Nuuskommentaar: Satanisme in die nuus

Zak, Cecilia en Marcel Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof. Foto: Mia Spies/eNuus

Die woord satanisme is gereeld genoem in die pas afgehandelde saak wat algemeen as die Krugersdorp-moorde bekend geraak het. Satanisme het veral sedert die sewentigerjare periodiek in die Suid-Afrikaanse strafregsgeskiedenis na vore getree, maar dit is steeds nie heeltemal duidelik hoe kwesbaar Suid-Afrikaners is nie, en ook nie hoe ’n groot bedreiging dit is nie.

Satanisme is weer in Suid-Afrika in die nuus na verskeie mense aan die Rand verskeie lewenslange termyne gevangenisstraf vir moord, en ander termyne vir ander misdade, opgelê is. Soos altyd is standpunte hieroor uiteenlopend.

Na groot aarseling, en ’n toegespitste gebed om die regte dinge te skryf, is hierdie onderwerp eers as dagtema aangepak. Die uwe is egter geen kundige op die gebied van satanisme nie, en verkies om eerder te fokus om die Here self te ken en lief te hê. Sonder om van die impak, of beweerde impak van satanisme, op die alledaagse lewe kennis te neem, ontbreek sekere insigte oor die aktualiteit – en dit is die fokus van hierdie nuuskommentaar.

Gelukkig is Maroela Media ’n selfverklaarde Christelike nuusmedium, en as sodanig kan die uwe onbeskaamd die onderwerp vanuit ’n pro-Christelike perspektief, na die beste van my vermoëns aanspreek.

Die laaste ding wat hiermee beoog word, is dat veral jonger mense se belangstelling in satanisme opgeskerp word, en kinders uiteindelik in die slagyster van belangstelling en blootstelling in die web van die slegte/bose ingesuig word.

Is Satanisme ’n werklike manifestasie van duiwelaanbidding? Is die duiwel werklik? Is dit ’n kultiese manifestasie van die Bose of paganisme? Is dit verslawend soos dat dit met dwelms verband hou? Is dit ’n verwronge “ontsnapping” uit gemeenskapsnorme waar gemeenskapsnorme dikwels ter wille van vorm eerder as met liefde vir kinders en jong mense aangebied word?

Om die woorde “satan” en “duiwel,” te google, lewer enorm baie trefslae. Ook wanneer dit meer spesifiek met die agtervoegsel, “-aanbidding” vir die blikbrein gevoer word, terwyl die woord “satanisme” self meer as 700 000 trefslae oplewer.

Die woord “Lucifer”, wat volgens die agtergrondinligting net na die reeks “Lucifer” verwys, en waar een van die duiwel se “engele” in ’n onlangse episode Afrikaans gepraat het, en volgens inskrywings die indruk sou geskep het dat Afrikaans die amptelike taal van die hel is, het ’n yslike 75 miljoen trefslae.

Maar wat sê die Bybel? In die 1983-vertaling het die woord “duiwel” 45 trefslae, en die woord “Satan” 46 trefslae. In die NetBible is daar verskeie meer, maar dit sluit ook die trefslae in die verklarende notas in.

In een van hierdie verklarings, soos dit 1 Johannes 3 verklaar, word die woord “devil” soos volg uitgelê: “It is best to view the distinction between ‘everyone who practices sin’ in 3:4 and ‘everyone who resides in him’ in 3:6 as absolute and sharply in contrast. The author is here making a clear distinction between the opponents, who as moral indifferentists downplay the significance of sin in the life of the Christian, and the readers, who as true Christians recognize the significance of sin because Jesus came to take it away (3:5) and to destroy it as a work of the devil (3:8). This argument is developed more fully by S. Kubo (‘1 John 3:9: Absolute or Habitual?’).

AUSS 7 [1969]: 47-56), who takes the opponents as Gnostics who define sin as ignorance. The opponents were probably not adherents of fully developed gnosticism, but Kubo is right that the distinction between their position and that of the true Christian is intentionally portrayed by the author here as a sharp antithesis. This explanation still has to deal with the contradiction between 2:1-2 and 3:6-9, but this does not present an insuperable difficulty. The author of 1 John has repeatedly demonstrated a tendency to present his ideas antithetically, in ‘either/or’ terms, in order to bring out for the readers the drastic contrast between themselves as true believers and the opponents as false believers. In 2:1-2 the author can acknowledge the possibility that a true Christian might on occasion sin, because in this context he wishes to reassure his readers that the statements he has made about the opponents in the preceding context do not apply to them. But in 3:4-10, his concern is to bring out the absolute difference between the opponents and his readers, so he speaks in theoretical rather than practical terms which do not discuss the possible occasional exception, because to do so would weaken his argument.”

