13-jarige neem haar lewe ná WhatsApp-boodskappe

Argieffoto ter illustrasie/Pixabay

ʼn 13-jarige meisie van Pretoria-Noord het haar eie lewe geneem nadat sy glo op WhatsApp geboelie is.

Volgens Colleen Strauss, uitvoerende hoof van die Sinoville Krisissentrum, is die meisie gespot oor ʼn foto wat op WhatsApp versprei is. Die meisie was erg getraumatiseerd weens die geboelie, het Strauss gesê.

“Sy het met haar onderwysers gepraat om hulp te kry en het ook haar skoolmaats gerapporteer. Die meisie was bang om skool toe te gaan en haar ma het die skoolhoof gaan sien om haar kommer oor die situasie te kenne te gee.”

Strauss het gesê die ma het by hulle huis op haar dogter se lyk afgekom. Beraders van die Sinoville Krisissentrum is onmiddellik na die skool ontbied om leerders, onderwysers en ouers by te staan. Die provinsiale departement van onderwys verleen ook bystand.

“Hierdie hartverskeurende voorval is ʼn wekroep vir almal wat met kinders werk. Kinders ervaar emosies soveel erger en kan baie impulsief wees. Hulle het nie noodwendig die kennis om op die ingewing van die oomblik te besef dat alles môre weer oukei sal wees nie.”

Strauss het gewaarsku dat kinders wat beweer hulle word geboelie nooit geïgnoreer moet word nie. Hulle moet na ʼn volwassene verwys word wat hul kan help om die situasie te hanteer of wat teen die boelies kan optree. “Hierdie voorval kon voorkom geword het. Daar is altyd hulp. Selfdood is nie die oplossing nie.”

Volgens Strauss is boeliegedrag en sarkastiese aanmerkings algemeen onder kinders van alle ouderdomme in skole en is boeliegedrag nie net beperk tot fisieke geweld nie.

“Tipiese boeliegedrag is wanneer meisies skinderstories of ʼn valse gerug versprei oor ʼn vriendin in hulle groep. Dit is ook nie ongewoon vir meisies om seuns te teiken nie. Kinders wat saggeaard en skaam is, word veral geteiken.”

Navorsing dui daarop dat meisies in gr. 4 en gr. 5 met boeliegedrag begin en dat dit weer tydens puberteit, in gr.8 en gr. 9, kop uitsteek, aldus Strauss.

Volgens Strauss moet ouers op die uitkyk wees vir waarskuwingstekens soos ʼn verandering in eet- en slaapgewoontes, hoofpyne of maagprobleme, irritasie, buierigheid en ontrekking aan daaglikse aktiwiteite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

251 Kommentare

JJ ·

Tyd dat ons sulke boelies ook vasvat en verantwoordelik hou vir dié se selfmoord. Daai kinders wat betrokke was, moet geen bystand ontvang nie, kry bietjie julle eie medisyne.

lee ·

Ek stem 100% saam met jou JJ. ‘n Kind het haar lewe geneem as gevolg van idiote.

Hanna ·

Stem saam nou word daar berading aan die skuldiges gegee. Waar was die krisessentrum toe die kind berading nodig gehad het ?

Deone ·

Dink jy nie hulle moet juis bygestaan word sodat hulle by kundiges kan leer om dit nie weer te doen nie? Hierdie kan ‘n omdraaipunt vir so ‘n boelie wees of hy kan voortgaan met dit wat hy verkeerd gedoen het en dit weer aan die volgende kind doen. So ‘n boelie gaan vir die res van sy lewe met die wete moet loop dat hy/sy as kind iemand gedryf het tot selfmoord. Dit is ‘n verskriklike straf dink ek vir ‘n kind en hopelik kan so ‘n boelie, met hulp van ‘n kundige, leer om dit nie weer te doen nie.

MM ·

Swak van almal by die skool wat nie na haar seer geluister het nie!! Skaam julle! Dat haar ma die hoof ook gaan sien het & die ook niks daaraan gedoen het nie!!
Pop, jou hele lewe het nog voor jou gelê.

Maggi ·

My hart is bitter seer vir die mamma en terselfde tyd is ek so die hel in!! Onderwysers moes ingegryp het voor selfmoord enigsins die laaste uitweg was vir hierdie kind. Die arme kind moes swaar onder die boelies deurgeloop het :-( Boelies… dis julle skuld, julle is die individue wat uit die samelewing gehou moet word, eenkant by ander boelies soos julle, waar almal julle gesigte kan sien en julle mekaar heeldag kan boelie!! *Berading vir boelies?!! Wat?!! Mamma en pappa van boelies… leer jou kind van waardes, respek vir jou medemens, om nie neer te kyk om ander nie en om ander eerder ondersteun as af te breek, dis nie ‘n omdraaipunt nie, dis ‘n “dan sal hierdie goed nie gebeur nie” punt.

Narisha ·

Hulle het mos n wet ingebring dat ouers van boelies beboet gaan word. Dis is die straf wat nou aan die betrokke kinders gegee moet word. Die parlement moet ook ingryp en die boelies swaar straf, gemeenskapsdiens in die strate, papiere optel, grassny, publieke badkamers skoonmaak…. die is die hoeveelste onskuldige kind wat selfmoord pleeg en sover is daar geen voorbeeld van enige boelies gemaak nie.

En wat die skole en onderwysers vergeet, die geheim is juis om nie aan die boelies die victim se naam bekend te maak nie, want daarna raak dit erger vir die victim. Die onderwysers is nie daar wanneer n victim na skool alleen huis toe stap of so nie, wie beskerm hierdie kinders dan?

En die ouers van boelies moet opdok aan daai kind se begrafniskostes ook, dalk leer die ouers hulle kinders maniere en om in liefde saam te leef!!!

Elize ·

Dis absoluut bizarre!!!! 13 jariges moet Nog speel, gelukkig wees en kind wees, dis so jammer dat die bullies aangehou het, kyk nou!!!!! My hart is Baie seer hieroor xxx RIV Pop, Baie sterkte aan haar mense

MissDemeanor ·

JJ, die bystand wat die boelies kry sal gewis nie hul gewetens sus nie. Bystand is wel belangrik, sodat hul nie weer dit aan ander kinders doen nie.

Joe ·

As die kind/ouers by ‘n onderwyser gekla het en niks daaraan gedoen is nie, voel ek die onderwyser moet betrek word by die ondersoek. Te veel onderwysers (nie almal nie) draai hulle rug op sulke aanklagtes.

Isabel ·

My dogter was ok baie geboelie op Laerskool. Het meermale met onderwysers gepraat en skoolhoof. Daar word net gese ons sal daarna kyk en dan word niks verder daaraan gedoen nie. Elke keer as ek sou se ek sal die skool gaan sien het sy net geantwoord. Dit help nie mamma want hul doen niks dit maak dit net erger. Die skole moet begin boelies vasvat want hul sien hul kom weg met hul gedrag.

Miem ·

Ek dink nie die boelies besef watse impak hul het nie. Die probleem kom van die huis af. As die ouers nie ‘n kind leer om ander te respekteer nie, sal die geboeliery nie ophou. ‘n kind wat boelie, het meeste kere ‘n onseker kind wat homself wil laat beter voel oor homself, en dan ander kinders boelie. My hart gaan uit na die meisie se gesin.

Sunet ·

Deonne… jy stem dat die SKULDIGE berading moet kry???? Gelukkig mag ek nie hier vloek nie. Berading NA hulle basies skuldig is aan moord???? My seun was v jare en jare geboelie. Ons het gekla en gemoan en was onderwysdepartement toe NILS WOTD DAARAAN GEDOEN NIE. Laat daai kind maar gestaf word en vd res v sy lewe daarmee saamlewe. Kinders moet van vroeg af geleer word om verantwoording te vat vir hulle aksies. Kla hom aan, kla sy ouers aan, dagvaar die skool, gaan MAL want sulke dinge is besig om handuit te ruk.

AmY ·

Ek stem JJ.
Dis tyd dat boelies ernstig vas gevat word, en verantwoording doen.
Nou gaan die boelies ook berading kry.
Ek hoop die ma/kind het skermskote van alles, sodat die skuldiges aan die pen kan ry.

adri ·

Ek stem saam hulle moet aangekla word vir daai kind se dood. Hulle kan mos op whatsapp sien wie dit was

Madelein Koortz ·

Ek stem GLAD nie saam nie! For Pete’s sake hulle is 13 en ek is doodseker dat hierdie kinders ook nie 100% besef het wat die gevolgtrekking van hul gedrag sal wees nie! Blameer ouers, onderwysers en die samelewing hiervoor. Hierdie klein kinders, pas tieners gaan BAIE berading hierna benodig om niè dieselfde pad te stap nie!

Vinkie ·

Baie goed gestel JJ, Hulle moet nie die skuldiges berading gee nie n onskuldige lewe is klaar geneem.

Cornelia ·

My klein kind word net so geboelie by die skool. Hy is nou weer gedrieg dat die kind sy keelgaan afsny. Laas jaar was hy ook geboelie dat hy te bang was vir skool. Was al by die hoof. Hy se hy sal iets doen maar niks word gedoen nie.

Anoniem ·

Om die boelies te ontneem van emosionele bystand gaan hulle nog verder in die verderf dryf. Ondersteun hulle wel emosioneel, maar gebruik die geleentheid om hulle hieruit te leer en op te voed.

Anoniem ·

JJ. Ek stem saam. Die boelies moet ook sommer geskors word uit die skool en geen emosionele bystand kry nie. Ek ken niemand wat as grootmens die emosionele gevolge dra van die boelie wees nie, hulle is gewoonlik ook boelies in die werkplek en word groot om net verder te intimideer en manipuleer. Nie vir een oomblik sal hulle sleg of skuldig voel oor die meisie se selfmoord nie.

Net 'n onnie ·

Sjoe as baie van julle maar weet wat onderwysers elke dag moet hanteer…. soveel ouers wat blatante boelies is en dan word die onnies en hoof uit mekaar geskeur. Is dit nie tyd dat ouers hulke primere verantwoordelikheid wat opvoeding v hul eie kinders is begin doen nie, en ophou om onderwysers die swart skape te maak??? Ek is vas oortuig dat elke goeie onnie sy of haar bes doen om kinders te help maar self al so geboelie is. Maklik om als die skool se probleem te maak maar WAAR is die kinders se ouers??? Wie sit selfone in kinders se hande waarop hulle kan boelie? Ouers of onnies? Ek daag enige 1 om net 1 dag in die onderwys van vandag te kom staan…. ons is onderwysers NIE sielkundiges nie!!! Nie te min baie baie hartseer ding wat gebeur het en mag almal van ons weer wakker geskud word hierdeur en gaan kyk na “the one in the mirror” om ‘n verskil te maak.

Skokkend ·

Dit is bitter hartseer en my innige simpatie aan die meisie se ouers en naasbestaandes. Maar moet julle nie blindstaar teen ‘n geskinder en boelie onder meisies nie, dit is ewe erg onder die seuns.

Jane ·

En so aanvaar NIEMAND verantwoordelikheid daarvoor nie. EK het al hoeveel dokumentere gesien oor hierdie soort boelies, en die ouers gee nie ‘n duit om as hulle dogtertjies of seuntjies iemand anders so slegse en verneder en spot nie .. Die skool doen niks, die ouers doen niks, die kind en ouers word geteister tot die kind selfmoord pleeg dan is almal gelukkig en gaan aan met hulle lewens. .. SO JAMMER OOR JULLE GROOT VERLIES, weet net dit is nie haar skuld nie, sy wou net wegkom van die PYN af.

Lana ·

Ek stem 100% saam met jou…hoeveel wys die kind tekens …moenie vir my se onderwysers kom niks agter nie… hoeveel keer gaan kla ons as ouers van die kinders wat geboelie word maar dan moet ons en ons kind wat geboelie word eers hierdie en hierdie prosudure volg en daai procedure volg…en op die ou einde kom die boelie weg daarmee…want net soos ‘n vrou wat mishandel word of kind…wil die boelie nie deur die drama gaan (procedure) saam met die boelie /s nie en dit vir so lang tydperk voor dit afgehandel is, by dit vra al die ander kinders vra…op die ou einde kry die boelie die aandag wat hy/shy wil he want hy/sy is onder die spot lig maar die kind wat geboelie word se hele skool lewe word verder om ver gegooi…ek verstaan nie die stelsel nie. En dit is of die proses volg …of…Nee iets moet gedoen word aan Boelies en boelies se ouers.

ook geboelie ·

ons het na baie geboelie, van n jaar en n kwartaal die kind uit die betrokke skool gehaal en in Pierneef laerskool gesit, zero tolerance vir boelie in Pierneef, duisende rande nou vir terapie en toe hy geboelie is, duisende rande vir mediese onkostes, oor en oor by skool gewees, vir n dag sonder boelie, dan weer ou storie en skool se hulle weet nie waar kom al die beserings vandaan nie? tot in sy klas geboelie met onderwyseres wat haar vingers in haar ore druk as die kinders by haar gaan hulp soek en kla? my raad: vat n kind ONMIDDELLIK uit daardie skool uit, ONMIDDELLIK, ons is baie baie spyt dat ons dit so lank gelos het en na skool se beloftes geluister het, soveel skade aangerig.

T ·

Jane. Jy praat s’n.Ek stem met jou insette saam. Die skrif is aan die Muur.

Martie ·

Dit is baie hartseer. Ek verstaan mense se opmerkings oor boelies MAAR jy sal amper 100% van die tyd vind dat die boelie self baie sielkundige/emosionele /fisiologiese stres het en die boelie optrede is sy uitlaatklep. Daar moet in alle gevalle onmiddellik aandag gegee raak aan die slagoffer wat geboelie raak asook die een wat dit uitdeel

Anoniem ·

Martie, jy is nie verkeerd nie.

