12 sterf toe voertuig teen pilaar bots

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Minstens 12 mense is dood nadat ʼn minibus-taxi Saterdagoggend kort ná 03:00 op die N1 tussen Touwsrivier en De Doorns in die Wes-Kaap teen ʼn betonpilaar gebots het.

Kenny Africa, woordvoerder van die Wes-Kaapse verkeersdienste, sê ses mans, drie vroue, twee seuns en een meisie het in die ongeluk gesterf. Die bestuurder van die taxi is ook dood.

Nog tien mense het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen. Een van die beseerdes is ʼn kind, terwyl die ander volwassenes is.

“Die reddingspersoneel is steeds aan’t werk op die toneel. Ons vra motoriste om nie daar stil te hou nie, maar liefs verby te ry. Ons probeer om so gou moontlik alles op te ruim,” sê Africa.

Die nasionale paaie sal na verwagting die naweek baie besig wees met talle motoriste wat die langpad aandurf op pad na hul onderskeie vakansiebestemmings. Die N3-tolkonsessie het teen 08:20 gesê daar is sowat 1 200 voertuie per uur by die Mooirivier-plaza deur, 1 670 voertuie per uur deur die Wilge-plaza en 1 660 voertuie per uur by die De Hoek-plaza.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Bernard Hellberg ·

Oorlaai, maar word nie afgetrek nie? Onthou om “spoed” die skuld te gee.?

Abe ·

Bernard Hellberg,
As 22 mense dood is in n botsing met n stilstaande voorwerp moes die spoed van die voertuig n belangrike rol gespeel het, of ten opsigte van die oorsaak van die botsing of/en ten opsigte van die erns (aantal sterftes) van die ongeluk. Ek stem saam dat oorbelading n belangrike bydraende faktor moes gewees het.

Johan ·

12 dood nog 10 beseer hoeveel was in die voertuig? Dit sê nie dat daar `n ander voertuig by betrokke was nie

Petro ·

Johan. Dit gee jou 22 in totaal wat in die bussie was, en dit se bussie het in n beton pilaar vasgery, dus dit beteken daar was nie ander voertuie betrokke nie. Of bestuurder het aan die slaap geraak as ek die tyd kyk..3uur vanoggend of hy het roekeloos bestuur.

Abe ·

Petro,
Ja, mens wonder of daar ooit in so’n geval waar die voertuig duidelik oorlaai was, deeglike ondersoek ingestel word en wat is die gevolglike optrede/reaksie plan van die verkeersoverhede. Bv. Word nagegaan wat is die beleid van die betrokke taxi maatskappy/eienaar tov. oorbelading. Die vraag moet moontlik gerig word aan Kenny Africa en sy ampsgenote in ander streke.

Stem ·

Lyk of daar 22 in die taxi was. Net hulle kan n taxi groter maak

Anita ·

Dit is n Qantum bussie wat net 15 sitplekke het so weereens was dit oorlaai soos in so baie gevalle

Helene Heyns ·

Dis net die passasiers……wat nog van al die bagasie?

zoom zoom ·

Ek voel jammer vir die families wat die ding moet verwerk. Wat ek aan hulle wir voorstel is sit eise in teen die betrokke taxi vakbond/unie. Dit is tyd dat die taxi eienaars opdok vir foute deur hullr en hulle druwers van die doodskiste.

Roos ·

Dis ‘n midi-bussie. Kan seker soveel vat. Dis tragies. Mense op pad huis toe vir Kersfees en kom nooit daar uit nie.
Arme families.

RHG ·

Daardie bussies kan 24 passasiers neem. Dit was nie oorlaai nie.
Ek bly my verstom aan kommentators se alewige negatiewe oordeel. Ons was nie daar nie. Dit is bitterlik tragies dat mense na hul jaar se werk, nie by die huis kon uit kom nie. Dink ook aan die mense wat so ‘n toneel moet opruim.

janneman ·

Die foto van die bussie op die ongelukstoneel is verseker nie n “24 sitplek midi bussie” nie. Ons het daardie pad 2 jaar in n ry in die nag gery, en die absolute minagting wat daardie taxis het vir padreels, skree ten hemele. Ons moes gemiddeld 5keer op elkeen van die 2 reise hard rem, op die skouer van die pad aftrek sodat die menere wat eenvoudig op enige plek verbysteek, veilig kon verby gaan. Verkeersbeamptes in die nag is skaars soos hoendertande, en slegs twee bekende kampeer plekke op die hele roete tot by Beaufort wes, die afdraai en ook oorlaai punt vir die Oos Kaap passasiers, word beman. Teen gemiddeld van 600 plus voertuie per uur kan hulle ook dus net soveel aftrek om na te gaan. Dis ongelukkig die realiteite van die N1.

