22% meer mense vermoor

(Argieffoto: Unsplash)

In net drie maande (Januarie tot Maart vanjaar) is 6 083 mense in Suid-Afrika vermoor.

Dit is 1 107 meer moorde gepleeg vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar (4 976) en ’n amptelike styging van 22% in die moordsyfer.

Genl.maj. Norman Sekhukhune, hoof van die polisie se misdaadnavorsing en ‑statistieke, het Vrydagoggend aan parlementslede onthul dat ander geweldsmisdade soos poging tot moord, verkragtings en roof met verswarende omstandighede gedurende die tydperk ook toegeneem het.

Sekhukhune het Vrydagoggend die kwartaallikse misdaadstatistieke aan die portefeuljekomitee oor polisie in die parlement voorgelê. Die statistieke word 12:00 amptelik deur Bheki Cele, die polisieminister, bekend gemaak.

Sekhukhune het egter vanoggend reeds bekend gemaak dat kindermoorde met 37% gestyg het, terwyl gevalle van poging tot moord tydens die eerste kwartaal van vanjaar met 24,8% gestyg het. Altesame 1 135 meer gevalle is in dié tydperk aangemeld, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

Verkragting het tydens die genoemde tydperk met 13,7% toegeneem. Altesame 10 818 gevalle van verkragting is in die eerste drie maande van vanjaar by die polisie aangemeld. Dit is 1 300 meer gevalle vergeleke met die eerste drie maande van verlede jaar.

Seksuele aanranding het met 13,4% toegeneem terwyl gevalle van gepoogde seksuele aanranding met 13,4% opgeskiet het.

Aanranding met die doel om ernstig te beseer het met 18,1% toegeneem – 6 500 meer gevalle vanjaar as verlede jaar.

Roof het met 13% gestyg terwyl 6,5% meer gevalle van roof met verswarende omstandighede gedurende vanjaar se eerste kwartaal by die polisie aangemeld is.

Altesaam 78 ontvoerings met die doel om ’n losprys te eis, is tussen Januarie en Maart aangemeld. Die meeste ontvoerings is in Gauteng aangemeld (32), gevolg deur Limpopo (10), die Vrystaat (9) en KwaZulu-Natal (8).

In die Wes-Kaap is ses ontvoerings aangemeld, terwyl vier ontvoerings in die bestek van drie maande in die Oos-Kaap aangemeld is.

Die meeste van die eerste kwartaal se moorde is by die Umlazi-, Inanda‑, en Plessislaerpolisiestasie in KwaZulu-Natal aangemeld.

Hou Maroela Media dop vir meer oor die kwartaallikse misdaadstatistieke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

domheks ·

Dit is omdat daar nie ‘n “POLISIE MAG” is nie. Die is van bo tot onder verrot.

Hennie Biebouw ·

Suid-Afrika se samelewing is verrot. Die nuttelose polisiemag is nie die enigste faktor in hierdie anargistiese orgie van geweld in Suid-Afrika nie.

Marius ·

Want SAPS lede staan nou meer as ooit voor in die ry as dit by misdaad kom . Swak syfers SAPS , en ons moet julle vertrou ??

Waarnemer ·

6000 mense in 3 mnde?WOW…..dink net as ons die Amerikaanse polisie hier gehad het kon drie jwart van hierfie moorde verhoed gewees het want hulle skiet moordenaars dood.Die SAPS poogbom moordenaars voir die hof te kry om gevonnis te word net om na 3 mnde weer vry gelaat te word op “mediese parool”

E ·

En dan ontsnap hulle nog dikwels uit die einste polisie se hande…

Piet ·

Sou daarvan hou om die statistiek te sien oor die verskillende wapens gebruik in hierdie voorvalle. Voorheen was skerp voorwerpe 41% en vuurwapens 36%. Dus, skerp voorwerpe was die voorkeur wapen.

Jacobus ·

Teen die tempo wat SAPD vuurwapens “verloor” hoof jy nie eers te wonder nie. Dan was daar die “rent an AK 47” – WAARVOOR ONSE ANC pa moet staan!

Laksman ·

Solank jy net jou cv masker dra sal jy ok wees……….al is dit op jou ken ;)

Rooikoos ·

Die bestse ding wat polisie in hierdie land kan doen is “monitor”.

Gerhard ·

Uhm……dit is n hoër sterfdesyfer as Covid per maand in Suid-Afrika, maar hulle kan dit nie tot n ramp verklaar nie…..Absoluut onaanvaarbaar dat dit nie reg aangespreek en opgelos word nie. Sjoe, dit is bitter erg. Is moeilik om te glo ons land is in die toestand wat dit is, oral oor nie.

Swerwer ·

Miskien moet almal wat aangestel is om statistieke te lewer liewers in poste geplaas word om moord en doodslag uit te roei, dan sal dit ‘n positiewe bydrae wees. Statistieke beteken niks want die wesens wat veronderstel is om wet en orde te handhaaf is die grootste risiko

LANA is ELANè ·

En vanweë die syfers is Suid Afrika huidiglik die gevaarlikste land om in te leef, selfs gevaarliker as sg oorloggesteisterde lande soos die Oekraiëne. Danksy ñ regering wat anderkant toe kyk en die SAPD wat deel is van ñ rampokker bende waarvoor die gewone man op straat, banger is as vir die misdadigers self.

JohanR ·

Soe hier middenag 31/12/2022 is 24332 in SA VERMOOR, of nou 67 elke DAG. Wonder hoeveel sal boere wees? Ja ANC daai hardwerkende mense wat die kos op ons tafels sit. Die kos kom nie vanaf Checkers, Woolworghs of P&P nie.

Willem Gideon ·

So vertel my hoe keer die Polisie moord, verkragting, seksuele aanranding, ontvoerings, roof ens……. die vraag is hoeveel arrestasies is gemaak en vervolgings plaasgevind …… daaraan kan mense hulle meet……

Naomi ·

Meneer Cele self die statistieke bekend gemaak …ek sou my dood skaam en daardie hoed oor my oë getrek het

Hannes ·

BC doen niks met sy hoed en dom uitdrukking, Ramaphosa probeer die ANC korrupsie verdoessel met ‘n BEE taakspan terwyl Suid Afrika op ‘n ramp afstuur. Ons is in die moeilikheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.