My ondervinding is egter die skool doen bitter min vir/aan boelies, en absoluut niks vir die kind wat geboelie is/word, ten spyte van boelie-beleid wat “in plek” is. Dis die ouers wat op eie stoom hulp kry vir die kind wat geboelie is.

Sê maar net 1 ·

Nou wat moet onderwysers doen? Almal van jul wat sê die ondeerwyser die onderwyser? Wat stel jul voor?
Die onderwysers kan die ouers van beide partye inroep en dis al meer as dit is die ‘juffrou pik op my kind. Die juffrou is ‘n rassis. Die juffrou rand die kind aan.’
Ek was onderwyser – en ja menigte gevegte gestop selfs al was dit soms gevaarlik..
Dit begin by die ouerhuis. Die ouers stel die voorbeeld en is verantwoordelik vir jou kind/ers se opvoeding of emosionele welstand. Kry jou kind by sielkundige as ‘n pakslae nie help as hy ‘n boelie is nie.
Maar nee sommige ouers moedig hul bloedjies aan en daarvan kan ek ook getuig.

Ruan ·

Ek stem en die wat vertel is en terug gesit het en niks aan die saak gedoen het nie moet deel van die blameering dra.

Net my opinie.

Elmarie ·

Ek stem saam met jou. Hulle kon vinnig beraders vir die skool se onderwysers en kinders kry na die dogter selfmoord gepleeg het. Hoekom het hulle nie so vinnig opgetree toe sy om hulp gevra het nie? So jammer vir haar familie wat deur die trauma moet werk.

Anoniem ·

Ja dit is waar dat die onderwysers, hoof en beheerliggaam kennis dra van boelies, maar omdat die “boelie” in 1e span netbal ofrugby span is en n sleutelspeler van die span is moet die ouers maar die kind wat geboelie word verwyder, want dan is die beeldmateriaal kamtig nie beskikbaar nie want die kamaras werk nie, of kind is die uitlokkende een, maar die kind kom met dieblou oog of gekneusde arm merke tuis…wil jy n aanranding of boelie saak by polisie ope , word jy vertel jou kind is te jonk om n klag te le….so ja, sekere “polisies” in plek maar dit regtig net n rookskerm, en kinders word nie beskerm nie…en dan sal onderwysers nog kind teiken om hom te kry om moed om te gee en liewers die skool te verlaat…so die probleem word nooit opgelos nie…

Onderwyser ·

Dis maklik om dié skool en onderwysers te blameer. Julle het geen idee hoe moeilik dit as onderwyser is om te sien hoe dinge gebeur en jou hande is afgekap nie omdat dié wet eerder boelies beskerm as ander leerders. Ons sou graag iets wou doen aan al dié boeilies maar daar is amper niks wat mens kan doen nie. Detensie en na dit gaan dié kind net weer voort… en meeste van dié tyd kan mens nie eers dié boelie se ouers in dié hande kry om in te kom nie en hulle weet dit…

Erikat ·

So ongevoelig as wat dit mag klink voel dit tog ook vir my die boelies moet verantwoordelik gehou word. Erens moet dit stop. Ouers moet ook kyk na hulle kinders se gedrag of hulle boelies is of nie. Vra jou kind uit oor hulle dag. Wees bewus van waarmee jou kind en maaitjies besig is. Dit is die eerste begin punt om boelie gedrag te stop. In jou eie huis.

Janett de Beer ·

Ek stem 100% saam, laat die boelies verantwoordelikheid vat vir hulle dade. Dis mos lekker om saam te lag en spot. Mag die ouers baie styf vas gehou word en berusting kry.

Rina Kotze ·

Boelies moet begin verantwoordelikheid vat vir hul dade! Dit is nonsens dat hulle moet wegkom met moord!!

Daar word heeltyd genoem dat onderwysers niks kan doen nie. Hoekom nie???
Wil hulle nie, want dalk ken hulle die boelie se ouers??? Hoekom kan hulle nie so ‘n kind probeer beskerm nie?
Ek vra net?

Daar is al reeds sulke ernorme druk van ouers, skool en samelewing op jong kinders, hulle het wraggies nie nog druk van boelies ook nodig nie!

Maar hoekom eers die ondersteuning daarstel nadat die meisie onnodig haar eie lewe geneem het? Hoekom het niemand haar dadelik gehelp toe sy hulp gevra het nie??

Sterkte aan die meisie se ouers, gesin en naaste familie en vriende. Dit is nou so onnodig!

LINDA ·

ek bid dat Jesus hierdie ouer(s) baie baie styf sal vashou, dit is verskriklik!
geen pil of wraak sal ooit die kind kan terug bring en op die einde gaan daar
ook niks gebeur met die kinders betrokke.
Mag Jesus haar styf vas hou, kuier lekker daar waar jy nie elke dag hoef te “fight” soos ons hier onder moet doen.
RIV mooiding

AI AI AI ·

Ek dink nie ons as ouers besef altyd hoe ‘n groot probleem dit is nie! En dit is MEESTE van die tyd daai “oulike, talentvolle, slim”kinders – van die geen onderwyser of ouer iets verkeerd kan glo – wie skuldig is. En die goed waarmee hulle uitkom? Ek blameer die ouers 100%, want hulle sien niks verkeerd in hulle kinders nie – dit is dan so “Cute”as ‘n klein dogtertjie bitsig is met haar mond op 3 jaar – maar dit word een groot probleem. My dogter is self vir baie jare geboelie, en elke keer as ek gaan praat is dit onder die mat gevee en daar het niks van gekom nie. Want die skuldiges se pappa is op die beheerliggaam, of ‘n onderwyser by die skool ens. ens.
Baie sterkte aan die ouers – daar is SIEK mense daarbuite!!!

ANA ·

GOEIE IDEE…WAT JY HIER BEETHET genoeg is genoeg…??
Stem saam die boelies en bit… moet OOK gestraf word

welma ·

Kinders is die wreedste goed op 2 bene. wens net hulle oe kan vir n slag oop gaan, en sien wat hulle einlik aan ander kinders doen.

Mads ·

My seun in Graad 4 was ook nou die dag deur 6 kinders vas gedruk en geslaan en skop. Ek het n foto geneem van sy been wat vol snye was.
Ek het die hoof gaan sien en die Disiplinere mnr het gese al 6 die kinders sal n waarskuwing kry.
Die Saterdagaand vra my seun vir sy pa kan mens jou senuwee stelsel uithaal dat jy nie voel as kinders jou seer maak nie.

Dis ook n skool in Pretoria Noord.

Ek voel jammer vir die meisie. En veral haar ouers. En ek wens daar kan meer opgetree word teen flippen boelies!!!!!

Rus sag liewe meisie.

Martie ·

Mads, stuur jou kind Vissershoek toe. Selfde probleem gehad met skole in Noord. Sukkel nou glad nie.

Sterkte.

LH ·

Ek weier volstrek dat my kind lei onder ander se onopgevoede broeisels! Ek het ons skoolhoof gaan sien en het hulle voor ‘n keuse gestel, OF julle help my, OF die Onderwys department help my!
Daar is onmiddelik aandag gegee en my kind is tot vandag nie weer geboelie nie! Ek is SO jammer vir jou kind Mads. . . . Beskerm jou kind, jy is AL een wat dit kan doen!

B ·

My seun nou gr.4 was in gr.3 vir meer as 6 maande geboelie. Ons kon niks uit gerig kry by die skool nie. Enigste opsie was om van skool te verander. Die een trauma op die ander vir my kind was dit baie moeilik in die nuwe skool aan te pas. Die hele familie lei daaronder en op die einde van die dag gaan die boelie maar aan en verwoes verder lewens.

Ekke ·

Kla asb. Die Boelies aan vir Moord. Stuur al wat n Boelie is na n verbetering skool. ,ASB.

Elize ·

Ek stem saam jou ekke. Daardie kinders moet verantwoordelik gehou word. Hoop net daar is bewyse van die boodskappe wat so versprei is

Patrys ·

Dis ‘n baie groot probleem in ons samelewing. Ouers moet oplet hoe daar voor kinders gepraat word en kinders moet gelei word om ordentlik en met respek teenoor ander op te tree. Ons het nie meer respek vir mekaar nie en dit spoel oor na ons kinders, hulle gedrag teenoor ander kinders weerspieel weer daardie optrede. Ons moet die voorbeeld stel want hierdie is seker een van die hartseerste goed om te lees. So onnodig……Sterkte aan jou mamma

Myslimste ·

Ai Ai Ai ek stem nie saam nie. Baie keer is dit die slim, talentvolle, oulike kinders wat geboelie word.

nannie ·

Stem nie saam met jou nie. Party keer is dit die slimste, mooiste, talentvolste, goed gemanierde, rykste kinders wat die grootste boelies is. Want met hulle sal niks gebeur nie want “ons kan nie glo dat hy / sy dit doen nie”. Daar kom niks van nie want die onderwysers / ouers dink jy jok vir hulle.

Jacoba ·

Ek stem saam met jou nannie. My seun was ook ongenadiglik geboelie. Ek het daardie boelies self gegryp. Hulle het hul allies afgeskrik. Dit was die laaste boeliery

Carin ·

Ek sal nie staan vir enige aard van BOELIE nie…. My kind sal NIE n syfer word nie. Dis tyd dat skole ingryp en die BOELIE epidemie aanspreek. Eks moeg vir skole wat niks omtrent dit doen nie. Volgens Parents 24 word kinders vanaf ouderdom 11 tot 18 verantwoordelik gehou vir hul uitlatings.. Hoe dit ookal sy. Jy mag n saak gaan maak by polisie stasie as die skool niks omtrent dit wil doen nie. Ouers dis ons plig om ons kinders se ‘ back’ te he.

Sê maar net 1 ·

Nou doen iets daaraan! Gaan oueraande toe reël afspraak met beheerliggaam en ouers. Maak ‘n plan. Moenie skree die onderwysers moet dit en dat. Want hul het nie die mag om dit meer te doen nie.
Meld dit by saps aan. Huk mag nie weier nie. Gaan sien die ouers.

Juffrou ·

As die skool se dissiplinere komitee nie effektief is nie (plattelandse no-fee skole sukkel om komitees saam te stel want niemand is beskikbaar nie/daag op by vergadering nie of tree nie konsekwent op nie) is die res van die skool se hande afgekap. Jy rapporteer dit, vul vorm op vorm in volgens die abuse no more protokol, plaas druk op n maatskaplike werker wat een keer n week by die skool uitkom omdat hulle drie of vier skole moet hanteer, skryf dit in die skool se insidente boek en konfronteer die boelie en probeer straf. Nes jy dink dis uitgesorteer draai die saak om en boelie se ouers is by die departement/die staat trek die saak terug/die dissiplinere komitee straf die kind nie voldoende nie/iemand skree die boelie se regte is geskend en jy staan hande in die hare en toekyk hoe die boelie soos die koning se kat rondloop. Al die verkeerde mense kry deesdae regte want niemand vat verantwoordelikheid daarmee saam nie.

Gatvol ·

Dink die ouers van die boelies moet saam met hulle kinders gaan vir berading. Sommige ouers dink ander kinders oorreageer en hulle kinders staan net vir hulself op…

Eben ·

Wat het die onderwysers en skoolhoof gedoen rakend die probleem? Verseker NIKS en die BOELIES hoe voel hulle nou … tevrede met hulself, en hul ouers?

NNNN ·

NEEEEE Eben hulle kry berading om beter boelies te wees of wat sal ek nie weet nie???
Berading vining maar daai kind is ignore

Magda ·

Daai hele skool sal ek persoonlik afstand as dit MY kind was .. sy het hulp gevra en is geigroneer… siek onderwysers ..skoolhoof en kinders

LS ·

Dit is so verskriklik hartseer, maar maak my terselfde tyd BAIE KWAAD !!! Hoe kan kinders ander kinders so boelie dat dit kan lei tot iets so ERG ??? My hart gaan uit na haar ouers en familie en vriende, STERKTE vir julle almal, my gebede is met julle, mag ons Liewe Vader julle hande styf vashou in hierdie VREESLIKE MOEILIE TYD!!!

Sarel ·

Die boelie probleem le by die ouers van die boelies. Swak opvoeding en swak ouer huise waar boelies ontstaan. Straf die ouers saam met hulle boelie kinders

Derick ·

Ai nou wonder ek hoe voel die kinders wat so lelik was met haar? Ek hoop hulle het n les geleer.
Sterkte aan die familie.

Carien ·

Dis regtig jammer dat niemand by die skool luister en iets doen omtrent omtrent die boelies nie. My kleinseun was in ‘n vorige skool ook erg geboelie waar ‘n ander mamma gesien het hoe die groter seuns hom wurg. Sy het die juffrou gaan sê daarvan, waarna die juff net haar skouers opgetrek het en gesê wat moet sy nou daaromtrent doen. Op die einde van die dag is my kleinseun met outisme gediagnoseer en in ‘n beter skool geplaas. Soveel kinder kies die dood omdat daar vir hulle voel dat niemand help nie…tragies

Marlize ·

Hoekom word ondersteuning na skool gestuur onmiddellik na die kind selfmoord gepleeg het, daar is niks gedoen toe sy gesmeek het vir hulp nie, nou spring almal.. dis nou te laat. Hoekom moet die kinders nou hulp kry? ek stem dat die boelies aan gekla moet word. Hulle het mos haar dood veroorsaak.

