Nuuskommentaar: Plaasaanvalle: die storie sonder einde

(Foto: Reint Dykema)

Daar is die afgelope paar weke ’n duidelike toename in plaasaanvalle, en die aard daarvan wek nie die indruk dat dit bloot die ekonomiese gevolge van die Covid-19-pandemie is waar honger mense nou na kos op soek is nie, en wat in sommige kringe as die politiek korrekte antwoord beskou word nie. Is dit nie veel eerder die gevolg van onlangse uitlatings deur pres. Cyril Ramaphosa, wat selfs deur liberale kommentators bevraagteken word nie?

Min onderwerpe kon onder Afrikaanse lesers die aandag so lank vasgeklem hou soos plaasaanvalle. ’n Politieke party wat in die stemme van Afrikaanse kiesers belangstel, sou nie eens droom om nie met haas elke plaasaanval ’n mediaverklaring uit te reik nie. Soms was dit egter bloedsweet moeilik om by te hou. Enkele jare gelede het dit een langnaweek so rof gegaan dat die kleine CDP selfs genoem het hoe die party die naweek nog nie met die een verklaring klaar was nie, dan was daar weer ’n aanval. Uiteindelik is etlike plaasaanvalle sommer saam in een mediaverklaring van die party opgeneem. Destyds is ook ’n verband gesoek met ’n omstrede stelling wat die destydse president, Jacob Zuma, in die parlement gemaak het.

Trouens, Maroela Media het op 30 Januarie 2013 reeds ’n nuuskommentaar geplaas wat data bevat het soos watter koerant hoeveel nuusverklarings van die verskillende partye, asook instansies soos AfriForum en TLU SA en Agri SA geplaas het. Dit het derduisende berigte beloop. En dit het nogal gevolg ná ’n groterige mediagroep se direksie aan sy koerante, Afrikaanse koerante ingesluit, opdrag gegee het om minder nuusdekking aan plaasaanvalle te verleen. ’n Ruk tevore het die SAUK ’n soortgelyke opdrag aan die redaksies van sy streekkantore uitgereik.

Regeringsreaksie

Die regering se reaksie was selde regstreeks vyandig teenoor boere en die landbou, maar nog minder dikwels simpatiek of selfs net objektief. Dis soms selfs ontken, onder andere deur pres. Cyril Ramaphosa nadat AfriForum se buitelandse veldtog in die VSA begin “bloed” trek het.

In nog ’n geval het ’n ongepoetste “diplomaat” in Genève drie afvaardigings by ’n VN-vergadering spreekbeurte probeer ontsê omdat, volgens haar, mense wat so ontsteld is oor plaasaanvalle na apartheid sou streef. Die SA regering het heel skandalig nié teen haar opgetree nie, en dis moeilik om af te lei dat sy nie met die goedkeuring van die SA regering skandes gemaak het nie. ’n Voormalige Vrystaatse premier, Winkie Direko, het na die kommando’s as “Bandits” verwys. Die einste premier wat ná ’n plaasaanval by Senekal, toe sy die reddeloosheid van die plaaswerkers sien wat hul werk kwyt was, gesê het sy is lus en vra die polisie om plaasaanvallers dood te skiet nog voor hulle toegesluit is. Sy het dit later ontken, maar hierdie skrywer het haar dit self hoor sê.

Watter gesindheid teenoor boere blyk uit die benaming van die destyds nuwe Wêreldbeker-sokkerstadion in Polokwane na Peter Mokaba, die “vader” van die haatspraak-slagspreuk, “Kill the Boer, Kill the Farmer”?

Watter gesindheid blyk uit ’n regering waar die destydse minister van polisie na AfriForum se veldtog teen plaasmoorde as ’n “reklamefoefie” verwys het? By ’n ander geleentheid het dieselfde minister Nathi Mthethwa gesê: “Ek weier om toe te tree tot die opvatting dat plase spesiale gebiede in ons samelewing is.” (Lees hier.)

Die lys is ongelooflik lank.

Vyfde kolonners

Terwyl die Covid-19-pandemie gekenmerk word deur ontkenners, het verskeie kenners en instansies begin kyk na redes vir die bestaan van mense wat die gevare ontken. Nie almal is dit ad idem nie, maar dit blyk dat mense wat bang is, geneig is om dit te verwerk deur dit te ontken. Sommiges meen dit maak bloot deel uit van die ontkennings- en samesweringsteorieë (wat dikwels as aanvalle op die ganse wetenskap manifesteer) wat haas op elke terrein uitslaan. Hiervoor is daar weer verskeie verklarings vir vatbaarheid, soos aangebore psigiese afwykings. ’n Skynbaar gangbare uiteensetting spesifiek gerig op Covid-19 kan in Neuroscience News hier gelees word.

Politieke ontleders wat verseg of versuim om skerp veroordelend teenoor plaasaanvalle (of selfs plaasmoorde) te wees, se afwatering of ontkennings is dikwels opsigtelik politiek gemotiveer. By geleentheid het ’n ontleder ’n ander deelnemer aan RSG se program Kommentaar bruusk in die rede geval en die voorkoms van plaasaanvalle as baie oordrewe beskryf. Hy het onder meer gesê die getal slagoffers weens bendegeweld op die Kaapse Vlakte is “baie meer” as plaasaanvalslagoffers. Die tyd was verstreke voor die ander deelnemer wat so in die rede geval is, kon antwoord.

