14-jarige tydens plaasaanval doodgeskiet

(Foto: Shutterstock)

ʼn 14-jarige seun is Saterdag tydens ʼn aanval op ʼn plaas in Bapsfontein, Gauteng, geskiet. Hy het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Llewellyn Hemmens, AfriForum se streekshoof vir veiligheid in die Noordstreek, sê rowers het die middag omstreeks 13:00 toegeslaan. “Vyf swaar gewapende mans het met twee voertuie, ʼn swart Mazda 3 met ʼn Mosambiekse nommerplaat en ʼn wit BMW 1-reeks, opgedaag. Hulle het van daar af in die huis inbeweeg.”

Die mans het op die 14-jarige seun in die huis afgekom en hom met ʼn vuurwapen geskiet.

“Werkers het gesê hulle het drie skote gehoor, maar dit is nog nie bekend hoeveel keer die seun geskiet is nie.”

Die seun was saam met sy ma in die huis. Sy is ongedeerd.

Die aanvallers het met ʼn paar selfone en ʼn tablet van die toneel weggejaag.

Hemmens sê die polisie het baie vinnig reageer.

“Die ma het met haar seun na die hospitaal gejaag. Hy het vermoedelik in die hospitaal aan sy wonde beswyk.”

Die seun se pa was by die werk. Hy het ʼn vragmotor bestuur en het gereël dat iemand die vragmotor by hom oorneem, sodat hy dadelik na die hospitaal kon gaan.

“Ek was vanoggend op die toneel,” voeg Hemmens by. Volgens hom was dit ʼn baie bloederige toneel.

“Dit is ʼn verskriklike traumatiese gebeurtenis vir die gesin en die nuus het die hele gemeenskap geruk. Ons het vir die gesin traumaberading aangebied.”

Maroela Media het navraag gedoen by die polisie en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Harley Davidson ·

Die plaas bewoners moet met die plaas aanvallers doen wat die polisie huidiglik met die transito rowers doen.

Bolandse Nooi ·

Nee, vir elke plaasmoord wat gepleeg word, of dit nou die plaasbewoner, plaaseienaar of plaaswerkers is wat vermoor word, moet daar in die naaste informele woonarea ingegaan word en dieselfde daar gedoen word. Vigilante-styl, want mens beveg vuur met vuur.

Wit Leeu ·

Liewe genade, dit is so hartseer. Alle sterkte aan die familie en bly aan die Here se voete in die moeilike tyd ! Ek hoop die aanvallers word gevang en mag die slegste hulle oorkom.

S ·

Hierdie ruk my tot in my binneste. Watse bedreiging was ‘n 12 jarige seun vir hulle? Hoekom hom skiet? Dit gaan oor meer as net roof. Dit is so ongelooflik hartseer. My hart gaan uit na hierdie seun se mamma, pappa en familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.