer uitgespreek.

Ook die Vryheidsfront Plus is onthuts, en het by monde van sy leier, dr. Pieter Groenewald, oor nog ’n aspek wat die rooi ligte laat flikker, geskryf: “Die ANC se poging om in sekere provinsies totale beheer uit te oefen oor alle voedselhulp en die verspreiding daarvan is totaal onaanvaarbaar. Die regering wil hom nou die reg toe-eien om aan skenkers voor te skryf wie gehelp mag word met hul skenkings en wie nie. Daar was in die laaste weke talle berigte oor korrupsie en hoe die ANC hulpverlening tot sy eie party-politieke voordeel aanwend.

“Daar word reeds teen minderhede gediskrimineer ten opsigte van hulppakkette aan kleiner sake-ondernemings. Dit is selfs amptelik bevestig deur die Noord-Gautengse hooggeregshof se uitspraak dat die toekenning van hulp op grond van ras wel grondwetlik en regmatig is. Die VF Plus stem nie daarmee saam nie.

“Dit wil voorkom of die regering totaal magsdronk geraak het en vae regulasies word aan wetstoepassers oorgelaat om self in detail te vertolk.

“Die ANC het oor baie jare ʼn reputasie opgebou dat hy staatshulpbronne gebruik tot sy eie voordeel en veral die uitdeel van kospakkies het telkemale ter sprake gekom waar mense in ANC-kleure kospakkies aan alle hulpbehoewendes uitgedeel het om sodoende die indruk te wek dat dit van die ANC kom.

“Die huidige regulasies het dit ten doel om die verspreiding van die koronavirus te vertraag en die publiek se samewerking daarmee en hul bereidwilligheid om minderbevoorregtes te help, was tot dusver baie goed. Die regering moet hierdie welmenendheid nie vertrap nie.” (Lees die volledige stuk hier.)

Die opsommende indruk wat uit ’n samevattende berig op Maroela Media blyk, is dat die ANC die situasie kaap om via die bevelsraad van die ramptoestand magte te sentraliseer en na die ANC as party te verplaas. Ook Tim du Plessis spreek in Rapport kommer uit oor die mate waarin staatsgesag die knie moet buig voor magsdronkheid. Ander berigte dui aan hoe menseregte voor skynbare burokratiese praktyke swig en byvoorbeeld bydra tot hongersnood.

Suid-Afrika mag dalk nog nie beduidend iets van klassieke staatsgrepe ervaar het nie. Daar was wel verwante voorbeelde soos dié van Adam Tas, die uitgewasde voorbeeld van Slagtersnek, die Jameson-inval, die Rebellie, die sogenaamde statutêre staatsgreep wat PW Botha uit die politiek gedruk het, die nou reeds bekende staatskaping, en nou wat stellig bekend kan staan as die (ongrondwetlike) Covid-19-gesagsverskuiwing.

Sedert die nuwe Grondwet van krag geword het, het al meer leemtes daaraan aan die lig gekom, met die Konstitusionele Hof se Matie-taaluitspraak wat ’n groot duik in die konsep van trias politica (skeiding van magte) geslaan het – en spesifiek die geskrewe teks van die Grondwet en om dit binne die stroombaan van die onderhandelde grondwetilke beginsels te behou.

Dit alles staan in die konteks van wat sedert 1994 gekristalliseer het. Toe reeds is probeer om alle buitelandse skenkings wat vir nood en heropbou bedoel is deur die ANC-regering te “kaap” en probeer om dit na die Kagiso-Trust te kanaliseer. In baie kringe is die Kagiso-Trust beskou as die ANC se finansiële been. Feit is die Kagiso Trust het volgens sy eie aansprake die volgende vermag: “Over the past 30 years, we have invested over R2,2 billion in development and implemented over 1 831 programmes.” (Uit die amptelike webwerf van die Trust.)

In die parlement is eenvoudig wette gemaak wat opposisiepartye verhinder het om konsepwetgewing voor te lê en om ook ander demokratiese funksies te vervul. Interne ongelukkigheid het onder meer die politieke loopbaan van die destydse speaker Max Sisulu gekos, en regsaksie deur die IVP se Mario Ambrosini het daartoe gelei dat die Konstitusionele Hof hierdie blatante “staatsgreep” omgekeer het net toe die parlementêre griep in dubbele longontsteking in albei longe omgesit het.