Boelie gekant ·

Ek stem saam. Boelies moet sien waartoe hulle dade kan lei. Hulle moet verantwoordelik gehou word vir hulle optrede. Ons kind was geboelie vir oor ‘n jaar en die skool het ons gedreig nadat ons gaan kla het en die boelie geloof en geprys. Ons het eerste met die ouers probeer om die situasie op te los met geen sukses. Raadop is ons skool toe omdat dit tydens skooltyd plaasgevind het elke keer. Dit was ‘n moeilike en lang pad om daardeur te kom, veral sonder ‘n skool se ondersteuning. Ons moes self ons kind “coach” om die scenario te oorwin. Vandag help ons kind ander kinders om deur ‘n geboeliery te werk. Geen boelie moet wegkom met “moord” nie en nou soos dit vir my klink word die boelies bygestaan? Waar was die bystand vir die arme kind wat geboelie was! Dis onaanvaarbaar.

Anoniem ·

Boelie gekant – daar is riglyne wat gevolg MOET word wanneer boelie by die skool plaasvind en die hoof en personeel MOET dit gehoorsaam, want as hul weier en jy nader ‘n prokureur om die kwessie van nie-optrede van hul kant af met hul op te neem, kan hierdie skool gevolge in die gesig staar. ‘n Boelie MOET AANGESPREEK word en sy OUERS MOET IN KENNIS GESTEL WORD, indien hierdie gedrag voortgaan mag hy na ‘n waarskuwing of twee geskors word en enige verdere verbintenis met daardie skool verbied word. Gaan lees gerus op Legalwise se artikel van die wet. Boelie in skole word op ‘n meer toepasliker en effektiewer wyse benader as sosiale media boelie wat ‘n HEEL ander benadering nodig het. En die onus rus op ons as ouers om van hierdie hulpmiddelle gebruik te maak. Geen hoof of onderwyser sal in my gesig weier om op te tree nie, glo maar vir my, met my 14 jaar kennis in die regsbedryf sal ek ‘n hoof en skool op hul neusies laat kyk. Hulle is dit aan jou as ouer en jou kind as getroue leerling verskuldig. Moenie dat ‘n skool jou bollie vertel nie. Die reg is aan jou kant.

Anna ·

I blame the powers that be. They have taken discipline out of the homes and schools. Parents and teachers are afraid of diciplining.

Trixie ·

Hoe ironies….beraders van die krisissentrum staan leerders en onderwysers onmiddelik by? Hulle word bygestaan…..onmiddelik….
Vreemd…wonder of daar onmiddelike bystand aan die dogter verleen is?

Hartseer* ·

My hart gaan uit na die ouers. Rus sag by Jesus meisie. Dit is absoluut hartverskerend dat kinders op so jong ouderdom soveel stres moet deurgaan. My seun is self 13 en die boelies is volop. Hy kom se my altyd en gaan skool toe om daaroor te gaan praat. Maar onderwysers kan net soveel doen. Roep die ouers in dan word daar gese maar dit eintlik anders om. Hoe kan ons ons kids beskerm in vandag se lewe waar mens geen se het meer nie. My hart is stukkend vir die kids wat al die onsmaaklikheid moet deur gaan van so klein af

Gerda ·

Ek kan die boelieding nie hanteer nie. My kleinkind loop met n gipsvoet op krukke en dan word sy kruk van agteraf onder hom uitgeskop sodat hy moet val.

Ella ·

@ Gerda: dis verskriklik. Kan nie glo dat kinders so geweldadig kan wees.
My kleinkind is n ernstige pligsgetroue kind en het ook gister gese die kinders in sy klas is nie “lekker” nie.
Ek het uitgevra en getroos maar nou is ek bekommerd en ek dink die ouers dink dis sommer “streke”.
Ouers moet rerig wakker word. Soos ander reeds se: kinders is wreed veral as n kind met n gebrek of probleem uitgesonder word vir boeliegedrag.
Ek hou my hart vas…

Mads ·

Ja Pieter die boelie kry berading en die kind wat “seer” gekry het. Ek weet want my kind gaan tans daardeur.

Joey ·

Ek stem saam boelies moet verantwoording doen vir hulle dade. Skors hulle uit die skool.

Natasha ·

Jane ek stem 100% saam met jou, my dogter is geboelie op hoerskool, so erg dat sy vir 2 weke opgeneem is in ‘n kliniek en toe sy uitkom het sy probeer selfmoord pleeg, dan die Here dat sy oorleef het, ek het met die hoof van die skool gaan praat en hulle het geweier om te help want my kind moet self kom praat nie ek nie (daai tyd was sy 16 jaar oud) – toe bel ek die dogter se pa en het hom baie mooi laat verstaan dat as sy dogter weer naby my dogter kom is daar groot moeilikheid, gelukkig het die ouer gehelp.

Jy daar ·

Daai vraag van die seun aan sy pa het my nou swaar laat sluk. Hierdie is nie mooi nie. Gaan dit ooit ophou?

Nee ·

My seun was geboelie het hoof gaan sien saam my dogter drie boeties het hom gepak en geslaan om elke hoek…. Hoof het ouers en kinders in geroep en hulle berading gegee…. dit het toe maar weer aangegaan… gevolg hulle is geskors jammer maar die Pa het hulle leer boks en leer om hulle self te verdedig maar nie te min is dit toe gese aan hulle soos wat hulle erken het met die konfrontasie dat Pa se voeter n ding wat jy nie like nie.

thelsa ·

Dit is jammer dat skole nie toegerus is om sulke voorvalle wat gerapporteer word te kan hanteer nie. In baie gevalle hanteer die Onnies dit soos ‘n flatus en hoop dat dit na ‘n ruk sal weggaan. Skole skuil agter die gedragskode wat boeliegedrag aanspreek, maar waar die tekkie die teer slaan is Onnies nie ‘equipped’ om dit te hanteer nie. Prove me wrong

Blommie ·

Dis deur boelies wat ek nie my skool loopbaan kon klaar maak nie . Dat ek te bang was om enige sport te doen want om elke hoe en draai was daar oe van n boelie wat my gespot het .

Priscilla ·

Boelies word nooit vasgevat nie en dis altyd die kinders wat geboelie word wat die skool moet verlaat en n ander skool soek. Uit ondervinding weet ek dat die onderwysers en skoolhoofde niks doen as kinders geboelie en getryter word nie. Party onderwysers is self ook boelies. n Skoolhoof het gesê daar is niks wat hulle aan n boelie kan doen nie …….

Anoniem ·

Navorsing wys dis die kind wat “anders” is, wat geboelie word. Anders kan baie dinge wees. Slim, saggeaard, introvert, nie-sportief, wil nie saam rook/drink….

Vir my lyk dit of die kinders wat geboelie word skool maar net “oorleef” en eers na skool regtig begin blom. En die boelies na skool nie noodwendig groot hoogtes bereik nie.

Self geboelie ·

Die is die waarheid, het self met my gebeur. Boelies maak altyd of hulle beter as die anders is, maar ek persoonlik dink dit het baie met jaloesie te doen.

Sanet ·

100% Waar dink ek. Die “anders” kinders. Juis omdat hulle “anders” is, maak dit hulle ‘n maklike teiken. @Self geboelie…… ek stem ook 100% met jou saam. Jaloesie….. oor enige iets wat die kind het of is, wat hulle nie het of nie is nie.

An2net ·

Ek kan ook nie verstaan hkm soveel kinders eers moet sterf voor daar opgetree word nie. Kamstig gaan van daai boelies maak of hul niks weet nie. Ek self was geboelie op laerskool, dit was in die 90’s. Gelukkig vir my was daar nie iets soos sosiale media nie, maar dis asof kinders net meer wreed word in ons samelewing. Mens raak bekommerd vir jou eie kinders wat nog nie eers in skool is nie. Ek bid dat die Here haar ouers sal dra deur die hartseer en dat hul antwoorde sal kry. My hart is stukkend vir hulle.
Rus saggies liewe mensie :-(

Ouers maak boelies groot ·

Meisie mag jy in Vrede Rus. My innige simpatie aan die wat agterbly.

Dit is die ouers wat hulle kinders leer om geen respek vir ander mense te hê nie. Daarom raak hulle arrogante boelies met ‘n oordrewe en misplaasde selfbelangrikheid asof die wêreld hulle iets verskuldig is. Net soos hulle ouers dit doen.

VAT HULLE VAS ·

Dit is verskriklik hartseer. Sterkte aan die ouers en almal wat geraak word deur moeilike tyd.

Boelies moet ook begin vasgevat word. Veral die kind wat dit eerste begin het. Skors die kinders en stuur hul na ‘n verbetering skool toe. Dis duidelik dat hul glad nie omgee hoe seer hul enige kind maak.

Inge ·

Ek is net mooi moeg vir al die druk wat op ons kinders geplaas word! Daar is nie altyd hulp nie! Vat ons skoolhoof as ‘n voorbeeld, gaan jy na hom toe en rapporteer dat jou kind geboelie word (word van trappe af gestamp met merke op sy lyf) dan word daar gesê “dit is deel van groot word”. Absolute snert. My hart gaan uit na elke person wat geboelie word. Niemand verdien dit nie. Ek weet nie presies watter foto die meisie geneem het nie, maar dit maak nie saak nie, sy is nog ‘n kind en sy het dit nie verdien nie.

Jbay ouer ·

Die probleem is dat die onderwysers absoluut niks daaraan doen nie en die skoolhoof nog minder. Die kinders wat die boelies is se ouers is 99.9% so diep ingekruip by die skool se onderwysers dat hul geen vinnger veroer as daar daagliks klagtes is oor dieselfde kind. Jbay is n baie mooi voorbeeld daarvan. Baie boelies in die skool en ai die oogklappe word wyd oor die oë getrek.

Anoniem ·

Kinders kla oor boelies en daar word niks aan gedoen nie. Ouers word gevra om deur die kanale te werk met klagtes (wat die ma duidelik gedoen het) maar die kanale is te traag om aksie te neem. Mag die kind se dood ‘n wake up call wees van die ernstigheid!

Denise Gouws ·

Ja, ouers, boelies en onnies kan almal verantwoordelik gehou word. Maar julle mis die punt. Die grootste oorsaak van boelie is selfone en die feit dat elke kind een het, maar nie geleer word hoe om respek en deernis daarop te he nie en dat daar nagevolge vir aksies is nie. Hulle het “brass balls” wanneer hulle tik want dit word nie in iemand se gesig gese nie. Vieslike goed word van die een kind na die ander versprei sonder dat hulle die nagevolge besef. Skinderstories versprei soos veldbrande en kry stertjies aan en die slagoffer kan niks daaraan doen nie, selfs al word daar opgetree. want die oomblik wat daardie boodskap gestuur is, is dit uit in die wereld vir almal om te sien en te oordeel, hoewel hulle niks eens van dit weet nie. Kinders is baie wreed veral as daar nie perke aan is nie. Doen julleself n guns en kyk bietjie wat se julle kids en hulle maatjies vir mekaar op sosiale media. En kyk hoeveel goed word gedelete….daar moet dan reeds rooi liggies aangaan. Hoeveel van daardie kennise op hul foon ken julle? Ouers moet begin pro-aktief raak met hulle kinders en ophou bang wees dat hulle die bloedjies se gevoelens gaan te na kom. ‘n Geboelie is DIREK ouers se skuld, want ouers leer hulle kinders die verskil tussen reg en verkeerd.

Anni S ·

AMEN!!!

My jongste is 10, hy het nie ‘n selfoon nie. Hy is nie oud en volwasse genoeg om ‘n foon oordeelkundig te kan gebruik nie. PUNT.

My oudste is in Matriek. Tydig en ontydig vat ek doodeenvoudig sy foon, al is hy in die middel van ‘n Whatsapp, dit kan my nie skeel nie, en ek gaan daardie foon van hoek tot kant deur. En hy weet uit ondervinding, bewaar sy siel as ek iets ongehoords op daardie foon kry, of onvanpasde gesprekke op Whatsapp,

Oorgrootte meerderheid van ouers is hopeloos te “ignorant” oor wat op hulle kinders se fone aangaan, en word hulle met die harde werklikheid gekonfronteer, dan wil Mammie nou ‘n hartaanval kry want sy kan nie glo wat sy sien nie.

Natalie ·

Julle moet Dal julle navorsings veld verbreed. Kinders in junior primêr boelie hule maats en kraak hulle af. En die skool gee nie n dooie duit om nie. Ek praat nie van gewone kinder gekibbel nie. Ek praat van intense en aanhoudende afbreek en afkraak wat self’s n volwassene sal laat naar voel.

D B ·

Daar was nog altyd boelies en daar sal altyd boelies wees!

Hoor vanoggend op die radio dat ONS moet onthou kinders “het regte”. Dis net hier waar die hele ding handuit ruk. Kinders benodig regte, net soos enige mens, maar daar is ook iets soos “te veel regte”, en dis net hier waar kinders begin “slim” raak. Hulle weet hulle aksies het geen gevolge nie, so hulle doen wat hulle wil!

Sê maar net 1 ·

Het NIKS simpatie met die boelies nie hoop hul gewetens ry hul lewenslank.
Maar ouers moet saam met die beheerliggaam vd skole aksie neem. Hul mag nie daarmee wegkom nie

toy ·

Die kinders wat ander kinders boelie, dit gaan so in hul huise. Ek hoop die boelies kry nou so spyt dat hul net nooit in hul lewe weer daaraan dink om dit te doen aan iemand anders nie.