Abe ·

RHG,
Dit is n feit dat baie mini bussies (taxi’s) wat in ongelukke betrokke raak gevaarlik oorlaai was. Kommentators het alle reg om krities te wees daaroor selfs al was hulle nie self daar nie. Hulle kry berigte daaroor en maak afleidings. Feit bly dat padongelukke n ernstige saak is en entiteite wat in n groot mate daarvoor verantwoordelik is, kan en moet veroordeel word daarvoor.

hendrik ·

RHG, kry jyself eerder jou feite agtermekaar voordat jy ander kommentare aanval. Was jy’ daar?

Abe ·

Die voertuig op die foto by hierdie berig is nie geregestreer vir 24 passasiers nie. Volgens my inligting was dit erg oorlaai.

Ria ·

Beste is hulle het gisteraand geprt van oorlaai en walla da weer n bewys vir wie werk die padreels net vir ons of vir taxi’s ok. Of is die bribe geld genoeg om deur te slip. Maak my so kwaad as reels net geld vir ander landsburgers.

RHG ·

Was jy daar Ria?
Stel jou voor almal slaap om 03:00 in die nag, die pad is dodelik reguit, dis nag, jy kan nie rondkyk na iets langs die pad nie, raak verstard van slaperigheid en die brug trek jou soos ‘n magneet…… dit kan gebeur. Die bestuurder het nie noodwendig iets “verkeerd” gedoen nie. Groot ongelukkige ongeluk.

Abe ·

RHG,
Dis glad nie nodig vir Ria om persoonlik by die ongeluk teenwoordig te gewees het om n opinie daaroor uit te spreek nie. Padsterftes is n ontsellende belangrike aangeleentheid en almal het die reg om krities daaroor te wees.

DogEkSeMaarOokNet ·

Ek wonder wie lees mis of kannie tel nie……
Information
Compare Toyota Quantum 2.5D-4D GL 14-seater bus Compare Toyota Quantum 2.7 GL 14-seater bus Compare Toyota Quantum 2.5D-4D GL 10-seater bus
passenger car passenger car passenger car
MPV MPV MPV
600584004 600584204 600583804
QUANTUM 2.5 D-4D 14 SEAT QUANTUM 2.7 14 SEAT QUANTUM 2.5 D-4D 10 SEAT

Abe ·

DogEkSeMarOkNet,
Dankie vir inligting. Mooi bymekaar saamgevat.
Gevolgtrekking: Bestuurder van die voertuig wat hierdie ongeluk veroorsaak het, het die voertuig oorlaai, het waarskynlik te vinnig gery, kon sy voertuig nie beheer nie, was miskien vaak/uitgeput, was (as ons aannames korrek is) verantwoordelik vir die dood van 12 mense en geweldig baie onkoste, kommer en verdriet van die beseerdes en familie. RHG reken die bestuurder het nie eintlik iets verkeerd gedoen nie.

Penellope Jones ·

Ai tog, 3-uur in die oggend is maar ‘n moeilike tyd om te bestuur.
Jammer om te lees van al die mense wat hul lewens verloor het.
Hulle was dalk ook oppad huistoe na kinders en familie toe.

Johann van Cullinan ·

Ja. Ek dra nie haat nie. Daar is onskuldige mense in die bussie gewees, veral die kinders. Moegheid kon ‘n rol gespeel het.

Ekke ·

Diie arme ma het dalk agter die stuur aan die slaap geraak. Dit was 3 uur. Diep slaap tyd. Innige simpatie aan al hierdie mense se naasbestaandes.

