1 dood, verskeie beseer toe Durbanse gebou ineenstort

Die ineenstorting by die Noor-gebou in Durban.  (Foto: Arrive Alive/Twitter)

Een mens is dood en verskeie ander beseer toe ’n gebou Dinsdagoggend in die Durbanse sakesentrum in KwaZulu-Natal ineengestort het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê paramedici is omstreeks 09:30 na Dr. Yusuf Dadoo-straat in die Durbanse middestad ontbied waar die Noor-gebou ineengestort het. Verskeie mense was in dié stadium in die gebou vasgekeer en is deur die loop van die oggend deur reddingswerkers bevry.

Volgens Herbst is ’n man egter op die toneel dood verklaar. Vyf ander is na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Sharmaine Sewshanker, DA-raadslid in Durban, het in ’n verklaring gesê ’n betonblad van die Noor-gebou het ineengestort.

“Met ons aankoms het ons gesien dat talle winkeleienaars en klante vasgekeer is toe die betonblad ineengestort het. Die hele betonblad het op ’n loopvlak geval wat deur voetgangers gebruik word,” het Sewshanker gesê.

“Hierdie voorval versterk die kwessie oor probleemgeboue in die stad. Ingenieurs het [vanoggend] een van die eienaars van die gebou ondervra. Die struktuur blyk verskeie defekte te hê en dit laat vrae ontstaan ​​oor hoe instandhouding en ondersoeke uitgevoer word,” het Sewshanker gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaco ·

as jy se bou reg en hou alles gereeld in stand, dan REEN die beskuldigings van rassisme en apartheid op jou neer. Ek het dit al baie beleef.

Tienie ·

Nou gaan iemand weer betaal.

Is die gebou nie alreeds onveilig verklaar nie en “you know who” steur hulle net nie daaraan nie.

Verbasend vir my lyk dit darm op die oog af dat die Krugerpark Geboue in Pretoria nie beset word nie.

netekalleen ·

Dis omdat daar ook te vinnig klaargemaak word met projekte. Want dan kan die geboue gouer help.geldmaak. gaan kyk biekie hoeveel gebou val inmekaar omdat die bou proses aangejaag word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.