Skielik lyk die hardhandigheid waarmee lede van die gewapende magte hulle sedert die afkondiging van die ramptoestand op burgerlikes laat lostrek het verdag. So al asof hulle iets geweet het wat die bevolking nie geweet het nie. Die intrek van nog meer as 70 000 soldate lyk skielik ook nie meer so bo verdenking nie, veral saamgelees met die verbod op burgerlike plaaswagte en straatpatrollies om met hul werk voort te gaan.

Dui die onderskeie berigte werklik op ’n staatsgreep? Dit hang af van watter definisie van ’n   staatsgreep ’n mens aanhang. Sou dit op klandestiene klimaatskepping neerkom? Die enigste mag in Suid-Afrika wat tot die opmors op hierdie skaal van ’n stratkom-operasie in staat is, is die twee faksies van die ANC.

In Kommentaar, RSG se program op Sondagaand 3 Mei wat die welberedeneerde prof. Erwin Schwella ingesluit het, is die woord “staatsgreep” nie gebruik nie, en kwalik geïmpliseer. Die algemene indruk was dat baie van die verwikkelinge na interne struwelinge in die ANC herlei kan word. Die vingers is veral na dr. Nkosazana Dlamini-Zuma gewys wat haarself as “nie-amptelike premier” laat manifesteer en byvoorbeeld ten opsigte van die verbod op sigarette eenvoudig Ramaphosa se opheffing van die verbod “geveto” het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Willem ·

Herman Toerien jy is korrek die ANC het die land gekaap met ace en ndz leiers. Gister aand se kommentaar met Ivor het dit bevestig. Net Cyril kan die spul gemors stop

Fedup ·

Hi willem. I do agree. Just one thing, cyril just don’t give a flying fig.

Boortor ·

Ja…hulle het die land gekaap. Enige ou aap kan dit sien. En die mense van die land?? Dreig en stoom en brom maar lig nie n vinger nie!! Ek praat van almal, ongeag ras of stand. Dit is ons eie skuld en ons sal moet leer om daarmee saam te leef.

Cherokee ·

Ek hou van jou reaksie, Pierre.
Soveel kommentators verduidelik met geur en kleur waaraan en hoe skuldig ons is, maar wanneer iemand hulle stroomop loop soos jy doen, dan heers oorverdowende stilte. Laat my dink aan die ‘stop-belasting’ brigade, wat tjoepstil word wanneer gevra word hoe werknemers hul werkgewers oortuig om nie belasting af te trek nie.

Nie Verbaas ·

Met ANC se beleid en plundering van lede sal land nog totaal verarm. Hulle moet onthou dat geen leuen of nie werkende plan/ideologie volhoubaar is nie. Net n kwessie van tyd voor struweling onder ANC faksies die land finaal op sy kniee sal dwing.

Burgermeester ·

Daar is baie dinge in die lewe wat my agterstewe in ‘n krul laat trek, maar die huidige regering en hulle kommunistiese beleid maak my skoon befoetterd met al hulle rassistiese en drakoniese wetgewing. Wat ek nie kan verstaan nie, in die 80s en vroeë 90s, toe het die hele wêreld ekonomiese sanksies teen SA daar gestel om ‘n meer inklusiewe samelewing te skep. Maar nou doen die huidige regering presies dieselfde as die vorige bedeling, maar niemand rep ‘n woord nie. Wat is fout met vandag se wêreld-leiers? Is hulle te bang, of is hulle net ‘n klomp liberaliste wat om ‘n sirkel sit en hulle gevoelens met mekaar deel?

Fedup ·

Most definitely. I will only have this lttle quote i want to share.
“One of the saddest lessons of history is this: If we’ve been bamboozled long enough, we tend to reject any evidence of the bamboozle. We’re no longer interested in finding out the truth. The bamboozle has captured us. It’s simply too painful to acknowledge, even to ourselves, that we’ve been taken. Once you give a charlatan power over you, you almost never get it back.”

Jacobus ·

Magstryd om verskeie redes:
Blood om die mag te hê. Om ons kriminele gabbas se agterente uit oranje oorpakke te hou. En “last but not least” om ons hande op die fiskus te kry.
Die Goeie Vader help ons!