Die jongste beskikbare syfers vir bruin mans in die Wes-Kaap se sterftesyfer weens geweld was toe minder as 100 per 100 000 (wat as die hoogste vir ’n identifiseerbare groep ter wêreld aangegee was), terwyl dié vir plaasaanvalle as 117 per 100 000 per jaar opgegee is. (Die regering het later tydens die ramptoestand hierop gereageer deur die weermag op die Kaapse Vlakte te ontplooi, maar plaaswagte te verbied om patrollies te ry.)

Tydens ’n latere program het dieselfde kommentator hom ten gunste van die onteiening van plaasgrond sonder vergoeding uitgespreek. Toe hy deur die media hieroor gekonfronteer is, het hy gesê hy het net die narratief van swart mense weergegee. (’n Nagaan van die potgooi het die stelling egter weerspreek.)

Vloeibaarheid

Terwyl baie ontleders nog probeer byhou om die internasionale uitwerking te verreken wat die jongste golf Black Lives Matter op politieke denke het (en daar is so ’n uitwerking) het die teengolf ook vorm begin aanneem. Dit word veral weerspieël in twee artikels wat saam met ’n onlangse uitgawe van die peilingsagentskap Rasmussen se daaglikse verslae uitgestuur is. Die een artikel, deur John Stossel, is “The New censors” en wys hoe die onewehandigheid menings- en persvryheid verongeluk. (Lees hier.) Die ander deur Michelle Malkin heet “Hoaxed by #FakeNoose Again” en verwys na die gebruik om met elke stukkie tou wat iewers gevind word op loop te gaan asof dit die werk van wit mense is wat weer op sogenaamde lynch-togte uit is om al wat swart mens aan pale, bome of brûe op te hang. (Lees hier.)

Om maar een gevolg uit te wys: ’n Dosent is aangesê om die vraestelle van sy swart studente met spesiale empatie na te sien weens die George Floyd-trauma wat hulle beleef. Die dosent verduidelik hy kan nie, want dis alles aanlyn en hy het geen manier om die ras van sy studente te bepaal nie. Desondanks is hy hangende ’n ondersoek op verpligte verlof geplaas.

Die mees beskrywende woord wat die “All lives matter”-voorstanders onderskei van die “Black lives matter”-voorstanders is die woord “entitlement”. ’n Paar jaar gelede het een van Suid-Afrika se voorste ekonome en gewilde kommentator radikale swart mense se aspirasies onder meer met dié woord verwoord. Hy is deur sy bankgroep afgedank. Nou word dié woord mildelik deur kritici van “Black lives matter” gebruik, iets op die oog af ook presies wat Ramaphosa nou vir die post-Covid-19-ekonomie in die oog het – waar die strewe na ewehandigheid en gelykheid aan rassisme gelykgestel word, en permanente “affirmative action” nié as ’n vorm van rassisme beskou word nie.

En waar die inweef van radikale uitsprake ’n klimaat skep wat gunstig is vir rasgemotiveerde, hatige plaasaanvalle. Klink dit nie alte bekend aan wat in Suid-Afrika van wit mense verwag word nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christo ·

Ek meen, trek suid en werk saam. As Kapenaar is dit vir my moeilik om te verstaan hoe mense eerder hul taal en kultuur sal opgee in n ander land, as om 1,000 kilometer suid te trek. En daar as n eenheid en verenig saam met ander Afrikaanssprekendes te woon. Wat is dit met julle daar in die noorde? Het julle n minderwaardigheidskompleks? Die suide verwelkom julle. Dit is per slot van sake waar julle voorvaders vandaan kom. So basta met “gaan boer in die buiteland”. Dis onpatrioties.

Werner ·

Puik berig hoop net ons mense word wakker daar is nog te veel suksesvolle aanvalle

JohanR ·

There are NO farm murders in South Africa – Cyril Ramaphosa. Onthou die gesegte mense van Suid Afrika as die stembrief, en die pen in julle hande is daar in die stem hokkie. Dink aan al die geliefdes wat wreed dood gemaak is en gamartel is, net omdat hulle wit is, en ‘n plaas bewerk. There are NO farm murders in South Africa – Cyril Ramaphosa President of the Republic of ANC, sorry South Africa.

Grassie ·

Baie dankie vir jou bydrae Herman. Jou vermoë om die hele klomp losstaande gebeurtenisee bymekaar te maak, in verband te rangskik en verstaanbaar aan te bied word waardeer. Wat vir my baie duidelik is, is dat die ANC se stryd teen die witman nie weens die blankes se oorgawe in 1994 geëindig het nie. Wat erger is, is dat die jonger geslag ANC-kaders se haat nog feller is as dié van die ouer garde. Ons, die Afrikanervolk, maar ongeveer 4% van die bevolking, is tot ‘n groot mate reeds ontmagtig, ontwapen, ontman en moontlik eersdaags onteien maar die strome haat vloei steeds al sterker. Gaan ons dit maar net gelate aanvaar?

Jakes ·

Redes wat kamtig aangevoer word dat mense honger is agv Covid 19 is snert. Diegene wat sulke bewerings maak hoort in die groendakkies want as dit n rede is vir plaasaanvalle dan sal 10 miljoen honger mense elke plaas in die land aanval. Plaasaanvalle is niks anders as terrorisme en mense wat dit doen verdien nie om te lewe nie want dis hoogverraad. Hierdie gemors wat boere vermoor sal tweede kom by my.

marius ·

Daar is niks meer skokkend as om ou weerloses op die wreedste moontlike maniere uit te wis nie , en dit is presies die opdrag . Dis die waarheid .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.