Boet Fasie ·

Het nou die dag met my eie oe gesien dat drank vloei in ‘n minibus taxi en die bestuur hom ook skuldig maak aan die gebruik van drank terwyl die taxi besig is om brandstof in te gooi – so wat verwag mens , ongelukkig is daar altyd ander onskuldige mense en kinders wat ook sterf weens die misbruik van drank.

Muffin ·

22 mense in die taxi. Wat nog van al die bagasie. Oorlaai en kan nie beheer oor so voertuig hou nie.

Melanie ·

Ons hoor gedurig van ‘n taxi teen ‘n bus, ‘n kar, ‘n ander taxi, ‘n boom, ‘n gat, ‘n beton muur, ens. Die keer was dit ‘n pilaar. Daardie bestuurders neem hulle passasiers se geld en of hulle by hul bestemming uitkom of nie, pla die bestuurder nie, solank hy self nie iets oorkom nie. Ek bly sover moontlik weg van taxi’s af.

Tokkolos ·

Presies soos my hart is
Net soos n taxi
Altyd plek vir nog 1
Nalatig nalatig nalatig

Gert van Wierdapark ·

Een van ons land se grootste probleme begin op die paaie. In voorstedelike gebiede ry 2 tot 3 padvarke gemiddeld oor rooi ligte. Jy neem jou lewe in jou hande as jy by n verkeerslig wil reg draai met
n verkeerslig op oranje/rooi, want “robotte word gespring/jumping red robots. Hier in Wierdapark in Centurion is die hoek van Willem Bothalaan en Ruimteweg asook R101 en Hendrik Verwoerd twee groot knelpunte, maar spietkops kruip agter bushaltes weg om ouens wat geen gevaar inhou by 3 rigting stopstrate te “vang” nie want hul het kwotas om vol te maak. Ek praat nie noodwendug van taxis nie, maar in die algemeen geld spoedgrense, sperstrepe en verkeersligte nie vir baie padgebruikers/padvarke nie. Die jaarlikse Desember fanfare van wetstoepassing op paaie help dalk n bietjie, maar dit moet deurlopend toegepas word!

RHG ·

Verskoning vir my wan-inligting dat die voertuig 24 passasiers neem. Ek neem kennis. Bussie was oorlaai.
Verskoning Abe dat ek jou hewig ontstel het. My woorde was, dat die bestuurder nie “noodwendig” iets verkeerd gedoen het nie, bv. te vinnig of roekeloos bestuur het nie, maar dat vermoeienis moontlik die botsing tot gevolg gehad het.
Dit bly my ontstel dat sommige kommentators hul eie gevolgtrekkings maak en mense veroordeel en verdoem sonder klinkklare bewyse.
Ek sien maar altyd die ander kant van ‘n saak ook.

Abe ·

RHG,
Ek en jy stry daaroor, reg of verkeerd. Wat my eindeloos ontstel is dat daar niks gedoen word om die situasie te verbeter nie. Taxi’s bly ontstellend hoogs effektiewe massamoordinstrumente en niemand doen iets om eers te probeer om die skuldiges – en daar is mense wat skuld daaraan het- aan die man te bring nie. Dit word sommer net aanvaar: Paaie, Taxi’s, Vakansiedae, Spoed, Drank, Dwelms, Korrupsie,Traak -my-nie-agtigheid, en wie weet wat ookal is alles daar om mense uit te wis en ons kan en wil niks daaraan doen om dit te stop nie.

Abe ·

“Ons probeer so gou as moontlik alles op te ruim” se Kenny Africa…. Daar is 12 mense in een ongeluk gedood, nog 10 beseer. 17 mense in die provinsie en al wat hy kan se is hulle sal so gou moontlik die gemors opruim. Wat moet ‘n mens aflei van hoeveel hy omgee oor die mense wat die lewe gelaat het en hulle geliefdes se gevoelens en hoeveel hy omgee vir die beseerdes en verminktes en hulle naastes. GAAN HY IETS DOEN AAN DIE SKREIENDE SLAGTING VAN MENSE OP DIE PAAIE?

Louwrens ·

Jammer om te sê , maar die taxi jaag soos die wind en roekeloos jaag oor geel strepe sypadjies verkeerde lane ens.

Boet ·

Ek verbaas my dat daar nie meer van hierdie ongelukke voorkom nie.Hierdie drywers is roekeloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.