2 wreedaardig op hoewe vermoor

(Argieffoto)

Die berig bevat inhoud wat sommige lesers mag ontstel. 

Drie verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die liggame van twee mans op ’n kleinhoewe buite Maclear in die Oos-Kaap aangetref is. Die mans is keelaf gesny en met hul hande agter hul rûe vasgebind aangetref.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring ’n bekommerde lid van die publiek het die polisie Maandag genader nadat dié persoon nie die eienaar van die kleinhoewe sedert verlede week met ’n oog gesien het nie.

Die kleinhoewe is 5 km buite die dorp op die Mount Fletcher-pad geleë.

Volgens Tonjeni het polisiebeamptes ondersoek op die kleinhoewe ingestel en gedwonge toegang tot die huis verkry. Hier het hulle die verminkte liggame van twee mans, onderskeidelik 50 en 54 jaar oud, in ’n slaapkamer aangetref. Die mans is ook erg aangerand, met tekens van struweling.

Tonjeni sê die motief vir die dubbelmoord is in dié stadium roof aangesien die verdagtes die huis van buite af gesluit het en ’n televisiestel en kontant in die huis van drie verdagtes aangetref is.

Dié mans sal na verwagting Donderdag in die landdroshof op die dorp verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JANINE ·

Moord en doodslag sonder rede is aan die orde van die dag in ons mooi land :-(

Oujongvrou ·

Jou lewe is deesdae n tv tel werd. Mnr ramaposa, dis wat mens in jou land geword het. En dis n crime against humanity.

Genis ·

Ai Serfaas, mens verstaan nie, daar word n Groot bohaai gemaak oor FW se uitlatings, en niks hiervan word benoem nie? Is dit nie n skandaal nie… Dit staan bekand as “genocide”?

Werner ·

As die motief roof was sou hulle nie die mans se kele afgesny het nie

twaalfboor ·

Werner
Die motief was roof. Die moord dmv keel afsny is ‘n bysaak vir hulle……want hulle kan en wil.

J ·

My innige simpatie aan die familie en vriende van die slagoffers.

Ons moet ons SELF verdedig!

Dis nou oorlog!

Louise ·

Ek se weer, wanneer n mens moord pleeg het jy alle regte verloor op n vrye samelewing en dat ons lewenslank net 25jaar is, is lagwekkend! Lewenslank beteken jy gaan DOOD agter tralies. AL is dit 90jaar….

Kietsie ·

Daar is nie meer respek vir mekaar nie. Elke ou vir homself dis SA vir jou. Hulle moor omdat hulle kan en omdat hulle dink hulle daarmee gaan wegkom. Hoop die regstelsel laat nie die familie van die twee in die steek nie. Waar gaan ons land eindig as elkeen net moor en aanrand soos hulle wil? Bid vir die families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.