Stella ·

Hulle moet Al daai boelies skors dat hulle ouers n ander oplossing vind om hulle geleerd te kry of sommer die land verlaat,want hoe kan hulle elke dag aangaan as hulle weet hulle kind is vir soiets verantwoordellik

Ivy williams ·

Stel n periode in vir een dag elke maand in om boelie berading te hou en riglyne vir hoe om verkeerde optrede enige mens se lewe kan beïnvloed. Hier kan boelies sommer aan die kaak gestel word ook en dan ook berading ontvang,

Sênet ·

Boelie is verkeerd, ek is as kind meer geboelie as wat ek kan onthou. My ouers het nie ingetree en die situasie namens my opgelos nie. Ek moes maar leer cope. Maar die kinders moet by die huise geleer word om hoe om sulke situasie te kan hanteeren hulle moet bemagtig word om allerhande sulke situasies te kan hanteer. Ons as ouers is so besig om ons kinders se battle te fight dat hulle nie self leer om dit te doen nie. Dit bly ‘n probeem met die Millenials.

honourable member ·

Hier is n groot probleem met boelies in die skole. Dis kinders wat uit probleem huise uitkom en dan daai gedrag wat hulle by die huis leer by die skool wil kom uithaal. Hierdie kinders speel ook altyd die “victim” en hulle blameer altyd ander nooit hulle self nie en daai kinders se ouers wil ook nie hoor dat hulle kinders n probleem in die skool is nie.

Keelvol ·

Ja dit is jammer dat die skole en departemente niks daaraan doen nie. En dit is jammer dat die boelies op skool nie hul boelie skoene ontgroei nie. Hulle vat dit saam met hulle. Hierdie boelies, mans en vrouens, se tegnieke het net verander. Ek sien dit daagliks in die werkplek en samelewing. Om te boelie het al ‘n leefstyl by hulle geword. Ek ken ‘n vrou van in die sestig wat ‘n boelie van formaat is en haar oudste dogter van 35 is ‘n kort kop agter haar. Dit is nie in die gene nie want haar ander 2 kinders is nie so nie. Hierdie kind het haar ma se voorbeeld gevolg.

Ma4i ·

Ek verstaan duidelik nie hoekom daar n krisis sentrum bydie skool opgerig moes word om onderwysers , leerlinge en ouers by te staan nie. Hoekom moet hulle nou ewe skielik hulp kry. Die meisie het dan dit vir die onderwyser gese en die kinders gerapporteer die ma was bydie skoolhoof almal was bewis van dit maar niemand het haar gehelp nie…

chris ·

Sit met n baie soort gelyke geval in ons familie, die kind was in graad agt geboelie sy het die adjunk hoof en leiers gese wat aan haar gedoen word maar daar is niks aan gedoen nie.
dis al n jaar later sy het weggekwyn na n geraamte, sy kan glad nie meer loop nie en is bed leend.. die skoolhoof het ook glad nie regtig probeer help na die ouers gaan kla het by hom na die tyd nie. wat staan mens te doen

EV ·

My hart gaan uit na die ouers toe! Ek sukkel al die afgelope 2 jaar met kinders wat bitter lelik is met my meisiekind. Sy is emosineel af en die kinders kom daarmee weg! Hulle vertel leuns oor haar en maak haar die slegte een uit 2 teen 1!!! Ek het al gepraat gekla, gedreig en niks kom daarvan nie! Ek moet saam my kind hartseer wees elke keer en saam haar deur die moeilike tyd gaan! Sy is nou in Graad 5 en het nog so bitter lank oor van skool. En die beste is hulle is jonger as sy! Sy het n baie sterk persoonlikheid MAAR hulle klim onder haar vel in want die ouers sien nie dat dit hulle is nie!!!! Op skool gebied, onder ouers is ons hande afgekap. Maar ons sal saam staan en die boelies aanpak om elke draai my kind sal nie gaan le nie. Sy sal opstaan aanbeweeg want ek se vir haar BID vir hulle Die Here sal met hulle werk. Die gesegde is moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil het nie. En my God slaap nie

Mamma ·

My kind is vir jare sielkundig afgeknou deur ‘n meisie in haar skool. Ek moes privaat berading vir haar kry teen ‘n hengse koste terwyl die boelie net vooruit geboer het en almal haar lof besing het op elke gebied. Hoofprefek en leier op elke moontlike terrein, maar agteraf ‘n pikswart hart. Niemand wou glo hoe sy werklik is nie. Gelukkig het my kind anderkant ‘n sterk persoon uitgekom, maar almal is nie so gelukkig nie.

AI AI AI ·

My kind het begin angsaanvalle kry, en toe ons ingaan daarop, het die waarheid uitgekom. Die madam (wat haar geboelie het, het begin in kleuterskool met haar “Quest”, en nou, in Gr 11, is dit besig om ‘n hoogtepunt te bereik… want prefekte en hoofleiers word gekies einde van die jaar. Ek het al van Gr 1 af reg gewees met my voorspellings oor wie watter posisies gaan vul – die ouers ” coach “die kinders. En soos jy sê, pikswart hart agteraf!!!
Ek het my kind in ‘n privaat skool gesit, waar die klas van ding nie geduld word nie, en dadelik aangespreek word – die beste besluit wat ek ooit gemaak het. Sy floreer, word gesien vir wie sy is, en kry die erkenning daarvoor!

ZET ·

Jou gewete is n lelike ding. Daardie kinders wat geboelie het moet weet hierdie ganie
sommer net weggaan. Soos hul ouer word gaan hul almeer begin dink aan wat hul
hierdie kind en haar gesin aangedoen het. Dit is nie iets wat ek op so jong ouderdom
vir die res van my lewe aan my wil laat vreet. Dink voor jy doen, die hele lewe gaan oor
keuses.

Louise ·

My kind is ook geboelie in skool in Noorde, met juffrou en hoof korrespondeer en 0 terugvoer gekry. Na maande se sukkel geskuif na kleiner skool en kry dadelik terugvoer as boelie probleme is. Hoof haat boelie. Dieselfde dag nog word dit gesort.

Ek verstaan dat 1000+ kinders in skool is moeilik om by als uit te kom. Maar stel dan kommittee aan wat help.

Ek is hele Laerskool loopbaan geboelie en het van my sterk mens gemaak. Maar nie alle kinders kan dit hanteer nie want in vandag se tyd is sosiale media en fone ook nog by wat dit ‘n riller maak om te keer heeltyd.

Handelinge 5 ·

Minder praat, meer voeter. Tugtig julle kinders, boelie gedrag is onaanvaarbaar, en kinders kry geen ordentlike straf hiervoor nie. Maar, let wel, moenie jou kind half kastoe slaan nie, ordentlike pak slae, en verduideliking van HOEKOM slae gegee word

D B ·

Dit is my punt ook. Daar is ‘n GROOT verskul tussen tugtig en mishandel. Ons was almal getug en ons “staan” nogsteed!

Annie ·

Nee, dis tyd dat die verpeste selfone geband moet word by sulke jong kingers. Die impak wat fotos ens deur middel van whatsapp (sosiale media) vir kinders inhou is kommerwekkend.

…… ek gaan uitgehaal word oor die volgende stelling maar gaan dit tog se:

SELFONE MOES NOOIT AAN ONS JEUG BLOOTGESTEL GEWORD HET NIE.! Punt!!

waarheid1 ·

Maak die name van die boelies bekend en wys foto’s van hulle sodat almal kan sien hoedat hierdie boelies lyk.
Kla die onderwyser/s en skoolhoof aan wat niks gedoen het nadat die kind om hulp gevra het nie, want dit is moord.

PieterJohannes ·

My een seun is vandag 27 jaar oud en het ‘n groot brein besering opgedoen op amper 3 jarige ouderdom. So vind ons eers jare later uit van die onderwyser wat hom so geboelie het en hom herhaalde kere per dag ‘jou nodelose skepsel’ genoem het. Dit sonder dat ons eers bewus was daarvan. Dit is nie net kinders wat dit doen nie, maar onderwysers en ouers wat die kind afbreek totdat die kind knak. Eendag gaan elkeen wat afgekraak en afgebreek het, verantwoordelik gehou word omdat hulle een van hierdie kleintjies laat struikel het. Die kinders wat boelie, kry baiekeer die voorbeeld in hulle eie ouerhuis. Ons samelewing is siek. Waar is die respek, waar is die beginsel van ‘Ag almal hoër as jouself’? Nee in hierdie geld gedrewe samelewing moet daar getrap word om bo uit te kom. Kom ons besluit om te verander en ons kinders te leer om terug te keer na Bybelse beginsels. As daardie kinders hulle mede leerder lief gehad het soos hulleself, sou dit mos nooit gebeur het nie. Maar hulle word geleer en toegelaat on te sê: “Ek, My, I, Me, Myself” Programme op TV leer dit ook vir hulle. Alles draai om hulleself.

Anoniem ·

Ek is van Gr 4 tot Gr 12 geboelie ek het hoeveel keer vir onderwysers gaan sê en al wat hulle gesê het was wat op die skoolterrein gebeur is nie my verantwoordelikheid nie daar is ook vir my in die hoërskool gesê hulle is deel van die 1ste rugby span so ons kan niks doen nie. Daar is hoeveel dae wat ek selfmoord probeer pleeg het, elke 2de jaar is ek opgeneem in ‘n psigiatriese hospitaal net omdat onderwysers gesê het Sorry ons gaan jou nie help nie jy is nou in die groot skool. So ja ek blameer die skool en onderwysers en julle kan my maar kruisig dis ongelukkig die waarheid

Db ·

Ek wil net die volgende sê oor boelies en hulle ouers – julle kinders wat so geboelie word moet begin om die ouers van die boelies te boelie. Laat hulle van hulle eie kind se medisyne kry dan sal die engeltjies miskien beter opvoeding by die huis kry. Gelukkig was my kinders nooit geboelie nie want o vrek iemand sou seer gekry het en dit sou beslis nie ek wees nie

emily ·

Straf daai boelies, Hulle het natuurlik aandag gesoek en daarmee n familie in hartseer gesit. Wil mos altyd by die maats “brag” dat hulle so cool is.
Sies man.

Elana ·

Ons het ook al nare ondervindings gehad met boelies. Dit het absoluut niks gehelp om hulp te gaan vra by die skool nie. Hulle smeer alles toe. Die berader wat moet hulp verleen kan dit nie doen nie want dit is ‘n gekonkel saam met die onderwysers
my kind kom nog steeds nie oor dit nie

KL ·

Boelies moet strafregtelik aangekla word vir moord of strafbare manslag. Hulle is direk verantwoordelik vir iemand se dood.

RG ·

Wat verwag mense wanneer selfs volwassenes mekaar op sosiale media boelie. Mense neem wild en wakker foto’s en videos met die slagspreuk “maak hom/haar beroemd”. Hoewel dit teen die wet is, is dit moeilik om die boelies op te spoor want hulle is gewoonlik te lafhartig om dit openlik te doen. Begin by die volwassenes, beraders en regslui, want hulle is die rolmodelle vir ons kinders.

TIP ·

Ek is jammer mense maar julle beskuldiging teen die boelies gaan nerens kom nie want wat leer julle julle kinders –straf oordeel – (boelie) ook die skuldiges – julle leer julle kinder boelie of word geboelie – en dan nog n vraag hoekom het sy n selfoon, meer as genoeg wetenskaplike artikels het al gewys geen kind onder 16 jaar moet eintlik n foon besit nie
ons skep die regte resep vir kinder om geboelie te word – die probleem le soos alty eers by Ouers en opvoeding !

suez ·

DIT IS HARTVERSKEUREND SO SITUASIE SO MOES EINDIG.SKOLE MOET POSBUS Hè WAARIN KINDERS KAN AANMELD AS SO IETS GEBEUR EN AANDAG GEGEE WORD BY DIE SKOLE DEUR BERADERS VOOR KINDERS TOT SO IETS BESLUIT.PROBLEEM STEEK VERAL BY SKOLE SY KOP UIT.

lindie ·

Dis stuur rillings tot in my siel! My 13 jarige dogter was (is?) ook geteiken vroeg hierdie jaar in haar nuwe skool en die hele episode het my 10 jaar ouer gemaak. Daar is wel spoedig opgetree en aksie teen die boelies geneem maar ek as ouer vrees elke dag as sy op die bus klim. Ek kan nie my indink hoe sy moet voel nie. Ek hoop en bid net tot ek woord kry sy is veilig tuis en dan bombadeer ek haar met vra.
Kinders is wreed en besef nie aldag wat hul aksies tot gevolg dra nie, maar ek is oortuig dat sulke kinders baie streng vervolg moet word en sommer ook die ouers ook want dis immers wat kinders opgevoed moet word – tuis!

Innige simpatie met die familie en saggies rus pop, jy het dit nie verdien.

Nooit ·

Lindie
Ek wil net se leer jou kind om in die spieël te kyk elke dag en se jy is super cool en pragtig. Self vertroue wat jy jou kind leer maak dat hulle bo uit kom. My dogter en seun dit oorleef hoe meer hulle prober boelie het hoe meer het ek hulle geleer om die boelie te se ag dankie jis nou voel ek great jy maak my dag, hulle het gestop. Gee hulle hulle eie meds terug, boelies is baie keer van ouers wat niks verkeerd van hulle brats wil hoor nie.

Hennie ·

Haal die whatsapp program van jou kind se foon af en blok dit dat daar nie weer n program kan gelaai word nie . Ons kinders word slawe van die sosiale media hulle kry seer en dan gebeur dit . Ons as ouers / groot ouers moet meer oplettend wees vir n verandering in die kind se gedrags patroon nie net die onderwyser of die sogenaamde beraders nie . Berading begin by die ouer huis

Stop die Boelies ·

Elke ouer moet ‘n gesprek of 10 met hulle kinders hê oor boelie en self seker maak hulle kinders leer nie die gedrag by hulle aan nie. Skole moet meer magte kry oor boelies, selfs onderwysers word geboelie. Ek het nie woorde vir die ouers se pyn oor hulle dogter se dood nie. Ek hoop elke een wat daardie whats app aangestuur het, gelag en gespot het daaroor voel vandag baie trots op hulleself.

