
(Argieffoto)
Een leerder is dood en nog een beseer in twee afsonderlike voorvalle in Gauteng die afgelope week. In albei gevalle is die dade gepleeg deur medeleerders.
’n Gr. 9-leerder van die Sizwe Secondary School in Germiston is na bewering Dinsdagmiddag omstreeks 14:10 twee strate van die skool deur ʼn gr. 11-leerder doodgesteek.
Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, ondersoek die polisie tans die voorval.
By die Nokutuhla LSEN-skool, ʼn skool vir leerlinge met spesiale onderrigbehoeftes in Lyndhurst in Johannesburg, is ʼn 13-jarige meisie Dinsdag beseer
toe ʼn ander leerder haar in die basiese lewensvaardigheidsklas gestamp het.
Die meisie het glo ʼn diep sny onder haar een knie opgedoen waarna sy in die hospitaal opgeneem is vir verdere mediese behandeling.
Mabona sê die departement veroordeel alle gewelddadige dade en wangedrag onder leerders.
“Die leerders wat verantwoordelik is vir die dood en besering van die leerders kan nie ongestraf gelaat word nie. Die departement doen ʼn beroep op ouers om hulle kinders tuis te dissiplineer,” het Mabona gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Julle, ANC, het lyfstraf verban en dis die gevolg daarvan. Julle het kindertoelaes begin en die gevolg is onverantwoordelike aanwas van kinders sonder ‘n ouerhuis waar daar ‘n pa is wat verantwoordelikheid vir daai kinders aanvaar. Nou word hulle ongedissiplineerd groot en dis voor die deur van die korrupte ANC te lê. Julle moet eintlik aangekla word omdat julle onverantwoordelik is.
Mr Mabona julle het ouers verbied om hulle kinders te dissiplineer. Hulle moes van kleins af dissipline ontvang het.
Hoekom altyd wit kinders wys by die berigte???
Mabona, soos gewoonlik skuif julle die verantwoordelikheid op iemand anders af, hier is n tipiese voorbeeld van nog een van jul vele mislukkings.
En hoe stel die meneer voor moet die ouers nou hulle kinders dissiplineer, julle het bybelse riglyne verban.