11 dood ná ongeluk in KZN

Altesaam 11 mense het tydens die ongeluk noodlottige beserings opgedoen (Foto: Midlands EMS, Facebook)

Altesaam 11 mense het noodlottige beserings opgedoen nadat vier voertuie Saterdagaand op die R617 by Merrivale, KwaZulu-Natal, gebots het.

Volgens die Midlands EMS-ambulansdienste is paramedici omstreeks 21:35 na die toneel ontbied.

“Met paramedici se aankoms op die toneel, het hulle op die grusame ongelukstoneel afgekom wat tot 200 m oor die pad gestrek het,” sê die ambulansdienste in ’n verklaring.

Daar word beweer dat die bestuuder van ’n minibustaxi beheer verloor en teen die padversperring vasgery het, wat tot ’n tweede, afsonderlike ongeluk gelei het.

Volgens inligting was tien van die elf oorledenes insittendes van die minibustaxi.

Die omstandighede rakende die ongeluk word nog ondersoek.

Volgens Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, was daar ook ’n ernstige ongeluk op die N11 by Dundee in die provinsie, wat tot die dood van ses mense gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Swerwer ·

Wanneer gaan hierdie wonderlike regering van ons besef die “tears-on-wheels” moet van die paaie verwyder word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.