20 vas wat glo weer wou stem

(Foto: Maroela Media)

Die polisie het bevestig dat 20 mense in hegtenis geneem is nadat hulle meer as een keer probeer stem het tydens Woensdag se nasionale en provinsiale verkiesing.

Neëntien van die verdagtes is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem, het brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sestien van die verdagtes is in Danhauser in hegtenis geneem, twee in Hluhluwe en een in Port Shepstone terwyl die 20ste verdagte in Douglasdale in Gauteng in hegtenis geneem is.”

Naidoo het gesê die verdagtes sal binnekort in verskeie howe in KwaZulu-Natal en Gauteng verskyn. “Die verdagtes het na bewering artikel 88(d) van die Kieswet (no. 73 van 1998), waarvolgens ’n persoon meer stemme probeer uitbring as waarop ’n persoon geregtig is, oortree.”

Intussen het Arnold Mulaudzi van die ProMakhado-aksiegroep wat Dinsdagaand in hegtenis geneem is, vandag in die Vuwani-landdroshof in Limpopo verskyn.

Hy is in hegtenis geneem vir die oortreding van artikel 87(1)(a) van die Kieswet. Hiervolgens mag geen persoon ʼn ander persoon dwing of onwettig oorreed om te stem of nie te stem nie of om te stem of nie stem vir enige geregistreerde party of kandidaat nie. Mulaudzi is op borgtog van R5 000 vrygelaat en moet weer op 3 Junie in die hof verskyn.

Volgens Naidoo wys die talle inhegtenisnemings daarop dat die veiligheidsfunksies wat deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) ingestel is om te verhoed dat iemand meer as een keer stem inderdaad doeltreffend was.

Naidoo het gesê mense wat op sosiale media spog dat hulle meer as een keer gestem het, moet daarop let dat dit ʼn oortreding van die Kieswet en moontlik bedrog is.

Die polisie het volgens Naidoo ook kennis geneem van die verskeie video’s en boodskappe wat op sosiale media geplaas is. “Die meeste hiervan is deeglik hanteer. In een geval is OVK-amptenare onmiddellik van hul pligte onthef nadat hulle van die agterkant van ’n bakkie af sake gedoen het.”

Volgens Naidoo sal die gesamentlike operasionele en intelligensiestrukture van die polisie voortgaan om alle gebiede oral in die land te monitor om te verseker dat die verkiesingsproses vreedsaam voortgaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hansie Slim ·

Tronk gaan te klein wees om hierdie wet toe te pas!!
Kry eerder ons staatskapers agter trallies… hulle was eerste

TB ·

Hoekom stem ons as die stemmery korrup is? Die regering moet n nuwe stelsel implimenteer, n geregistreerde data base wat met n vingerafdruk werk. As jy jou stoepa druk moet dit op die database registeer en as jy n skelm 2e of 3e keer wil stem moet die vingerafdruk masjien n rooi alert uitskop so kan hul di affere van korrupsie heeltemal uitskakel. Sê maar net

Netso ·

Leë blikke! 20 mense gaan daar nou ñ voorbeeld gemaak word van. Waar ñ rokie trêk is ñ ” bosbrand ” dis in elkgeval so onafhanklik soos kan kom komissie.

Johan ·

Verklaar die verkiesing ongeldig. Daar is baie meer as 20 mense wat dit gedoen het en weggekom het.

Hansie Slim ·

20/20 000 000 Dit gaan geen verskil maak nie
20 000/20 000 000 Steeds geen verkil.
Werk self die persentasies uit.

James ·

Die verkiesing kan nie geldig wees nie… van dubbel stem, Rusland en stem bokse langs die pad….

TB ·

Hoekom stem ons as dit als so korrup is? Die regering moet maar n nuwe stelsel implimenteer, n database wat met vingerafdrukke werk. As jy jou stoepa druk moet dit op die database registreer en vir die wat n skelm 2e of 3e keer wil gaan moet die dabase n rooi alert uitgooi. Ek dink so iets sal nogals werk.

bjsmit ·

stem saam met tb mar nou wil hy my stemreg weg vat want ek het nie vinger afdrukke nie en dis al vir meer as 15 jaar

Hannelie ·

Ek wil net weet dié wat so gespog het hul het meer as een keer gestem…..is daai IEC stemlolaal dan nie óók korrup nie? Want jou naam is reeds doodgetrek op die lys. Wie help vir wie. Hierdie hele kiesery is vol korrupsie. Dan is die hele verkiesing mos eintlik mors van tyd.

marous ·

ovk skelms word net onthef van hul pligte ? Dit is alles ‘n bedrog spul !

johan ·

Ovk werkers is tog maar net anc ondersteuners… hoekom sal iets keer wat hul party bevoordeel

anton ·

Ja die korrupsie is maar net een van die vele redes waarom ek nie my tyd en krag mors om te gaan stem nie!!!
En hoe het Mark Twain gesê……”If voting made any difference, they wouldn’t let us do it.”

madels ·

Daar is sekerlik duisende wat dubbeld gestem het, dis hoekom die ANC so ver voor is :-(

Anoniem ·

@Madels, ek is geneig om met jou saam te stem. Met al die oneerlikheid wat plaasgevind het kan hierdie verkiesing virseker nie as “vry en regverdig” beskou word nie. Hierdie verkiesing moet ongeldig verklaar word.

Pensioenaris ·

Hannelie, waar ek was was nie eers n lys waar op jou naam is nie. Jy moes jou naam/ID no op n A4 papier skryf.

elize ·

Dubbel stemmery het seker met vorige verkiesings ook gebeur. Dis seker net die eerste keer dat iemand vasgevat word

ZIS ·

Volgens my is die hele stemmery `n klug spel,hoekom mors `n mens jou tyd met stem. Ek glo nie die tellings nie, sal dit ook nooit glo nie. Die ANC stemmers sien wat aangaan in ons land, maar steeds gaan stem van hulle vir die ANC. Daar waar mense twee keer gestem het, moet die hele provinsie se stemme ongeldig verklaar word.

Boxer ·

Ek wil graag weet. Wat stop ‘n beampte by die lokaal waar dit baie stil is soos op die platteland, en vir ‘n halfuur was daar nie mense nie om dan drie of vier briewe te vat kruisies te trek en dit in die boks te gooi nie. Alles is tot sy beskikking? Wie gaan weet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.