17 beseer in kettingbotsing

Die ongelukstoneel. (Foto: ER24)

Altesaam 17 mense is beseer nadat vyf motors en ’n minibustaxi Woensdagoggend in ’n kettingbotsing in Chartwell in Gauteng betrokke was.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici was omstreeks 07:30 op die ongelukstoneel in Cedarweg waar die motors en taxi die pad in een rigting versper het.

Die bestuurders en passasiers van die voertuie het in dié stadium reeds uit die voertuie geklim en op die toneel rondgestap. Die verkeer het begin ophoop.

Medici het beseerdes op die toneel ondersoek. ’n Vrou in haar 30’s is ernstig in die botsing beseer terwyl 16 ander ligte tot matige beserings opgedoen het.

Die pasiënte is almal op die toneel behandel en die vrou is pynmedikasie toegedien voordat die pasiënte na ’n nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die besonderhede rakende die botsing is nie in die stadium duidelik nie. Die toepaslike owerhede was wel vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dup ·

Minibus taxis is elke dag betrokke in ernstige ongelukke met gepaardgaande lewensverlies en beserings.Geen wonder daar word na die taxis as doodskiste op wiele verwys nie.Regulering van hierdie roekelose bedryf moes lankal gebeur het.

JM ·

Spoed en verontagsaming van verkeersreëls deur sommiges wat soos hooligans bestuur.

koos10 ·

Een ding is seker uit die foto, Die taxi het die kar van agter af getref, wat dit seker maak dat die taxi daar skuldig is, maar hy kon ook van agter af getref wees, wat die skuldig faktor versag.

Connie ·

Net die woord Taxi se alles vir my, hulle bestuur soos hooligans. Geen wette nie, en gee nie om vir lewens wat hulle vat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.