OLGA ·

As enige kind my kind boelie weet my kind nou al en hy is 4jr oud. As n maaitjie hom eerste slaan – slaan hom terug…… geen kind sal my kind boelie nie maar my kind weet ook dat hy geen ander kind mag boelie nie. nie met woorde of geweld nie. En dan gaan ek skool toe dat my kind my wys wie is daai boelie dan is dit ek en daai boelie. Ek het onlangs n boelie raakgeloop en vir hom gese hy moet my so boelie soos hy my kind boelie, kyk daai laaitjie het gehardloop wel ek het agterna gehadloop en hom goed uit getrap en daai boelie het so groot geskrik vir die tannie wat agter hom aan hardloop hahaha maar daai boelie het sy maaitjies vertel van die tannie en nou los hulle my kind uit. ek hanteer maar n boelie so want die onderwysers doen duidelik nie veel aan boelies nie

Anoniem ·

OLGA, met alle respek, my seuntjie is 4 jaar oud. En ek leer hom dat al slaan ‘n maaitjie jou, slaan jy nie terug nie en gaan onmiddellik na jou jou juffrou en vertel haar wat gebeur het. Ek leer my kind om nie kwaad met kwaad te vergeld nie. My seuntjie was op ‘n stadium waar hy maatjies seer gemaak het, trust me i’ve been there. En die oplossing was eenvoudig. Die fout het gele by my as ouer, ek raas te maklik, eks te besig met my eie dinge om na my seuntjie te luister soms want die lewe is mos ‘n gejaag, Kinders wat boelie is ‘kwaad’ en ‘frustreerd’, en ek het in een week net deur na my kind te luister, meer betrokke te wees, in liefde op te tree en na hom te luister en belangstelling te toon, sy gedrag handomkeer verander. Ons het ‘n beloningstelsel met sterretjies tuis, en elke dag plak hy trots sy sterretjie vir goeie gedrag, ek gee hom takies in en om die huis en hy volg dit na. Daar’s is baie beter maniere om aan ‘n kind se menswees en selfvertroue te bou, as om hom te leer om terug af te kraak en terug seer te maak. Ek preek glad nie vir jou nie, maar deurdink mooi wat jy jou kind leer en gaan doen bietjie navorsing, kleuters is baie baie slimmer as wat hulle lyk, hulle is geniale mensies.

VanAfrika ·

Anoniem, ek het dieselfde gedoen tot die hoof van die kleuterskool vir my gesê ek doen verkeerd. Sy het gesê as n ander kind my kind slaan moet hy kan terug slaan want ek het nie n idee hoeveel boelies in die skool is nie. Net daar het ek my opinie verander en my kinder toestemming gegee om terug te slaan as iemand eerste aan hulle slaan. Ek was nie elke dag daar om hulle op te pas nie so hulle moes dit self doen. Ek is bly sy het my daardie raad gegee want my tweede jongste was deur sy klas onderwysers en n meneer in die skool geboelie. Omdat hy nie stil kon sit nie het sy hom die hele jaar op die stoep laat staan, hy was in graad drie met die gevolg het hy geen opleiding gekry deur haar inhaligheid nie. Tussen in het sy hom na n skool meneer gestuur en dan het die hom in die kamertjie voor in die klas gevat en hom met n krieket kolf geslaan. So het dit die hele jaar aangegaan tot die kinders in sy klas en sy ouer boetie my kom vertel wat aangaan. Ek sit hom toe net daar in die kar en gaan maak n saak by die polisie teen die onderwyser en sy krieket kolf. Speurder wat die saak moes ondersoek was net so useless en saak het stadig dood gesterf. Leer eerder jou kind om terug te baklei, dis vir sy eie beswil.

Chaz ·

Dis BS!!!!! Bring die onderwysers en boelies tot verantwoording. Ek het ook al gesien hoe ‘n laerskoolonderwyser se kind boelie, maar niemand sê niks nie want dis ‘n onderwyser se kind. Natuurlik is dit ook moeilik om te bewys, die een kind se woord teenoor die ander… Maar hierdie geval – dis onaanvaarbaar! Wat help dit nou hulle stuur beraders na die skool toe. Daai snip boelies moet vasgevat word. Skors hulle.

GATVOL ·

VAT NET AL DIE KINDERS SE SELFONE WEG, HULLE ALMAL MOET GESTRAF WORD OOR HULLE VERANTWOORDELIK IS VIR DIE DOGTER SE SELFMOOR. HOEKOM IS DAAR GROEPIES VAN DIE EEN EN DAAI EEN , DIT IS DIE EUWEL.

Amanda ·

Dit is verskriklik hartseer … my hart gaan uit na die ouers. Haar lewe het te vroeg geeindig … bitter hartseer!

lindie ·

Dis stuur rillings tot in my siel! My 13 jarige dogter was (is?) ook geteiken vroeg hierdie jaar in haar nuwe skool en die hele episode het my 10 jaar ouer gemaak. Daar is wel spoedig opgetree en aksie teen die boelies geneem maar ek as ouer vrees elke dag as sy op die bus klim. Ek kan nie my indink hoe sy moet voel nie. Ek hoop en bid net tot ek woord kry sy is veilig tuis en dan bombadeer ek haar met vrae.
Kinders is wreed en besef nie aldag wat hul aksies tot gevolg dra nie, maar ek is oortuig dat sulke kinders baie streng vervolg moet word en sommer ook die ouers ook want dis immers wat kinders opgevoed moet word – tuis!

Innige simpatie met die familie en saggies rus pop, jy het dit nie verdien.

Anoniem ·

Lindie, my advies aan jou is, beskerm haar deur al jou onvoorwaardelike liefde aan haar te gee, wees haar beste vriendin en maak seker die kommunikasie-kanale is oop, maak seker dat sy elke dag weet, sy kan met jou kom praat oor enigiets. Jy is haar vertroueling. Boelie kan tieners op snaakse maniere raak, vir ‘n buitestaander lyk dit soos niks, maar vir hulle is dit die einde van hul wereld en veral as die boelies mense is wie so ‘n persoon elke dag van aangesig tot aangesig mee gekonfronteer word. En in my opinie doen jy alles 110% jy klink sommer na ‘n lieflike ondersteunende mamma. Boelie is ‘n algemene probleem en net omdat hierdie een ekslusiewe insident publisering geniet is nie te se dit gebeur nie elke dag in ander provinsies nie, dis maar dieselfde as plaasmoorde, nie elke slagoffer haal die voorblad nie en die verantwoordelikheid rus op ons as ouers, om standpunt in te neem en ‘n verskil te kan maak. Ons leef in ‘n pragtige maar wrede wereld met wrede mense daarin, en ons moet onsself toerus met die nodige kennis en kundigheid sodat ons bewusmaking kan aanroer, sodat hierdie kiem gesmoor kan word, want hierdie probleem is nie iets wat pro-aktief hanteer word nie

Susan ·

Ek stem saam, boeliegedrag word by die ouerhuis aangeleer! Dikwels disfunksionele huishoudings

Lorraine ·

Wel dis is jammer dat die kind haar lewr moes neem voordat daar enige optredes was. Nou hardloop die beraders en wie ookal skool toe vir die anders kinders en ouers. Vir wat? Jul het nie goed genoeg gedoen om na hierdie kind se roep na hulproep te luister nie en ek sluit die ouers hierby by in. Jul mag my maar stenig maar ek sou die ekstra myl en nog meer gehardloop het om na my kind se desperate hulpkrete aan te hoor en daarop gereageer het en daadwerklik OPGETREE het. Ek het ongelukkig geen simpatie met enige iemand nie. Waar sy nou slaap, wagtend op Jesus se koms, is sy verlos van die aardse hartseer en boelie.

Katryn ·

Ek het geen simpatie met die boelies nie sit hulle fotos oral in die skool en omgewing op wat se ek is n borlie deur my optrede is n persoon dood
Sterkte aan die dogter se ouers. Vat did boelies vas

Mel ·

Hier in polokwane se gewilde laerskool word al die boelies se gedrag ook net onder die mat ingevee. Want rugby is die onderwysers se afgod en die spanne is vol v hulle

Anon ·

Mel
Dit is “plattelandse skole” dit is maar hoe dit werk as papa en mamma gee en braai en kuier is boetie of sussie n engletjie.
Ook maak dit jou kind gevrustreerd en word hulle self dan partykeer n boelie. Nie verskoonbaar nie maar dit gebeur.
Mens moet jou kinders vir so baie “goed” in die lewe toerus dat dit ook nie altyd maklik is nie.
Jy as volwassene moet ook in die werksplek poog om kop bo water te hou teen al die boelie wat daar plaasvind.
Dit is maar kleindorpies die cklicks is orals
Leer jou kind maar net om te cope of prober sal ek se

EENDJIE ·

WEET IEMAND HOE DIT VOEL OM AS KIND GEBOELIE TE WORD? EK IS NIE FISIES GEBOELIE NIE MAAR GEESTELIK. SO HOU DIT AAN EN AAN. EK AS N GROOTMENS MAAR DIE GEBOELIE HOU NIE OP NIE. SKOONSUS WAT MENS ELKE KEER GEESTELIK AFKRAAK. MY HART GAAN UIT VIR OUERS…EK HET DIT OOK AL OORWEEG MAAR MET GOD SE HULP TOT MY SINNE GEKOM. STERKTE OUERS

Christo Kruger ·

My eie kind deur boelies geboelie en die uiteinde daarvan, was ‘n senuwee ineenstorting en 5 dae in ICU en die boelies stap nog steeds skotsvry, nadat dit aan die skool gerapporteer was. Sy nou in tuis onderrig program en vaar uitstekend. die wortel van die kwaad, oor hoekom kinders boelie, moet ondersoek word, want dit dui op huislike probleme, wat oorspoel na die skool toe. Wetgwing sal moet drasties verander word, om boelies by skole aan te spreek en kerke, terapeute, die gemeenskap, en die skool sal hierin moet begin saam staan. My insiens is die wortel van die kwaad die dag toe pakslae en die bybel uit die skool gestap het, die dag wat ons moeilikheid by skole begin het. selfmoord, het selde indien ooit in skole gebeur in die ou dae, omdat daar pakslae en dissipline in die skole was.

Anoniem ·

Hierdie is nou egter net nog ‘n hartseer geval, waar tekort aan ondersteuning en empatie vanaf onderwysers en skool ‘n onskuldige meisie in die steek gelaat het. En nou het sy haar eie lewe geneem. En asb, moet nie dink hierdie is ‘n uitsonderlike geval net omdat dit gepubliseer is nie. Boelie, gebeur elke liewe dag, in ons skole, in die werksplek, op sosiale media en per whatsapp. Noem dit, en jy sal dit daar vind. Dis tyd om die algemene publiek, skole en individue te begin bewus maak, van die hulpmiddelle tot hul beskikking wanneer dit by boelie en intimidasie kom. In skole MOET DAAR AG GESLAAN EN OPGETREE WORD, ek maan ouers om meer intens te LUISTER NA JOU KIND, HOU DIE KOMMUNIKASIE OOP, WEES ATENT OP GEDRAGSVERANDERING, WEES MEER BETROKKE EN MEER GEINTERESSEERD. Maak jou klagte by die skool en die skool mag nie optrede weier nie. Selfde met sosiale media, gaan SAPS toe en maak ‘n saak oop, gaan sien ‘n prokureur en indien jy nie geld het nie, LEGALWISE. Moenie die regstelsel kritiseer indien jy nie daadwerklik op elke knoppie gaan druk het nie. En aan elkeen wat hier lees vandag: KIES JOU WOORDE, HOU JOU FRUSTRASIE VIR JOUSELF, DEURDINK JOU OPTREDES TEENOOR ANDER, WANT DIT RAAK LEWENS DIREK, DIE MANIER WAT JY OMGAAN MET ANDER, KAN DIE VERSKIL WEES TUSSEN HOOP EN PYN EN SELFS DIE DOOD EN LEWE.

sarah ·

Kinders wat mekaar boelie is een ding…wat dien jy met onderwyseresse wat kinders boelie…my kleinseun was in die laaste kleuterskool jaar geboelie. Vir straf word handewerk waarop hy trots was gebreek of op geskeur en in die asblik gegooi…mooi né. Sê ook nie hy moet nie gestraf word nie…maar nie op daai manier nie. GrR ook so ‘n tipe juffrou gehad. My kleindeun het agv daarvan met gedrags probleme begin…woede en emosionele uitbarstings….net by die skool. Gaan hoof of na die gr.Hoof en praat daaroor…dan maak hulle mekaar se boude toe. ..of hulle praat jou doodeenvoudig dood en gee jou nie kans om jou kant te stel. Agv die gedrag brandmerk hulle hom as ‘n probleemkind en hanteer hom ook volgens dit…dit neem net een juffrou om ‘n verskil te maak deur iets mooi wat sy sê…dut lyk of hierdie jaar se juffrou ‘n verskil kan maak. So dis nie net kinders wat kinders boelie nie…
.

kotie ·

Dit is so so onnodig gewees en sy het gaan kla en nogsteeds het niemand geluister nie. Mamma, pappa ons harte gaan uit na julle toe en hoop die Here dra julle deur die moeilike tyd. Meisiekind niemand weet wat jy deur gemaak het nie en ja almal het jou “gefail” saggies rus by Jesus se voete.

J ·

My kind is 11 en praat van selfmoord omdat hy geboelie word vir die laaste 2 jaar.

My kind was 2 weke terug so hard in sy privaat gedeelte geskop dat my kind gebloei het.

My kind het geen vertroue in die skool stelsel nie. Hy se niemand help hom nie en hy kry die skuld vir die boelies se gedrag. Ek het al verskeie kere met die onderwysers en hoof gepraat oor die boelies.

Ek is raadop en moedeloos. Die probleem word nie opgelos nie.

Waar los dit ons as ouers?