Alleen Wolf ·

Ek dink daar wag ‘n magtige verassing vir hulle, nie almal is skapies nie.

Jaco ·

Daars net 1 ding wat ek nie verstaan nie: videos van weermag en polisie brutaliteit teenoor gewone burgers wys dat die weermag- en polisielede ASOOK die slagoffers van hulle brutaliteit, ALMAL “our people” is. Hulle is almal van dieselfde ras. Dis mos nie hoe ‘n regering sy eie mense hanteer nie. Iets maak nie sin nie.

Heinrich ·

Die ANC het tydens apartheid mos belowe om die land onregeerbaar te maak. Nou is die ‘people’ steeds so gebreinspoel, en met die huidige toestand van die onderwys word hulle so gehou. ‘Stupid is what stupid does’, kyk maar hoe al die diensleweringsbetogings vir niemand meer iets beteken nie, dit het maar net deel van die daaglikse anargie geword. Net so gaan hulle bly betoog teen die party waarvoor hulle stem en steeds bly dink hulle sal ‘n paradys aangebied word, en dink die kommies gaan vir hulle iets voel; hulle dink net aan selfverryking en magsvergrype.

Christa ·

So Jammer dis om van te HUIL weet nie of Cyril dit Kan stop nie Hy is kop en een mus word Deur Lutulie Huis voor geskryf en kos pakkie is Soos grand en huise verniet om stemme te kry

Alleen Wolf ·

Klink “Command Council” nie vir julle ook baie militaristies nie, en waar is ons geagte opper bevelvoerder nou, hoor niks en sien niks van hom nie.

Pompies55 ·

Ek wil nie veel sê nie,maar cyril moet sy oë vinnig oopmaak!NDZ en daai magashule is lankal besig met cyril.Hulle altwee is vurige JZ ondersteuners en moenie verbaas wees as hulle vir JZ probeer terugkry in die regering nie!Alles dui daarop dat JZ nie tronk toe sal gaan nie.So hou die zumas en magashule fyn dop!Gif!

Brett ·

Die lyk meer nou meer en meer na populasie beheer, mag nou 7 dae reis tussen die profinsies…… Besmet die helle land…. Dus wat hulle wil hê……. Misbruik van mags posisie…wat is hul doodetal mukpint, hoeveel moet sterf voor hulle die fiasko stop. Dit als net tot hul eie gewin dus die begin van ‘n baie gevaarlike oorlog wat die regering speel.

Steady Eddie ·

Dit is vir my ooglopend dat die regerende party ‘n Modus Operandi het !!!
Hul eerste doelwit was om ‘vrees’ te skep onder die minder-bevoorregtes !!!
Dit het hulle gedoen met klem gelê op die ‘broosheid’ van die Oues van dae !!!
Die 2de fase was om die inperking te verleng met 2 weke !!! Dit het baie mense onkant betrap, aangesien hulle verkeerd aankopies gedoen en toe in finansiële moeilikheid beland het !!! Nou is behoeftiges genoop om ‘bakhand’ te staan vir voedingspakkete !!! Hier was alweer ‘n gaping om met korrupte praktyke, te sorg dat Nepotisme plaasvind !!!
Ek is ook ‘n behoeftige en het ‘n pakkie (1kg) aanmaak rys, met hoender en groente daarin ontvang. Plus ‘n sakkie aanmaak meel, met melk en soya by.
Ek durf nie vergeet van die 2 wortels, 4 uie en 4 aartappels nie !!!
‘n Sekere raadslid het verlede woensdag, belowe om my op donderdag, of vrydag te kom sien.
“Needless to say” – ek wag nogsteeds !!!
Met die staatspesioen is daar toe ook ‘n probleem gewees !!!

Reinhardt ·

Die land is gekaap in die laat veertigs al, toe Bram Fischer en sy meelopers hulle soort marxisme aan die ANC verkoop het. Dit het die ANC sy siel, sy integriteit, sy dignitas gekos. Eersgeboorte reg vir lensiesop. Vandag is die ANC soos n ou prostituut wat al meer banaal moet wees om sy magsbasis te beindruk, nie een in die party het beheer nie, dis die proses self. Destruktief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.