25 beseer toe vier voertuie bots

Die ongelukstoneel op die R550 in Walkerville. (Foto: ER24)

Altesaam 25 mense is Woensdagoggend beseer toe ’n vragmotor, twee minibustaxi’s en ’n bakkie op die R550 in Walkerville, suid van Johannesburg, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici van verskeie nooddienste het ná 10:00 op die toneel aangekom en die bakkie en vragmotor in die een baan aangetref. Die twee taxiwrakke het aan weerskante van die pad gestaan.

Verskeie beseerdes het in dié stadium op die toneel rondgeloop.

Almal is ondersoek en daar kon vasgestel word dat 25 mense ligte tot matige beserings tydens die botsing opgedoen het. Die beseerdes is almal op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die presiese omstandighede rakende die botsing is nie in dié stadium bekend nie.

Die plaaslike owerhede was vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

Die ongelukstoneel op die R550 in Walkerville. (Foto: ER24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Swerwer ·

Vragmotor en Taxi’s betrokke. Algemene ongeluk op wiele!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.