ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn man van Potchefstroom Woensdagmiddag, terwyl hy wasgoed opgehang het, vermoor is.
“Die moordenaar het die slagoffer se erf in Ikageng Woensdagmiddag betree en hom met ʼn skerp voorwerp in die nek gesteek,” het sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Die oorledene se bure het hom in ʼn plas bloed aangetref. Hulle het paramedici ontbied, maar hy is op die toneel dood verklaar.”
Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Potchefstroom verskyn op aanklag van moord.
hierdie sinnelose moorde is besig om my siek te maak!
Is alreeds siek daarvan Johan.
Ek ook!
Ek is siek en sat vir die gemors in ons land.
Ingebore barbarisme,n lewe in die land is NIKS werd nie…
Hang die gemors in die straat op miskien sal hierdie sinnelose moorde dan ophou.