Waar los dit my kind wat dink aan selfmoord?

My hart gaan uit na die ouers toe wat hulle dogter so moes verloor het.

lh ·

aan J, ONDERWYS DEPARTEMENT!!! neem fotos, kry dokters verslae, MAAK die boelie se ouers betaal vir jou kind se onkostes!

karen ·

liewe J – ek hoop jy was by die dokter en polisie om die saak aan te meld. kry verwysingsnommer by jou dokter en die polisie en laat dit op rekord plaas by die skool.
ek hoor wat onderwyser bo skryf dat hul hande is afgekap. verlede jaar het my (toe) 0/10 seun eenkeer opgestaan teen die boelie van die graad. ja ons was self ingeroep en dit het inderdaad aan die lig gekom dat daar probleme in die boelie=kind se huis is.
ons is gelukkig – die boelie=kind het opgehou om ander kleiner seuns af te knou toe daar vir 1 keer teen hom opgestaan is.

Elma ·

Kry hulp vir jou kind. Kry sielkundige hulp, gee baie liefde en pak een dag op n slag aan. My kind is ook geboelie op laerskool deur menigtes, gewoonlik dié se ouers wat voor in die kerkbanke sit. My kind se polse was selfs vír hom gesny deur die boelie. Skool het net gesê hulle sal ondersoek, niks het gebeur nie. Jy op jou knieë al beskerming wat jou kind het.

Landi ·

Dit het presies so mt my kind ook gebeur, sy ht soveel vriende en vriendinne verloor want elke woord en daad wat n kind boelie doen, word geglo want kinders van vandag glo liewerste wat n ander kind se, as wat n groot volwasse mens se. My kind moes van haar whatsapp af want dit heti opgehou, tot op naweke was sy geboelie. Na die skuldiges erken het dit was hul, ht selfs erken hoe hul ander gevra ht om my kind ini moeilikheid te bring. Wat was vir my as ouer gese? Maar die boelies ht huishoudlike probleme, regtig? Omdat hul ouers nie n wonderlike lewe vir hul kinders kan gee, gee dit hul die reg om my kind te boelie? Dit maak n mens so kwaad want jou kind moet daar onder lei want kinders is plein weg jaloers!! My kind se boelies was nie eens geskors, hul ht sielkundige hulp gekry maar glad nie my kind nie. Skole weti hoe om met boelies te werk nie! Glad nie!

V ·

J, gaan nou skool raad toe met daai skool as hulle nie optree… jammer so iets moet gebeur voor daar na kinders geluister word skole moet sulke gedrag vasvat al moet hulle ouers hof toe vat jy moet PA staan vir jou kind se gedrag boelies mag nie kinders verwoes….. Onanvaarbaar

Anoniem ·

Dis net vir my snaaks.. die kinders wat die boelie-werk doen… is nie van ‘n ander planeet af nie. Hulle is kinders van mense wat hier opinies lug en kommentare gee (by wyse van spreke). Ons moet by die huis begin om SEKER te maak ons kinders is nie miskien onder diegene wat gevoelloos en onnadenkend ander boelie nie.

Ek stem saam met ander opinies: hulle moet die “jeugmisdadigers” wat so meegehelp het om ‘n ander se lewe te verwoes, aanspreeklik hou vir wat hulle gedoen het.

Willie ·

Boelies is lafaarde, jy kan maar gaan kyk, n boelie word gewoonlik ook by die huis geboelie, sielkundig, sigies of te meer… die Boelies se ouers is net so skuldig… Rykmans kinders is n grootter problem… Aan die boelies is daai skool, julle is moordenaars, mag jul gewetens jul ewig pla!

wat nou? ·

Wat staan ñ ouer te doen as jou kind geboelie word en histeries raak as jy wil ingryp want dan gaan dit erger word. My hande is afgekap.

Charmaine ·

Ek sal net graag wil weet watse fotos kon so erg gewees het dat dit moes rondgestuur word en die hele skool haar boelie daaroor en spot? Dis my vraag!
Watse foto kon so erg wees dat dit die arme kind tot selfmoord gedryf het??
Jammer vir almal wat hierdeur geraak is.

JKL ·

Almal wat geweet het van die geboelie, julle ALMAL is skuldig aan die kind se selfmoord, meer moord as jy my vra, julle het haar gedryf na dit.

anoniem ·

dis ongelooflik hartseer. Kinders op daai ouderdom besef nie dat mens kan aangaan met die lewe nie. Hul dink dis die einde en selfdood is die enigste oplossing. Ouers, kyk gerus “13 reasons why” dis wel net ‘n hollywood storie, maar wys bullie gedrag van elke oord. Mens besef dan niks wat jy doen kan jou kinders besekfm teen die wereld daar buite nie. Al wat jy kan doen is seker maak jou kind voel veilig by jou en by die huis en dat jy luister en hom/haar glo en lief het. As skool ‘n probleem is, skuif na ‘n ander skool. Vat tegnologie van kinders weg. in my dae moes kinders in jou gesig ongeskik wees met jou en dit was baie moeliker. hul kruip maklik weg agter ‘n elektroniese boodskap. Ek hou die ouers in my gedagte. Kan nie dink wat ek sal doen as dit my kind was nie. My kind is maar 4 en was geboelie in ‘n kleuterskool, en ook oor die boelies se ouers groot sponsors vir die skool is, het die skool hoof die hele ding teen my kind gedraai. Ek het haar toe geskuif en sy is nou ‘n gelukkige kind. En na alles vra die skoolhoof een van die onderwysers om my te vra om my kind terug te bring! nie eers die ordentlikheid om my self te vra en omverskoning te vra nie. Boelies het nie ‘n ouderdoms beperking nie!

Leone ·

Ek sê gaan skool toe en laat jou kind vir jou wys wie is die boelies en sort hulle net daar uit!!dit help nie om met die skool of onderwysers of hulle ouers te praat nie (die ouers is in elk geval die probleem die kind leer dit by hulle)

Elna ·

Dis presies wat ek gedoen het met my kinders. Hulle het my die boelies uitgewys en ek het hulle net daar en dan vasgevat en aan hulle gedoen wat hulle aan my kinders gedoen het en glo my dit was die einde van die boellies. Nooit weer het hulle n kind geboellie nie. Baie baie sterkte aan die ouers my hart is net so vreeslik seer saam julle sn. Rus sag mooi kindjie.

AI AI AI ·

Myslimste… dit kan in uitsonderlike gevalle wel so wees, maar uit persoonlike ondervinding (en die van ‘n hele paar mense wat ek van weet), is dit nie so nie. Soos Nannie sê – “niemand kan glo dat hy/sy dit doen nie”. Dit wat daai kinders (en ouers in baie gevalle) voorgee om te wees, en wat agteraf gebeur, is 2 GROOT VERSKILLENDE dinge…

Elize ·

My seun was in 2004 in die Hoerskool in die noorde van Pretoria. Hy is deur drie seuns aangerand, twee het hom vasgehou en een het om geslaan en dit alles omdat hy eerste span gespeel het en hulle hom daar wou uitkry sodat ‘n pel van hulle kon speel. My seun se ses jaar van ortodontiese behandel is in sy peetjie in (ek het nie ‘n medies gehad nie en my seun het ook nie ‘n pa gehad wat hom kon help nie). Die onderhoof het alles gesien, maar ‘n blinde oog daarop gedraai, briewe aan beheerliggaam en onderwys departement het op dowe ore geval. Ek moes die ortodontiese behandeling weer van voor begin, my kind se selfbeeld probeer boost op ‘n manier. My seun is vandag ‘n man van 35 wat nog steeds sukkel a.g.v daardie boelies. Die drie seuns wat my seun aangerand het, is almal binne ‘n tydperk van vyf jaar na skool oorlede. Almal dink die son het uit die seuns se agterente geskei want hulle was leerlingraad en en en………….. hulle is wel dood maar my seun loop nog met die gevolge en ek blameer die onderhoof en dies meer wat net ‘n blind eye gedraai het.

Sonja ·

Haal asb onmiddelik jou kind uit daai skool uit. Home school as jy moet. Maar as jy alles in jou vermoe gedoen het om die skool te kry om te help en hul doen nie, kry jou kind daar uit!!!

carel ·

my seun is onder die dekmantel van “doop”‘ op upe geboelie tot trane toe .hy het hulle belowe julle gaan nog vir my kom werk. na n paar jaar was hy n groot meneer met groot kantore in pretoria en heelwet van die gewese boelies het na n tyd vir hom kom werk. nie dat dit reg was nie, maar hy was in die posisie en het hulle almal in die pad gesteek. die nwiel het gedraai

Sandra ·

Hkm berading nu vi almal by skool gee hkm is da ni aan di dogter se noodroepe ag gegee ni dink sy ht di berading nodig gehad ni di wt ha ge ignoreer hti

Sam ·

Die toestand van ons jeug is ‘n weerspiëling van die toestand van ons samelewing.

Al hoe meer kinders openbaar swak karakters. Die aanleer van Bybelse beginsels en om van jongs af opgekweek te word om ons Verlosser na te streef, is mos lank nie meer aan die orde van die dag nie. So min ouers dra self die vrug van die Gees (Gal. 5) as voorbeeld omdat die wêreld se begeerlikhede meer aanloklik is as om tyd in die Woord te spandeer.

Dissipline tuis is ‘n saak van die verlede, want ‘die arme bloedjies’ moet eerder gelukkig wees as reg optree. Boeties en sussies leer nie om mekaar of hul ouers te respekteer nie. Karakters word tuis gevestig en sal oorspoel na ander areas.

Gooi nou nog die sosiale media in hierdie kookpot van die tyd, gewelddadige videospeletjies en vlak films wat die jeug graag kyk …

Daar moet ‘n ingrype in elke hart, in elke huis, in elke instansie plaasvind om die probleme van die tyd hok te slaan. Maar, soos ek my Bybel lees gaan die verval nog groter word, kinders meer ongehoorsaam, ouers meer afvallig van Godswoord.

Dis alles tekens van die eindtyd … en die groot afval moet nog kom. Wee ons!!

Naomi ·

Kinders is wreed. En sommige leer die lelike maniere by hulle ouers wat dink hulle is onaantasbaar

Marietjie ·

Toe sy hulp gevra het het daar niks gebeur nie, noudat sy haar eie lewe geneem het word daar berading aan die kinders wat skuldig is aan haar dood en die onderwysers wat nie wou luister nie gegee! Waar is die regverdigheid nou?? Maak my sommer die hel in

Anoniem ·

My seun is in graad 5 deur graad 7 seuns geboelie. By die skool kon of wou hul niks doen nie. Sy ouer broer in die hoerskool en sy maats het toe self met die boelies gaan afreken. Ek is nie ‘n voorstander van geweld nie, maar soms is dit al wat help

Dora ·

HOU JOU KIND ONDER 16 VAN SOSIALE MEDIA EN SELFONE AF WEG!
Dis belaglik dat kinders in elk geval so jonk met selfone rondstap!
Ek weet dit is 2019, maar steeds. Dis mal. Dis waar die duiwel rondsluip.
Mamma en Pappa sien nie wat op daardie fone aangaan nie.

Explorer ·

@Dora, het jy gesien hoe word die kind dan éérs geboelie?

ek sê maar ·

Hoeveel keer moet so iets nog gebeur? Wens ek kan met plakkaat buite skool staan en weet wie die boelies is en op my plakkaat sal staan Is julle nou gelukkig? Sies man en sies vir die skool ook wat nou so skielik traumaberading voor kan sorg maar niks gedoen het om die verskriklike daad te keer nie.

Annoyed ·

Children that bully should be held responsible for their actions!
Often times they regard this as a joke and will continue with their “bad” behavior should nothing concrete be done.
Actions have consequences, no matter the age they must be held responsible.
They think themselves above the “law” and will continue down this path

Abe ·

Narisha,
Watter wet praat jy van wat hulle ingebring het wat se dat ouers sal aanspreeklik gehou word vir die gedrag van boelies? Ek het nog niks daarvan gehoor nie. Gee bietjie n verwysing. Ek sal graag daarvan kennis wil neem.

Neem Beheer ·

Skryf jou kind in vir Vegkuns lesse. Dit leer disipline en selfbeheersing, en kweek ‘n goeie respekvolle selfbeeld. Hiermee saam die plan om die boelie/s buite die skool reg te sit….. Dit gebeur net een keer, en die boelie/s is dan iets van die verlede.

tragies ·

Mense het ‘n wanindruk. Skole steur hulle maar baie min daaraan as ouers gaan kla oor n geboelie. Vir my is daar jare terug gese,”Mevrou, jou seuntjie moet maar bietjie TUFF word, gmf. Dit as die juffrou self ‘n boelie is. Ons mense se probleem is dat sulke goed toegelaat word. Kinders word nie by hulle huise en by skole reg geleer nie. Ek het my kinders groot gemaak om nie boelies te wees nie en toe word hulle geboelie. As ons mense hulself regruk en weer hul waardes in plek kry sal hulle hul kinders opvoed oor reg en verkeerd. As jy n maat spot is dit so goed soos jy spot vir Jesus self. Is hy nie ons skepper nie? Skole gee niks om oor ouers en kinders wat maniere het en so ook respek het en nie weet hoe om teen sulke ongemanierde kinders op te staan nie. Om dan nie eers van die ongeskikte kinders se ongeskikte ouers te praat nie. Moenie eers dink jy gaan met daardie boelie se ouers praat nie ooooo nee hulle bloedjie is mos nooit verkeerd nie. Dit maak my sommer vies om te dink dat n kind haar lewe verloor het agv sulke kinders. Daar is n baie groot verskil tussen n sterk kind en n ongemanierde boelie. Basta met mense wat redeneer “hy het maar net n sterk persoonlikheid” nonsens! Sterk persoonlikheid het maniere en waardes ook

Sandra ·

Zero Tolerance vir boelies.. enige boelie.. kinders, onderwysers, werkplek… geen mens verdien om geboelie te word nie…. die oplossing?? Ek weet nie.. boelies het seer binne, hulle moet ander afkraak en seermaak om beter te voel..

