20% van kinders in Gauteng nie teen masels ingeënt nie

Argieffoto (Foto: Adriano Gadini/Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie is besorg dat die vier gevalle van masels wat in Gauteng bevestig is, tot ʼn groter uitbreking kan lei onder die ongeveer 20% van jong kinders wat nie teen masels ingeënt is nie.

Jack Bloom, die DA se skadu-LUR oor gesondheid, sê die entstof is veronderstel om op ses en nege maande op alle kinders toegedien te word.

“Syfers van die Gautengse departement van gesondheid wys egter dat die tweede dosis se inentingskoers die afgelope jaar tot ongeveer 80% afgeneem het. Dit was gewoonlik baie naby aan 100%, maar het afgeneem selfs nog voor die ontwrigting wat die Covid-19-epidemie veroorsaak het.”

Masels is hoogs aansteeklik en kan tot ernstige komplikasies en selfs die dood lei in ʼn jong kind wat immuungebrekkig is en aan wanvoeding ly.

“Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word twee of meer gevalle in ʼn enkele distrik as ʼn uitbreking beskou. Altesaam drie gevalle tot dusver is in Pretoria aangemeld met een geval in die Wes-Rand.”

Die DA moedig alle ouers aan om op hoogte te bly met alle entstowwe vir kinders wat gratis beskikbaar is by staatsklinieke.

“Die Gautengse departement van gesondheid moet spesiale maatreëls instel om die daling in inentings vir kinders om te keer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Asgat ·

Moet net nie ons alweer in n’ rampstoestand laat ingaan nie…..

DieKriek ·

Dit is n ou entstof wat doeltreffend werk. Ek wonder nou net waar djt gratis is want toe ons 3 jaar gelede my kleindogter wou laat ent, moes ons orals betaal. Miskien net in Mamelodi of sulke woonbuurte gratis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.