Phala Phala: Twee vlugtig in hof

Twee verdagtes in hof oor diefstal by Phala Phala

Imanuwela David (links) en Froliana Joseph het Dinsdag vlugtig in die Bela-Bela landdroshof in Limpopo verskyn. (Foto: Mashudu Malabi Dzhangi / Nasionale Vervolgingsgesag)

Die twee verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle betrokke was by die diefstal op pres. Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas het Dinsdagoggend vlugtig in die Bela-Bela-landdroshof in Limpopo verskyn.

Imanuwela David (39) en Frolina Joseph (30), albei in warm baadjies aangetrek, het by tye na die vloer van die volgepakte hofsaal gestaar.

David en Joseph is onderskeidelik Sondag en Maandag in hegtenis geneem. Hulle het Dinsdag verskyn op aanklagte van sameswering om huisbraak te pleeg, huisbraak, geldwassery en diefstal.

 

Die klagte hou verband met ʼn inbraak op Ramaphosa se wildsplaas in Februarie 2020 waartydens $580 000 uit ʼn rusbank gesteel is.

Volgens Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Limpopo, is David en Joseph bekend aan mekaar. Die twee van hulle het saamgesweer om Phala Phala te beroof, beweer Malabi-Dzhangi.

“Die ondersoek het gewys dat op 1 Januarie 2020 het die beskuldigdes saamgesweer om by Phala Phala in te breek en te steel,” sê Malabi-Dzhangi.

Volgens haar het David toe op 8 Januarie saam met nog twee ander verdagtes op ʼn ander plaas in die omgewing, Stokkiesdraai, ingebreek maar niks gesteel nie. Die dag daarna het hulle glo by Phala Phala ingebreek.

Ramaphosa is in omstredenheid gedompel toe Arthur Fraser, voormalige hoof van die staatsveiligheidsagentskap, verlede jaar bekend gemaak het daar is geld op die president se plaas gesteel. Daar is aangevoer dat die geld verband hou met 20 buffels wat aan Hazim Mustafa, ʼn Dubaise sakeman, verkoop sou word.

Die Reserwebank het ʼn ondersoek na die voorval gedoen en vroeër vanjaar bekend gemaak daar is geen bewyse gevind dat Ramaphosa of iemand van die Phala Phala-plaas valutabeheerregulasies oortree het nie.

Die Reserwebank het aangevoer geen bewyse dat ʼn transaksie voltrek is kon gevind word nie. Derhalwe was die wildplaas nie op die gesteelde dollar geregtig nie.

Mustafa het voorheen aangevoer hy wou die buffels na die Verenigde Arabiese Emirate uitvoer. Hy het egter nie die buffels ontvang of sy geld teruggekry nie.

Adv. Kholeka Gcaleka, in haar hoedanigheid as waarnemende Openbare Beskermer, het op 30 Junie ook in haar verslag vir Ramaphosa van enige moontlike oortreding kwytgeskeld. Volgens haar het die president geen etiese kode oortree nie.

David en Joseph sal na verwagting later in die week weer in die hof verskyn en dan om borgtog aansoek doen.

Twee verdagtes in hof oor diefstal by Phala Phala

Imanuwela David (links) en Froliana Joseph word daarvan verdink dat hulle betrokke was by die inbraak op pres. Cyril Ramaphosa se Phala Phala wildplaas.  (Skermgreep: Newzroom Afrika/X).

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, het buite die hof aan die media gesê daar word nog na ʼn derde verdagte gesoek. Sy wou nie bevestig of daar moontlik nog verdagtes is na wie gesoek word nie.

“Die ondersoek is sensitief,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

electricmango ·

Well done, puik werk, julle moes onder die matras ook gekyk het.

Jacobus ·

Hoe het hulle geweet van al daai geld in n rusbank? En hoekom het Ramaphosa die geld in die rusbank versteek?

August ♥️ ·

Dis Nou Democracy ne. Hulle Kom net mooi niks oor Nie. Saak word uitgestel tot dit net van die radar verdwyn.

Skadu ·

So, die 2 word vervolg vir diefstal van dollars, maar die Reserwebank “het aangevoer geen bewyse dat ʼn transaksie voltrek is kon gevind word nie”…

Papsak ·

Hulle kom altyd niks oor nie en kom weg met alles wanneer kom Ramaphosa aan die beurt dit was in sy bank gewees skep hulke almal !!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.