Lindie ·

Die skole moet n sisteem in plek kry hierdie ding ruk nou hand uit. Ek se die skool moet n disiplinere verhoor hou vir die kind wat boelie en indien skuldig bevind word mag hy nie weer na n staats skool gaan nie die ouers moet maar voel hoe hul sakke geruk word deer hom maar in n privaat skool te sit daar sal die boelie beter dop gehou kan word of die ouers moet maar tuis onderig gee. En die ouers en die kind moet verplig word om n berader te gaan sien en daar sal eers verslag van die berader af gegee moet word om te bevestig die ouers en kind toon geen tekens van boelie nie en hul hoef nie meer te gaan vir berading nie.

Arouette ·

Zero Tolerance vir boelies.. enige boelie.. kinders, onderwysers, werkplek… geen mens verdien om geboelie te word nie…. die oplossing?? Ek weet nie.. boelies het seer binne, hulle moet ander afkraak en seermaak om beter te voel..

Sue ·

Sy is net 13 En het haar lewe voor haar gehad!! My hart huil my stem is seer. Hoop daai boelies word in die bek geruk hoop hulle en hul ouers word vasgevat. Waar was die onnies wat moes beskerm? O ja vergeet ek….hulle is ook besig Om n kind te boelie…. Hoe weet ek dit want ek by n skool gewerk En gesien hoe dit gaan.

Opvoeder ·

MM en Anoniem. Julle maak “sweeping statements” dat daar niks deur die skool gedoen is nie. Hoe weet julle?

OUER VAN 'N SELFMOORDPOGING ·

Onderwysers moet hulself nie verontskuldig aan hul bydrae vir kinders wat wil selfmoord pleeg nie. Soms deur dinge wat hul vir die kinders sê, kan hul die kind oor die afgrond druk. Ek weet, want my kind is oor die afgrond gedruk deur ‘n baie “bekwame” onderwyseres van ‘n “baie gewilde” skool, wat nadat sy bewus gemaak is van ‘n verslag van ‘n Opvoedkundige Sielkundige dat die kind met simpatie hanteer moet word want wat hy/sy beleef werklik is, het sy voortgegaan om my kind te viktimiseer in so mate dat etlike dae voor die selfmoord poging, daar vir my kind gesê is dat my kind nie die jaar sal slaag nie. Dit was ‘n noodlottige selfmoordpoging, wat ons as gesin, en familie vir ewig sal bybly. Dank die Vader dit was nie suksesvol nie. Juffrou / Meneer voor jy jou mond oopmaak teenoor ‘n kind met kwetsende woorde, gaan slaan eers jou sielkunde boeke na hoe om die situasie te hanteer.

RG ·

Ek voel jou pyn, want daar is heeltemal te veel sulke insidente. Ek wens egter ouers van kinders wat geboelie word wil begin saamstaan, ‘n aksie groep begin en die probleem op alle gebiede aanspreek met klas aksie waar nodig. In die geval moet Whatsapp self aanspreeklik gehou word. Dis hulle gebrek aan regulerende maatstawwe wat mense toelaat om foto’s of video’s van enige iemand te versprei wat dit veroorsaak. Dis die Mark Zuckerburg’s wat nou aanspreeklik gehou moet word want dis hulle wat net munt slaan terwyl mense se lewens verwoes word met dit waaraan hulle die wereld blootstel en die mag wat hulle plaas in die hande van mense wat nie verantwoordelik genoeg is om dit verstandig te gebruik nie. Daarom, strenger gereguleer behoort te word. Sou interesant wees om te hoor wat Basie von Solms hieroor dink.

anon ·

Ouers en kinders ek wil net se my kleinseun was opstandig, onerwysers wat onregverdig optree, hy is groot gemaak dat mens regvedig moet wees, elkeen kry n kans om sy punt te stel. Hy kry toe n hearing die onderwyseres hom aangekla, oor hy haar gevra het om asb regverdig op te tree. Wat n fnatastiese outcome n hoof wat hom aanspreek maar ook sy vertroue in hom plaas en se ek weet jy kan en is n goed opgevoede kind kom ons wy side onderwysers verkeerd, ook die bestuurs raad lid n prokureur net opbouende goed gese, my kleinseun het daar trots op himself uit gestap met n voor neme om van nou af net die regte dinge te doen, dit kan gedoen word maar die is twee persone wat n invloed gehad het maar wat dan net so weer deur n onnadenkende onderwyser afgebreek word, as jy kie som onderwys te gee moet jy tog seker kinders en hulle denke verstaan???

NC ·

Wonder by waste skool het dit gebeur? Dis vreeslik vreeslik hartseer. Dink aan die ouers xx

nicolene lourens ·

Grootste probleem vandag by skole, is dat die boelies beskerm word. My dogtertjie is in ‘n privaat skool en toe 3 seuns haar vasdruk, is die terugvoer van die skool “ag dis net ‘n speletjie”. Die kinders het nie meer vrymoedigheid om met groot mense te praat as hulle geboelie word nie, want boelies is die “victums”

Joran ·

Ek’t n klagtes gele teen my kind se boelie, ek gee nie om hoe oud jy is nie, as jy so wil optree, moet jy die gevolge dra, jy en jou ouers, want jul gaan nog lank betaal aan dié. Ek’t die boodskappe alles public gemaak dat almal kan sien watter tipe mens die kind is. 1 down 3 to go, en 1ste een gewen.

Carel ·

Ons moet ophou paai en skerm vir lafharte en kriminele en voorbeelde maak van die skuldiges
Nie net in hierdie geval nie maar reg oor die spektrum heen anders gaan ons nooit respek en dissipline in hierdie land kan terugbring nie Dus gaan korrupsie en boosdoenery nooit ophou nie

Liza ·

Na my kind geboelie was deur iemand, het ek die skool gaan sien, en ook n vergadering tussen myself die ouers van die boelie, en skoolhoof. En hulle mooi laat verstaan, dat indien dit voortgaan, ek envoudig net n beskermings bevel sal bekom en dit by die skool laat aflewer, aan hoof en so ook aan die leerling wat boelie, het vir n ruk goed gegaan, Ek verstaan dat onderwysers nie 24/7 na almal kan omsien nie, en alle kan waarneem nie, Het dit weer gebeur, het weer betrokke mense gaan sien, en toe dit voortgegaan het, eenvoudig net die bevel laat doen, Baie vining het dit gestop, en ook in bevel gese, indien daar gediskrimineer gaan word teen oor my kind, ek dit verseker verder sal neem, en dit was die laaste gewees, nie weer geboelie. My voorstel was sommer gewes, dat die boelie, n week lank n bord dra om sy/haar net wat se ” Ek is n boelie” Al was dit afgewys, want dan word die arme kind blootgestel aan boelie, dink ek nog dit sal help,

Storie van Kroonstad ·

My kind was ook geboelie in haar graad 8 en 9 jaar. So gesels bidgroepie mammas van skool een oggend in koffie winkel op die dorp, waarvan koffiewinkel eienaar ook deel van bidgroepie by skool is. Ek wat toe gelukkig vir my kind se onthalwe naby genoeg sit om als te hoor wat gesê word. Hoor al die onwaarhede wat oor my kind versprei word aan en hoe hul kamtig vir my kind bid by skool bidoggende. Besluit toe net dat my kind van skool gaan verander soos sy al gevra het.
Ja ons het eers gewonder of ons kind nie net te fyn gevoelig was nie.
Maar uit eie ondervindings as kind leer mens om mooi na jou kind te luister wanneer hul met jou praat.
Ons het ook toe alreeds met senior mense by skool gesels oor boelies……soos in meeste gevalle op dowe ore geval, want ‘belangrike mammas en kinders’ van skool was betrokke by boelie whatsapps ens.
My kind het geblom in nuwe skool. As volwassene is my kind nou ‘n gelukkige persoon wat net altyd ander wil help wat sukkel of geboelie word.
Mammas en Pappas – luister asb mooi na wat jul kinders v jul vertel en NIE vertel nie.
Sterkte aan jou geliefdes Poplap.

Sias ·

Ek was erg geboelie. Ek was kleiner as die res. Vertraagde groei met ‘n baie bleekvel en fisies swakker as my portuurgroep. Moes hoor dat ek verdien om geboelie te word. Was op elke manier verneder en vertrap. Genadiglik het ek na skool gegroei sodat ek bo al die boelies uitgetroon het. Toe ewe skierlik is al die boelies vriendelik of versigtig. Ek het male sonder tal oorweeg om my eie lewe te neem. Genadiglik het ek daardeur gekom. Wat met hierdie meisie gebeur het is absoluut walglik en skokkend. Ek was gelukkig, ek kon deur dit kom, sy nie. Ek hoop al daardie boelies word deur skuldgevoelens gekasty vir die res van hulle lewens.

Donderstorm ·

Hul hou nie op boelie nie hul hou aan of die skoolhoof met hul gepraat het of nie nou nuwe skool selfde spelers selfde ding net weer oor hul kry lekker daaruit in die VSA is n meisie vermoor aangesien sy geboelie was sy was te bang om op die sloolbus te klim toe loop sy huistoe toe is sy vermoor na die tyd toe hul gevra is toe se hul hul voel nie skildag daaroor nie dit se baie.

My mening ·

Wat help die berading nou? Berading was nodig vir die kind wat gesterf het en die kinders wat haar geboelie het toe sy dit aangemeld het. Maar die hartseer feit is dat skole meestal niks doen nie, al het hulle n “geen boelie” beleid, want dis mos “maar net kinders wat doen wat kinders doen”. Dit raak dringend noodsaaklik dat meer aandag gegee word aan kinders se sosiale media gebruik en dat hulle deeglik ingelig word oor die voor- en nadele en die gevolge daarvan. Dalk moet dit as n vak of deel van n vak ingestel word. Ouers MOET ook meer betrokke wees en deurentyd met hul kinders kommunikeer sodat hulle bewus is wat in hul kinders se lewens aangaan.

Foxi ·

Dis nou n probleem wat nie uitgeroei kan word nie. Om uit daardie geboele uit te kom moet jy veg om te oorleef. Stil stil gee jy daardie boelie op n dag n pakslae wat hy/sy nie verwag het nie. Die skool en die raad gaan jou nie help nie. Hoekom die skool verlaat om n booswig tevrede te stel. Hulle teiken tog net die volgende prooi.

Naas Vermaak ·

Skole behoort ‘n “whistleblower” helpline te he teen boelies en daai info gaan direk skoolhoof, departement en polisie toe.

Anoniem ·

Dit stop ongelukkig nie by kinders nie. Skoolboelies, boelie later kollegas in die werkplek.

Luca ·

Jare lank deur ouer suster geboelie.
Sy het nog nie verander nie
Boelies verander nie.

Anoniem ·

Vir wat dit werd is, ek het my dogter gehelp om as prefek voor te berei vir Vrydag se saalopening by haar skool. Ons het hierdie nuusberig as “voorbereiding” gebruik en ons hele skool dra hierdie familie Vrydag op aan gebed.

Gatvol ·

En dan kry jy briewe van die skool af wat se as jy hule naam op Sosiale Media sit gaan die skool se prokureur dit verder vat.

Maar ander kinders boelie jou kind. EN JY MOET NET STIL BLY!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

AmY ·

Ek is op skool verbaal geboelie, veral omdat ek ‘n eenkant-kind was, en dus ‘ n maklike teken was.
Ek was ook soms rondgestamp, en selfs nie eens toegelaat om te sit op die bus nie al was daar sitplekke oop.
Niemand het iets daaromtrent gedoen nie.
Ek is ook aaklige byname toegesnou, en van my besittings het weggeraak. Dit het ‘n negatiewe invloed op my hele lewe gehad.
Dit was in die tagtiger jare. Tot vandag toe nog onthou ek dit.

KAKtus ·

Dit begin by die ouers en opvoeding. Jy as ouer is die voorbeeld. Die wat seer het maak ander seer…gaan kyk maar.

Blondie ·

Ek is skaam om dit te erken. Ek was ‘n boelie. Tot vandag wonder ek oor wat van “haar” geword het. Ek voel so ashamed oor wat ek gedoen het, maar op daai stadium was die skade gedoen en te laat om dit terug te trek. Ek het ‘n meisie met groot voortande rabit genoem voor ander en ongelukkig het dit soos ‘n veldbrand versprei en van toe af was dit haar naam. Ek kon die seer in haar oë sien. Ek sak my kop in skaamte. Geen mens verdien om geboelie te word.

Aaaah ·

Ek kry skoon trane. Gaan soek haar op Facebook.

Ek dink as sy n verskoning van jou moet kry na al die jare. Sal dit nogsteeds baie beteken.

Men ns vergeet nie sulke goed nie.

xxxxx

pearlywhites ·

Miskien het sy later jare iets aan daai voortande laat doen en het sy vandag ‘n pragtige ‘colgate smile’…

Pa ·

My seun is in die laerskool geboelie deur ‘n seun wat twee jaar ouer as hy was.

Toe sorteer hulle dit agter die skoolsaal uit.

Van daardie dag het die boelie sy gedrag verander. Boelies is dikwels meer lawaai as binnegoed. Les: Moet nooit jouself onderskat nie. Selfs onderwysers het met ander oë na my stil seun gekyk toe hulle sien dat die boelie van die skool sy dag gekry het.

My seun? Dit was die beste les wat hy op skool geleer het.

Dis waarskynlik nie die oplossing vir alle boelies nie. Maar wel vir sommiges.

