2 keer lewenslank, nóg 70 jaar vir bendelid

(Argieffoto: Unsplash)

’n Bendelid van Westbury in Johannesburg is twee lewenslange vonnisse én ’n verdere 71 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is op onder meer vyf aanklagte van poging tot moord, die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie sowel as die ondersteuning van kriminele aktiwiteite.

Die 25-jarige Kemal Zita is Donderdag in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die Gautengse polisie, sê Raymond Jansen is in September 2017 deur Zita en ’n medebendelid, Faldeen Sampie Marks, in Westbury doodgeskiet. Twee ander mense is destyds tydens dié skietvoorval gewond.

Marks en Zita het twee dae later weer skote afgevuur en Ricardo Smith is doodgeskiet. Drie ander slagoffers is in dié skietery gewond.

Masondo sê Marks en Zita is daarna in verband met die skietvoorvalle in hegtenis geneem. Marks dien intussen 274 jaar tronkstraf uit nadat hy skuldig bevind is op talle moorde wat verband hou met bendegeweld.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris in Gauteng, het Donderdag die ondersoekspan in die “waterdigte” saak teen Marks en Zita geloof.

“Die bekamping van bendeverwante misdaad bly ’n prioriteit van die Gautengse Suid-Afrikaanse Polisiediens en só ’n vonnis sal ’n sterk boodskap stuur aan diegene wat nog steeds betrokke is by bendes en die gepaardgaande ernstige en gewelddadige misdade.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hennie J ·

Ja en na sowat 12 jaar loop hy uit n vry man en te hel met die slagoffers en hulle naasbestaandes!
In piesangland het kriminele baie meer regte as gewone burgers.
#Bring terug dwangarbeid vir misdadigers

Francois Le Cochon ·

Nee, sal eers na 25 jaar kan aansoek doen vir parool. Sal moonlik eers parool kry na 35-40 jaar.

Phillip ·

25 jaar is lewes lank en nog 25 jaar dan is hy uit en as goeie gedrag ook bepaal dat dit korter gaan wees dit stuur geen boodskap uit nie se eerder doen maar so dis goed so jy kry n ster op jou skouer

Jakes ·

Dit is n siek grap. Kry meer as 100 jaar tronkstraf maar word na 12 jaar vrygelaat.

Boerinmurgenbeen ·

Die land se regstelsels is ‘n grap en ‘n aanmoediging vir kriminele.
Dwangarbeid en doodstraf sal die tronke aansienlik leër laat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.