Michael Dettlaff (12) van North Carolina in Amerika het onlangs Arkansas se Crater of Diamonds besoek toe hy ʼn diamant raakgesien het wat hy vir homself mag hou.
Lees meerAlles vir Donderdag 15 Augustus 2013
Video: Duiker hipnotiseer haai
ʼn Duiker in die Bahamas het ʼn haai sowat 45 voet (13m) onder die water hipnotiseer.
Foto’s: Olie word steeds uit skip in Knysna gepomp
Olie word steeds uit die enjinkamer na hoër gedeeltes van die lekkende skip, die Kiani Satu, gepomp, het die Suid-Afrikaanse maritieme veiligheidsowerheid (Samsa) Donderdag gesê.
SA veroordeel Egipte-bloedbad
Suid-Afrika het die geweld, wat deur sekuriteitsmagte in Egipte gebruik is om pro-demokratiese betogers in Kaïro te verjaag, veroordeel.
Potch-man vermoor toe hy wasgoed ophang
ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn man van Potchefstroom Woensdagmiddag, terwyl hy wasgoed opgehang het, vermoor is.
NUM onttrek uit Marikana-herdenking
Die National Union of Mineworkers (NUM) gaan nie aan die Marikana-herdenking deelneem nie, het die vakbond Donderdag gesê.
Olie dalk “binnekort” in Namibië opgespoor
HRT, ʼn oliemaatskappy van Brasilië, het Donderdag gesê hy sal “binnekort” groot hoeveelhede olie in Namibië opspoor.
Uittreksel uit “Pippie” deur Anice Kruger saam met Colleen Naudé
Op die maat van die flitsende rooi lig tik kosbare sekondes verby. Swart, rooi, swart, rooi gloei die bome langs die pad terwyl die ambulans verbyjaag met die lig wat aanhou draai, draai, draai.
Video: Pippie se storie in boek omskryf
Isabella ‘Pippie’ se storie het ontelbare harte geraak en nou het Pippie se ma, Anice met Colleen Naudé saamgespan om Pippie se verhaal in ʼn boek te omskryf.
Video en lokprent: ‘Donkerland’ lyk belowend
Diegene wat aanhangers van Deon Opperman se televisiereeks Kruispad en Hartland was, kan nou die derde aflewering van sy “Afrikaner-trilogie” op kykNET volg.
Dis ʼn leeu… wat blaf?
ʼn Dieretuin in China het mense probeer bluf deur ʼn hond voor te doen as ʼn Afrika-leeu. Die dieretuin is egter uitgevang toe dié “leeu” begin blaf het, berig The Telegraph.
Raaisel oor vreemde mielieland-kring opgelos
Die raaisel rondom die vreemde mielieland-kring wat twee vlieëniers van die Wes-Rand in Gauteng Sondag uit die lug gesien het, is opgelos.
Toestand in Kaïro kalm, dodetal styg
Die toestand in die Egiptiese hoofstad, Kaïro, is volgens berigte Donderdag kalm nadat honderde mense dood is toe sekuriteitsmagte Woensdag op betogers toegeslaan het wat op die herinstelling van pres. Mohammed Morsi aangedring het.
Snelweg-ongeluk: Man het glo van ongelukstoneel gevlug
Die man wat Woensdag op die N1-snelweg in Pretoria deur ʼn petroltenkwa doodgery is toe hy oor die snelweg gehardloop het, het glo van ʼn ander ongelukstoneel gevlug.
Regstellende aksie: “Dít was nie die ooreenkoms nie” sê Pik Botha
Die huidige toepassing van regstellende aksie was nie die bedoeling van die ooreenkoms wat in 1994 tussen spesifiek die toenmalige regerende party, die NP, en die ANC bereik is nie.
Foto: Twee beseer ná gebou in Welkom ineenstort
Twee mans, albei in hul dertigs, is Donderdag ernstig beseer nadat ʼn gebou waar hulle konstruksiewerk verrig het, in Welkom in die Vrystaat ineengestort het.
Vavi met “spesiale verlof”
Die vakbondfederasie Cosatu het Donderdag amptelik bekend gemaak dat Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris, op “spesiale verlof” geplaas is.
Herroep rugby-rassekwotas of boikot-aksie teen Vodacom-beker begin, sê AfriForum
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag ʼn skrywe aan die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (SARU) en die 14 provinsiale rugby-unies gestuur, waarin gevra word dat SARU se besluit om rassekwotas in die Vodacombeker te implementeer, herroep word.
Vermeende Ceres-babaverkragter in hegtenis geneem
ʼn Man is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die onlangse verkragting van ʼn vier maandeoue baba en ʼn sewejarige seun in Ceres in die Wes-Kaap.
Nóg drie sterf op Gautengse paaie
Drie mense is dood en drie is in ʼn kritieke toestand nadat twee voertuie op die R25-pad naby Bronkhorstspruit reg van voor teen mekaar gebots het.