12 toetsbeamptes in die hof oor bedrog

Twaalf beamptes wat in hegtenis geneem is met vervalste voertuiglisensies en rybewyse, sal Maandag in twee provinsies in die hof verskyn ná hulle die naweek agter tralies deurgebring het.

Die verdagtes is Vrydag in KwaZulu-Natal en Limpopo in hegtenis geneem op bewerings van bedrog en die oortreding van die Nasionale Padverkeerswet. Sewe van die verdagtes is van Limpopo en vyf van KwaZulu-Natal, het Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), gesê.

Die inhegtenisnemings volg ná klopjagte by verskeie privaat toetssentrums en ʼn leerlinglisensieowerheid by die RTMC se nasionale teen-korrupsie-eenheid vir verkeer, in samewerking met die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), die spesiale ondersoekeenheid (SOE) en die KwaZulu-Natalse eenheid vir vervoer- en verkeersondersoeke.

Bewerings teen die verdagtes in Limpopo, insluitend eksaminators en datainvorderaars, sluit in dat hulle padwaardigheidsertifikate uitgereik het vir voertuie wat nooit fisies ondersoek is nie. Die verdagtes sal na verwagting in die landdroshowe in Musina en Thohoyandou verskyn.

Vyf verdagtes wat in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is, sal in die Durbanse handelsmisdaadhof verskyn. Dit sluit vier eksaminatore van leerlinglisensiesentrums in Underberg en ʼn bestuurder, wat voorheen by ʼn ander leerlinglisensiesentrum in Howick werksaam was, in.

“Die verdagtes het na bewering deelgeneem aan onwettige aktiwiteite deur aansoekers te help om hul leerlinglisensies te bekom. Daar is beslag gelê op verskeie dokumente in Underberg en dit sal deel vorm van verdere ondersoeke,” het Zwane bygevoeg.

Enige korrupte aktiwiteite kan aangemeld word by 0861 400 800 of [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dominique Kotze ·

Daars die antwoord van padsterftes…… Hoeveel lisensies word gekoop???? Bitter min mense ken padreëls en kom dit na!!

Abe ·

Dit is geen wonder dat daar so baie ongelukke op die paaie is nie. In groot gedeeltes van die land is daar geen beheer oor die uitreiking van lisensies nie en ook nie oor die padwaardigheid van voertuie nie.

thelsa ·

Elke man het sy prys – vanaf ‘n bottel brandewyn tot etlike duisende rande.

+. ·

Omkoop het beslis iets met IK en Integriteit te doen. Ons sien dit mos voor ons oe afspeel.

lewies ·

As hulle skuldig is aan hierdie oortreding moet die vonnis niks meer of minder as MEDEPLIGTIG AAN MOORD wees nie. Maar as ‘n mens nie die beginsel, DIEFSTAL van grond sonder vergoeding kan insien nie, het ek nie veel hoop vir eersgenoemde nie.

Piet Pompies ·

Ek het my bestuur lisensie op 17 Aug 2018 hernu, was vanoggend weereens by die lisensie kantoor in Witrivier, nog nie beskikbaar.
Dan het ek ook sommer twee voertuie se lisensies hernu, ter opsomming, die diens is uiters swak. Besigheids ure is vanaf 07h30, die deure is eers 07h55 oopgemaak, by die toonbank was al die werkers eers besig om aan te kom, nog nie beman. Die vrou wat die lisensie hernu is besig om my te help, terselfde tyd ook besig om ‘n gesprek te voer met iemand wat ek nie kan sien.
Maar daar is tyd vir bedrog…… daar is nie tyd om die earlike persoon te help…….

Theresa B ·

Dan is hulle verbaas oor al die noodlottige ongelukke op die pad……………………………….

Sparkplug ·

Het ons enige iets meer as dit verwag, ons weet mos hoe dit gaan in die staadsdiens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.