Katrien ·

Baie keer kom boelies nie ver in die lewe nie, want hul ouers verdedig hulle. In baie gevalle kom die groep boelies uit welgestelde huise en eerste span kinders. Hulle opereer in groepe. Alleen beteken hul niks. Sterkte vroutjie. Dit moet baie swaar wees.

Magaretha van heerden ·

Sterker straf as om skool belet te word. Dit is soos iemand aanmoedig om selfmoord te pleeg. Die skool doen nie veel om dit te verhoed nie.

Hytie ·

Ek self jare lank deur ouer suster geboelie.
Lewenlange letsels.

Alie ·

As kinders fisies geboelie word is dit maklik vir die skool om op te tree maar as dit meisies is wat psigies aftakel is dit bitter moeilik want die boelies tree gewoonlik in groepies op en dis die arme kind wat geboelie word se woord teen die groep boelies sn. My kleindogter, tans in gr 8 word ook geboelie en die skool probeer hul bes maar sy is bang die psigiese aanvalle sal meer word.

Ouma ·

My kleinseun was ook geboelie en kla by skoolhoof en onderwyseres het niks gehelp nie
Hy het met merke en knoppe op sy kop en liggaam huistoe gekom en skoolwerk het agteruit gegaan en wou nie meer skooltoe gaan nie
Nou in ander skool punte uitstekend en geen boelies , want skoolhoof weet wat op sy skoolgronde aangaan
Die moeite werd om ver te ry na n ander skool

Shoneen ·

Kinders in Laerskool moet nie ‘smart’ fone hê of op sosiale media wees nie.
Dit stel hulle bloot aan soveel gevare soos pedofiele, ‘human trafficking’ en emosionele wanbalans.
Omdat alle ouers nie dieselfde riglyne volg nie sit dit ouers wat sterk daaroor voel onder soveel meer druk.

Nicolene ·

Ek is dankbaar dat ek kan tuisskool. My tienerdogters het ook nie slimfone nie. Kinders het nie sulke goed nodig nie. Wat kinders wel nodig het is die evangelie van Jesus Christus. Kinders wat ander kinders boelie het hulp nodig. Hulle is gewoonlik diep ongelukkig.

M ·

Stem saam. Hoekom moet kinders deesdae slimfone he as nog in ouerhuis bly?

Tobie ·

Ek lees en hoor wat almal skryf. Bo en behalwe werk op die uitroei van boeliepraktyke, glo ek dat daar veel meer gedoen kan en moet word om ALMAL te help om huiself beter te handhaaf, hoe om konflik te hanteer, asook hoe om hul die EIK (Emosionele Intelligensie Kwosient) op te bou. Basiese karakterontwikkeling wat ontbreek.

Geskok ·

Ek weet hierdie dra niks by nie maar ek moet dit van my hart af kry, eks werklik jammer vir die ouers en naasbestaandes van die kind mag julle vertroosting by Hom vind. Om geboelie te word is erg. Mense wat nie self daardeur gegaan het nie sal dit nooit verstaan nie maak nie saak hoe hard en lank jy leer nie. Ek stem glad nie saam met die stelling wat Strauss gemaak het nie. Dat kinders nie die kennis het om te besef môre gaan weer oky wees nie. Dit is nie die geval as jy geboelie word nie !! Elke dag word erger todat jy uit daardie situasie geneem word. Kinders is nare goed as hulle jou eers begin boelie. Jy moet letterlik drastiese stappe neem om uit daai situasie te kom en ek se nie selfmoord is die antwoord nie. Ek meen jy sal jou skool bv moet verlaat. Die ding gaan nie net beter word oornag nie. Dis nie hoe dit werk nie.

Rika ·

Ek moes self nou a amptelik email na die juffrou stuur wat my graad4 juffrou stuur wat tans die boelie in my kind se lewe is en so self behepte is dst sy nie eers agterkom as kinders Ander kinders af kraak nie. Dink steek hul Kop in die sand en pick op sagte kinders want dit is Mos makliker om hul uit te sorter as die problem kinders. 3 Dae gegee om amptelik op my email te regeer of ek wat dit verder. Act onmiddelik en moet dit nie Los nie.

Jax ·

Ek gaan nou seker stok-oud klink maaaaar
In my jare, toe my kinders op skool was, het hulle alies gebrand, detensie gesit en die ouers was ingeroep. Laasgenoemde was n reuse skande vir die kind en het beteken dat die ouers hom/haar ook gaan vasvat. Jy as kind, het dit nie gewaag om jou voet skeef te sit nie want jy het geweet dit dra gevolge wat nie lekker is nie.
Dit is wat die probleem is! Kinders smag daarna om reëls en regulasies te hê. Wanneer hulle eendag indiens geneem word, sal daar beslis gevolge wees vir hulle aksies. Ek kan nie verstaan hoe mense dit kan miskyk nie!!!
Rus in vrede jong dame. Ek bid ook vir haar ouers
Mag daai boelies skuldig bevind word aan moord! Sommer alle boelies! Die ding moet dringend gestop word met daadwerklike aksies – tyd vir praat is verby! DOEN!!!!

Ann ·

Aan die ouers alle simpatie, mag God julle vertroos in hierdie vreeslike aaklige tydperk in julle lewens.

Ek dink sodra ‘n kind ‘n boelie uitgewys het by ‘n skool moet die boelie en sy ouers gemeenskap diens kry om te doen vir ‘n jaar lank. Nie strate vee ens nie, hulle moet uit gaan na die gemeenskappe toe en uit hulle eie sakke uit iets goed gaan doen vir daai gemeenskap wat hulle gekies het. Die hele huisgesin moet ook verplig word om te gaan vir berading (ook uit hulle eie sakke uit) want ongelukkig boelies word geskep uit hulle ouers se voorbeelde uit. Miskien as hulle daai wet inbring en dit toepas sal boelies nie meer die energie of krag hê om ander te boelie nie. Miskien op so manier kan ons toekomstige vroueslaners, kinder mishandelaars ens vroeg vroeg in die kiem

Karen ·

@Maroela Media: “Name and shame” asb. die skool waar hierdie voorval plaasgevind het! Ek wil ook graag die naam weet van die onderwyser wat “amper” nie genoeg tyd gehad het om te reageer nie. Ek sal daardie patetiese onderwyser wys wat boelie is!

Girl van Welkom ·

Soos ek altyd vir my dogter van 10 sê……. As iemand jou boelie, kom sê my asb, want daardie kind en die se ouers gaan wens hulle het nie bestaan nie, maar……… as ek hoor jy boelie iemand……… dogtertjie jy gaan so pakslae kry jy sal wens jy het nie bestaan nie.
Ongelukkig moet mens hard en ferm optree rondom die “boelie kwessie” …….. net jammer meeste van die skole tree nie so op daaroor nie.

Inge ·

Dis bitter hartseer. Boelie is al baie jare aan die gang. Ek was geboelie op skool en die ergste was in 2000. Die meisies wat geboelie het, kom self uit n gebroke huis. ń Huis waar sy self geboelie word, fisies of emosioneel. Ongelukkig weet en dink jy nie daaraan as kind nie, jy voel en sien net jou eie pyn raak… dis seker wat ons mens maak. Help ook nie eens jy praat met hul ouers daaroor nie, die finale groot probleem lê eintlik by die huis en die kinders (die boelies) weet self nie hoe om die emosies te beheer nie, dus haal hul al die hartseer wn frustrasie uit op hul “victims” net soos wat hulle victims is in hul eie huise.

Hennie ·

Die kinders moet van graad 1 af een periode n week n vak he waar n sielkundige hulle leer.Ons kinders moet sielkundig geleer word van kleins af hoe om op te tree en goed te kan hanteer.

Nettie ·

Ek was as jong dogter ERG geboelie, op laer- én hoërskool. Name genoem, “poetse” gebak ens. ens.

Ek word vandag STEEDS geboelie – by my werk, d.m.v. uitsluiting en ‘n agteraf-gepraat. Dan wonder mense nog altyd hoekom ek so afsydig en selfs soms aweregs is?

Lies ·

ek dink nie dis die ouers wat meer aandag moet gee nie. dis die skole waar die probleem begin en die skool moet beter aandag gee want dis waar jou kind die meeste van die tyd is.
hoe kan ‘n ouer verantwoordelik gehou word. kinders moet boeliegedrag moet nie eers in ‘n skool wees nie hulle moet weg gestuur word en hulle moet behandeling kry want volgens my is daar fout.

Die Leeu ·

Ek beveel heelhartig die sport SKOPBOKS (Kickboxing) aan.

Dis onbesryflik wat dit vir ‘n mens se selfbeeld en selfvertroue doen. Daarby leer dit mens dissipline en goeie waardes, terwyl dit vir mens ‘n gesonde leefstyl bied.

Dit kan verseker help om alle vorms van boelie beter te hanteer, maar veral ook om mensself fisies te verdedig wanneer dit nodig is.

Vuisgevegte is nie die beste oplossing nie. Maar wanneer boelies mens takel, laat hulle mens soms met geen ander keuse as om mensself te verdedig nie.

Dis verstommend om te sien hoe vinnig ‘n geboelie stop, wanneer die grootste boelie les opgesê het.

Ek kan daarvan getuig.

.

Sophia ·

In die grootmenswereld is daar Unies wie mense teen boelies by die werk beskerm, dit is nou miskien die tyd dat daar iets soortgelyks by skole ingestel word. Ons kan nie toelaat dat kinders geboelie word (dit sluit anders kinders sowel as onderwysers in) nie. Elke insident moet behoorlik ondersoek word en skuldige partye moet gestraf word (kinders, ouers en onderwysers.

Lee ·

Ek is op skool geboelie, jare gelede, tussen st. 2 en St. 5 (graad 5 en 7). Ek was nie ‘n skaam of teruggetrokke kind nie, maar ek was baie skraal; trouens, dit was die bynaam wat my grootste boelie aan my gegee het (net voordat hy op my gespoeg het voor al die ander leerlinge in die revue). Eers 21 jaar later, op 34, kon ek uiteindelik my boelie vergewe ná talle sessies by ‘n ongelooflik goeie sielkundige (waarskynlik toe al my sesde een sedert my laerskooldae). As my ouers net nie my naam aan die hoof genoem het nie, sou die boelie waarskynlik nie so lank aangehou het nie… Maar die boelie én sy ouers was ingeroep, hulle het gehoor wie die klag gelê het, en vervolgens het hy en sy “clan” my laat boet vir my geklikkery.

Ek weet nie wat gedoen kan word om hierdie te stop nie. Al wat ek weet, is dat jy as ouer dit BAIE ernstig moet oorweeg om jou kind na ‘n ander skool toe te stuur die oomblik wat jy hoor hy/sy word geboelie. Dit gaan hom onmiddellik uit daardie situasie haal, want wegkom van die boekie gaan hy nie kan nie. Moenie wag tot die emosionele letsels 21 jaar neem vir jou kind om te verwerk nie.

Boelies moet betaal ·

My kind was in gr 1 reeds geboelie omdat sy die nuwe meisie was (was nie gr 0 daar nie) en omdat die onderwyseres meer aandag aan haar gegee het as die huidige gewilde poppie. Om haar te beskerm het ek haar sumier in n ander skool gesit waar dit baie goed gegaan het. In graad 7 was sy egter weer in die visier van die gewilde girl en haar groepie. Ongelukkig is dit meestal die geval dat die onderwysers die “gewilde” kinders glo, want hulle het die mooiste maniere voor die personeel en sal nooit so iets doen nie. En die onderwysers kom dan so goed met hulle ouers oor die weg. Ons almal, veral meisie-ma’s weet van die spel wat ouers speel om hul dogters gewild te maak. Die dinge het saam hoërskool toe gegaan en my kind het gevaartekens begin wys. Genadiglik kon ons vroeg ingryp. Ouers, hou op om jou kind te leer dat gewildheid so belangriker is, so wat as jou kind nie n leier of wat ook al is nie. Onderwysers, besef dat boelies baie slim is en meestal 2 gesigte het. Boelies weer PRESIES wat hul doen, dit word reeds van graad 4 af in die vak Lewensvaardigheid behandel. Hulle moet eienaarskap neem van hul dade.

Ek wonder ·

Ek wonder darem hoeveel van die kinders wie se ouers kommentaar lewer se kinders gaan nog skool toe kan gaan as hulle geskors moet word a.g.v. boelie. Dink julle regtig dit is die oplossing? Wie gaan nog dan skool toe gaan.

Jenny ·

Aan “Ek wonder”: Is jy ‘n ouer? Aangesien jy soveel weet van ander mense se kinders…

Andre ·

Ek is jammer om dit te sê, maar suck it up. Dit is deel van groot word, mamma gaan nie altyd daar wees nie en jy sal nie oorleef in die werks omgewing nie. Jammer om te hoor sy het haar eie lewe geneem.

Jenny ·

Andre, jy is “fool”!! “There is no fool like an old fool”. Skaam jou, jy is onsensitief – haar ouers gaan dalk nog jou kommentaar lees.

ICare ·

I’m related to an employee at this school. There has been a couple of times that I have feared for this person’s life due to the abuse suffered at work. If the wrong person is placed in a position of authority it can cause havoc, playing God, it can wreck lives. Bullying happens at all levels, sometimes top down. I trust the GDE will for once take note of the outcries and do thorough investigation, so sad that this girl first had to die

Darksider ·

Gou en grou is baie se oordeel. Skape bring skape voort en haat net meer haat….

ICare ·

I have a relative who is employed at this school. There have been many days that I’ve feared for this person’s life due to abuse suffered at school. If the wrong person is placed in a position of authority it will cause havoc. It is trusted that the GDE will do thorough investigation at this school and not just sweep things under the table

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.