Die trefslae dui aan dat satanisme voor die 1970’s relatief min in die Suid-Afrikaanse nuus-literatuur voorgekom het, Hierna was ’n paar opspraakwekkende misdade, en veral moorde, periodiek met satanisme verbind. Die polisie het selfs ’n eenheid vir okkultisme, wat op satanisme, gefokus het, in die lewe geroep en die destydse polisieman, Danie Krugel, was landswyd ’n gewilde spreker, en is ook wyd as kenner beskou.

Berigte en ander skryfwerk oor satanisme het gereeld ’n verband getref tussen satanisme en aspekte soos misdaad, dwelms, die offer van swart katte en selfs menslike offers.

Soms was daar skokkende syfers, soos dat daar tot 40 000 praktiserende sataniste in Suid-Afrika is, en soms selfs dubbel soveel. Ook sou daar ’n groot aantal satanistiese gemeentes wees. Die literatuur meld egter ook gereeld dat konkrete bewyse vir baie van hierdie aansprake gewoon ontbreek. Dit is ook nie altyd duidelik of die gebruik van satanisme die werklike aanbidding van satan as sentrale oogmerk het nie, en of dit in ’n mindere of meerdere mate as ’n soort rookskerm vir geestesongesondheid, ’n wye spektrum van verslawings, misdaad (veral dwelm- en prostitusieverwant), kultiese beheeroorname van mense se eie wil, en vele meer sou dien nie.

In die Engelse aanhaling hierbo word dit duidelik gestel dat die idee dat dit hier handel oor die uiterste kontras van goed (sonder sonde) en sleg (leef in sonde). Tog lui een opskrif: “Selfs Satanisme moet respek kry in skole.”  Dié houding blyk uit die opspraakwekkende hofsaak van die organisasie Ogod (Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie) om te probeer voorkom dat staatskole deur godsdiensonderrig teen nie-gelowige kinders diskrimineer.

Op die oog af hou hierdie standpunt oor satanisme verband met die opvatting dat die godsdiensvryheid wat die Grondwet waarborg, absoluut is en dat net die misdade wat sataniste pleeg, soos ook deur die aanhangers van ander godsdienste of ateïste, beveg moet word.

Binne kerklike verbande is daar ’n sterk beweging om die bestaan van die duiwel as entiteit te ontken, hoewel die boosheid as verskynsel erken en aanvaar word. Vir diegene wat dit moeilik vind om sekere standpunte letterlik te aanvaar, is daar die “handleiding” om dan minstens te kan deelneem aan die stryd tussen goed en sleg. Sekerlik die handigste “handleiding” vir die onderskeid is die lys uit verskillende gedeeltes van die Bybel saamgestel oor die goeie vrugte van die Heilige Gees. Die Bybel lys ook die slegte vrugte waarvan wyd gehou moet word.

Die goeie vrugte van die Heilige Gees is: Verstaan genade van God, regverdigheid, waarheid, leer wat gee God vreugde, liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing, inskiklik, vol genade, onpartydig, nie veroordelend wees nie.

Die slegte vrugte (volgens die Engelse aanhaling in die nuuskommentaar die domein van die slegte) is in die Bybel genoem as: Deelname aan ongehoorsaamheid, dade wat in die geheim gepleeg word te erg om te noem, verwaandheid, uitlokkend/skoorsoekerig, selfsugtig wees, jaloers wees, vertel leuens, skynheilig, veroordeel kwaadwillig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Francois ·

As mens twyfel oor die werklikheid wat Satan is, twyfel jy definitief ook oor Jesus, die Heilige Gees, en God. Kies.

Mudguard ·

Die laaste paragraaf klink so bekend. Nooit gedink ons regering kan so raak beskryf word nie.

Rina ·

Kan persone hulle nog ophou met hierdie tipe van aktiwiteit. DIe sogenaamde s maak hul eie reels ….

AttieNo1 ·

Ai Herman, Ek geniet altyd jou nuuskommentaar so baie maar oor die egtheid van rofstoei soos toe jy jonk was en Satanisme is nie onderwerpe wat jy oor moet skryf nie. Rofstoei is en was nog altyd ʼn klug, punt. Hoekom ek dan nou so ongevraagd op ʼn veel ouer artikel van jou kommentaar lewer weet ek nie? Maar dit hou dalk tog soortvan verband met die een. Daar is altyd mal mense wat kwaad wil en sal doen en dan die duiwel blameer. Dan is daar Sataniste in die tradisie van Anton LaVey-hulle glo nie in die bestaan van God of ʼn duiwel nie en dink meeste okkulte is net ʼn klomp nonsens soos gelowe. Nee ek se nie hulle is reg nie maar soos met Rofstoei help dit nie om vals populêre “vrese” en “waarhede” as feite te verkwansel nie.

