2 broers vas wat Jan Taks bedrieg

Twee broers is tien jaar tronk toe gestuur nadat hulle Dinsdag in die streekhof in Mbombela (Nelspruit) skuldig bevind is op aanklagte van bedrog, geldwassery asook vervalsing en uitgifte.

Die ondersoek na June Maphanga (46) en Godfrey Maphanga (45) – destyds die eienaars van ʼn konstruksiemaatskappy – het in 2009 al begin nadat hulle vals belastingopgawes van altesame R1 548 119,19 ingedien het, het kapt. Dieno Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die saak is aan die Valke se eenheid vir ernstige ekonomiese misdaad oorhandig en die twee is in hegtenis geneem en aangekla van 33 klagte, onder meer van bedrog en geldwassery.

Genl.maj. Zodwa Mokoena, provinsiale hoof van die Valke in Mpumalanga, het die tien jaar lange vonnis verwelkom.

“Dit is verblydend dat die pogings van die ondersoekspan en die regbank selfs ná soveel jare vrugte afgewerp het en die broers vir hulle misdaad gestraf is. Ons hoop die vonnis stuur ʼn sterk boodskap aan voornemende bedrieërs dat hulle weldra voor stok gekry sal word,” het Mokoena gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SonderSkaamte ·

MAROELA wie is die ondersoek beampte gewees?
Ek wil vir hulle nog n kroek stuur.

Cherokee ·

2009 tot 2020? En jy wil vir hulle nog ‘n kroek stuur? Dan sal die ondersoek tot 2031 duur.

lollapot ·

STUNNING werk! Daar is net ander wat ook uitgevang is maar niks oorgekom het nie? Dalk voel hulle beter in rooi as in oranje . . .

Scalla ·

Ja Natasja, maar dit het 10 jaar gevat om dit af te handel!!

Leon ·

Zuma en die Guptas het dit gedoen en tot nou toe weggekom daarmee. Hoekom kan die ouens nie ook daarmee wegkom nie? Wat is Zuma en die Guptas beter as hulle?

Johan ·

Hulle moet asb vir Julius ook gaan haal, hy skuld mos miljoene

Jacobus ·

Vang die net die miljoen rand skelms maar die miljaard skelms loop buite rond en gee die reg die middelvinger.
Moeilik om te verstaan veral as jy jou belasting bloei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.