2 polisiebeamptes vas ná skietery in Eldoradopark

Nathaniel Julius (16) (Foto: Twitter)

Twee polisiebeamptes is Vrydagaand in hegtenis geneem in verband met die dood van die 16-jarige Nathaniel Julius van Eldoradopark. Die polisiebeamptes is verbonde aan die plaaslike polisie se misdaadvoorkomingseenheid.

“Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het ná noukeurige oorweging van die bewyse wat voorgelê is, besluit om die twee lede wat by die beweerde skietery betrokke is in hegtenis te neem,” het Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Cola word die polisiebeamptes in dié stadium van moord aangekla. Hulle mag moontlik later ook van dwarsboming van die gereg aangekla word.

Maroela Media het vroeër berig Nathaniel het Woensdag na bewering in die kruisvuur tussen ʼn bende en die polisie beland. Nathaniel is gebore met Downsindroom.

Die skietgeveg tussen die bendelede en polisie het ontstaan ná die polisie ʼn wenk ontvang het oor gesteelde motoronderdele in die omgewing.

Mo Senne, woordvoerder van Not In My Name International (Nimni), het vandeesweek gesê Nathaniel se dood is “ʼn regstreekse gevolg van gewapende mans in blou wat nie voldoende opleiding ontvang het nie”.

Volgens berigte voer die familie aan die seun is dood toe hy nie op versoeke van die polisie gereageer het nie. Hy kon egter nie daarop ag slaan nie omdat hy gebore is met Downsindroom.

Die gemeenskap het vandeesweek geregtigheid geëis vir Nathaniel se afsterwe. Dit het tot betogings in die gebied gelei en polisiebeamptes moes rubberkoeëls gebruik om die ontstoke skare uiteen te jaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Daar is nou soveel protes optogte oor die hele wêreld. Baie van die betogers loop met hul babas op hulle skouers in die strate waar polisie met vuurwapens staan en betogers waarsku om pad te gee. Daardie babas/kinders kan per ongeluk raakgeskiet word indien die polisie sou lostrek. Nou wonder ek wat het hierdie arme sestienjarige gestremde kind op straat gemaak te midde van hierdie onveilige situasie. Sou hy nie vandag nog gelewe het indien iemand aan die polisie genoem het dat hierdie kind gestremd is en hom nie moet skiet nie? Of nog beter, moes sy ouers/familie hom nie maar uit die gevaarlike situasie verwyder het nie?

Willem ·

Die betogers is slim. Druk die kinders voor want dan kan polisie niks doen nie

Vonkprop ·

Al reageer ‘n kind nie, hoe skiet jy net sommer links en regs en dit op ‘n kind? Dit is walglik hoe pateties swak sekere van ons polisielede is. Nie almal is sleg nie, daar is baie baie goeie polisielede daar buite, maar hierdie “trigger happy” polisielede is swak en pateties verby. Hoop hulle word suksesvol vervolg.

Persheks Adri ·

Dis soos trotse boervrou sê: hulle het vrye teuls gehad en maak net soos hulle wil.

Dis baie tragies dat dit gebeur het en ja jy is verantwoordelik vir jou kind! Ons sal nie weet wat die ouers gedink het nie. Dis regtig tragies.

Trotse Boervrou ·

Melaney, gedurende die Inperktyd is die polisie vrye teëls gegee. Sekeres van hulle het heeltemal oorboord gegaan. Tot op hede het diesulkes nog nie die gevolge gedra van hul onwettige optrede teenoor sommige van die publiek nie. My mening is dat ALLES in die land nou buite beheer is. Indien die Regering van die dag wet en orde kon handhaaf, in eie geledere ook, sou hierdie arme kind nooit gesterf het nie. Daar loop meer mense rond met ‘n indirekte aandeel hieraan en wat verantwoordbaar gehou moet word….

Persheks Adri ·

Innige simpatie aan die familie en in die moeilike tyd mag God julle dra!

Dis oor hulle net wil skiet en regtig nie die opleiding kry nie. Hier by ons ook al gesien. Dis baie maklik om ‘n wapen af te vat van die pote af. Almal weet jy gaan nie eers in Eldo’s in nie…

Dan wil groot hoed ons ontwapen!

Sarel ·

Die voorval is uiters tragies en verantwoording moet geneem word. Ek het egter vrae rondom die voorval:
1. Wasr was die seun se versorgers hulle moet antwoord hoekom die seun daar was sonder toesig.
2. Hoekom word die Polisie alleen verantwoordelik gehou.
3. Daar was nie soverl aandag geger aan kinders wat tydens bendegeweld sterf nie. Moet ek aanneem hulle lewe was minder werd of word bendes en misdadigrs deur die gemeenskappe beskerm.
4. Laaste vraag wie het eerste begin skiet , die bendes of die Polisie.

Sarel ·

In vorige jare het volwassenes tydens optogte agter kinders geskuil.

marius ·

Nou word die polisie uitgesonder ? Hierdie gemeenskappe beskerm bendes en is die oorsaak van die gemors . Die kind se bloed sit aan hul hande !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.