Christa ·

Geen twyfel omtrent die bestaan van Satan nie. EK as kind van God glo Elke Woord wat in die Woord staan. En Hy sê passop vir Satan. As Hy jou in sy kloue kry ontsnap jy moeilik. Vra Elke dag Sy bloed oor jou om nie Satan net n Voet in die deur te gee nie. As jy in Sy spore loop is jy verseker van hiernamaals.

Ekke ·

Lees Rebecca Brown se boeke. Jul ontken wat jul nie verstaan. Of jy is vir God of teen God. Geen middel pad. In Suid Afrika word beweer dat jy jou voor vader geeste kan aanhang en n Christen kan wees. Dis hoekom ons in die posisie is waarin ons is. Satanisme is n werklikheid . Bid elke dag die bloed van Jesus oor jou en jou gesin , soos ander komentaar sê.

Herman Toerien ·

Ek het voorsien dat daar moontlik van hierdie soort reaksie sal wees. Daarom het ek, toe ek begin skryf het, eers gebid dat die Here self my pen sal lei. Ruimte ontbreek om hier volledig genoeg op die kritiek te reageer, en daarom sal ek dit gelegener tyd op my eie Facebook-profiel doen. Intussen, verskeie van die kritici hier verwas na die rubriek as ‘n “berig.” Dit is geen berig nie, al het ek ook feite soos in die openbare domein ingespan, en die betrokke oggend ‘n enorme klomp bronne – dikwels baie weersprekend – geraadpleeg. Om onchristekike veroordelings te probeer voorkom, het ek na die goeie vrugte van die Heilige Gees, asook na die slegte vrugte wat die Bybel noem, verwys. Aan beide kante word veroordeling aangespreek. Ongelukkig is dit hier en daar geïgnoreer.

Gered ·

Herman, ek staan by Jou!!!
ek stem saam met dit! ek wil nie eers op ander se kommentaar my opinie gee nie, want as jy ignorant wil wees kies jy dit.

baie dankie, so baie kinders is hierby satanisme betrokke en dit is skrikwekkend om te sien wat die duiwel me jou kan maak sou jy hom die duiwel toelaat.

nogmaals dankie!!!

viva vir die waarheid, vir altyd en vir ewig. Amen

Kobus ·

Ai die onkunde oor Satanisme of die bestaan daarvan en die aanval op Herman Toerien gaan my klein verstandjie te bowe. Dit is hoekom dit in due land so gaan soos dit gaan . Verloén God en ja betaal die prys.

Leon ·

In die Apokriewe boek van Henog vind ons uit dat satan ‘n gevalle engel is wat nog engele saam met hom geneeem het toe hulle teen God gerebeleer het. Hy bestaan dus.
Ons moet nie in hom glo nie, maar ons moet bewus wees van sy bestaan en moet in God drie enig glo om teen hom te stry.
As jy by satanisme betrokke raak is dit erger as verslawing. Jy kan nooit maklik daaruit kom nie. Hulle is selfs bereid om jou dood te maak as jy wil wegkom. Slegs God drie enig kan jou daaruit verlos. Ek weet van sulke gevalle.
Bly vêr weg van satanisme. Dit is baie gevaarlik. Ongelukkig begin satan in die kerk inkom en daardeur word daar nou ontken van sy bestaan. Ken jou vyand, moet net nie in hom glo nie.

Cornelia ·

Ek het afstand gedoen van kommentaar te lewer. Maar op u skrywe rondom satanisme en die werklikheid daarvan, wil ek u, as medegelowige onderskraag en dit boonop vreesloos. Dat daar siele is wat hulle tot satan wend en hom aanbid is géén geheim nie!!! Volgelinge van satan sal die grootste aanval loods op die openbaarmaking van hierdie werklikheid. Dat u deur onkunde en vyandigheid aangeval word is dus nie ‘n verrassing nie. U trap op sy pols.

Erna van Biljon ·

Baie dankie vir die insigewende kommentaar, Herman. Veral na jou erkenning dat jy nie ‘n kundige op die op die gebied is nie; iets wat ‘n hele paar mense misgekyk het lyk dit my! En ja, negatiewe kommentaar sal daar maar altyd wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.