3 in hof ná ‘padwoede’: Egpaar steeds ‘bang, skrikkerig’

Hannes Viljoen, Pieter de Beer en Hanno Bierman. Foto: Tania Heyns

Drie jong mans het vandag vlugtig in die landdroshof in eMalahleni (Witbank) in Mpumalanga verskyn in verband met ‘n vermeende padwoede-voorval vroeër vanjaar in dié dorp waartydens Willem Potgieter (52) só erg aangerand is dat hy aanvanklik in ʼn koma was.

Hanno Bierman (30), Pieter de Beer (29) en Hannes Viljoen (28) het vlugtig in die hof verskyn voor die saak tot 5 November uitgestel is. Die saak sal dán in die streekhof aangehoor word. Die drie jong mans staan tereg op aanklagte van poging tot moord.

Lourens Potgieter, Willem se broer, het in die hof aan Maroela Media gesê dit gaan sedert die voorval in die omstandighede goed met die egpaar.

“Willem is uit die hospitaal ontslaan, maar hy is nog steeds nie reg nie. Hy is van balans af. Hy het nog harsingskudding weens daardie houe. Hoe ouer jy is, hoe langer neem dit om te herstel. Dit gaan nog ʼn tydjie vat, maar hy raak elke dag beter en sterker.”

Lourens vertel dat Willem en sy vrou, Santie, wel nog traumabehandeling ontvang om die gebeure van dáárdie aand te verwerk.

“Dit gaan nie goed met hulle in daardie opsig nie. Hulle is regtig bang en nog skrikkerig vir alles, maar hulle sal deurtrek.”

Willem Potgieter in die hospitaal. Foto: Verskaf

Maroela Media het vroeër berig Willem en Santie was op 20 Julie net ná 21:00 op pad terug na hul huis in Tasbetpark nadat hulle gaan uiteet het toe vier mans in ʼn Dodge Ram-bakkie glo ʼn rooi verkeerslig verontagsaam en Willem sy toeter gedruk het. Die bestuurder van die bakkie het glo stilgehou en daarna die Potgieters begin agtervolg.

Die Potgieters se bakkie is kort hierna van die pad gestamp en die bestuurder het ook herhaaldelik teen die passasierskant vasgery, wat veroorsaak het dat Santie nie haar deur kon oopkry nie.

Die Potgieters se bakkie. Foto: Verskaf

Willem het uitgeklim en ʼn waarskuwingskoot in die grond geskiet waarna drie van die mans hom oorrompel en ernstig begin aanrand het. Santie is ook aangerand. Sy het snye op haar kop opgedoen, twee ribbes gekraak en ʼn rib gebreek. Haar been is ook erg gekneus weens die skade wat aan die passasierskant van die bakkie aangerig is.

Willem het baie ernstige beserings opgedoen en daar is van die toneel met hom na die Life Cosmos-hospitaal gehaas. Hy is in ʼn geïnduseerde koma geplaas nadat hy na die Milpark-hospitaal oorgeplaas is. Sy wangbeen is vergruis, sy kaak is gebreek en hy het ʼn skedelbreuk opgedoen.

Die aanval op Willem het sowat 45 minute geduur.

Bierman, De Beer en Viljoen het hulle ná die voorval aan die polisie oorgegee. ʼn Vierde verdagte in die saak is tot op hede nog nie in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

158 Kommentare

Lee ·

Ek het nogal gewonder oor die saak. So bly dit gaan ‘n bietjie beter met Willem. Hierdie ouens het daai egpaar se hele lewe verwoes. Hoop hulle word goed gestraf hiervoor.

Ellisras ·

Ek dink nie die volle storie is nog vertel nie. Willem het ‘n vuurwapen gehad. Hy het ‘n skoot geskiet. Dit begin al klaar lyk of die storie ‘n ander kant het.

Frank ·

Dis een van die ergste dinge van ons land wat so agteruitgaan wat my vang. Blank teen blank. Hulle het seker ook ‘n storie om te vertel, maar jy tree mos nie so op teen jou eie vel nie???

Karlahari ·

Die ander kant is waar hulle herhaaldelik met n Dodge RAM wat baie groter as n HiLux is teen die vrou se deur gestamp het.
Voor haar man uitgeklim en waarskuwing skoot geskiet het. Dit is die ander kant.

Kolonel ·

OK Ellisras. Gooi hom vir ons.
4 jong ouens teen een, wat die een persoon, wat aansienlik ouer is, vir 45 minute lank aanrand. Vertel vir ons die ander kant.

Ai Tog ·

@Ellisras – wonder wat jy sou doen as iemand met so groot bakkie herhaardelik teen jou bakkie se deur vasry waar jou vrou sit, hoe moes hy hulle andersins afweer? Mooi vra om asb met die stoutigheid op te hou? hulle kon hom dood gery het. Padwoede van arrogante bestuursders is die ander kant van die storie. PLUS hulle was 2 ouer mense teen 4 jong sterk mans. Die prentjie kleur hom dus self in.

Willem Grobler ·

Hulle kan bly wees hierdie oom het nie uit daardie Hilux geklim nie want ek sou nie in die grond in geskiet het nie.

Skaap ·

As ons eie jong manne ons ouer mense…..en selfs n vrou ernstig aanrand, dan is die skrif aan die muur vir ons nasie

Joke! ·

Tronk toe met die skobbejakke en gooi weg die sleutels! White trash!

Risko ·

Hoekom 15 jaar? Coert Kruger het sy seun hierdie jaar dood geskiet, skuld in die hod erken en net ‘n waarskuwing gekry. Ons regstelsel word gekoop!

Karien ·

Risko, as ek dit reg het het Coert Kruger sy seun vir n inbreker aangesien. Ja, hy het hom geskiet, maar nee, beslis nie bedoel om sy seun te skiet nie, so dink nie een wat reeds so ly moet nog agter tralies sit nie. As pa voel hy reeds skuldig en moet elke dag met wat hy gedoen het saam lewe.

Hoekom? ·

Was dit enigsins nodig? Ek wens ek kan daar in die hof vir hulle vra: Hoekom? Watter genot het julle hieruit gekry? Julle het 2 liewe mense se lewe aangeval vir hoekom nou weer?
Mag hulle lank sit, want wat hulle gedoen is afskuwelik.
Willem en Santie, ons almal wens julle beterskap toe.

Pine ·

Trots jong afrikaans. Sies man julle behoort julle koppe in die sand weg te steek. Julle groot menere saam. Vat maar julle straf soos julle moet. Julle lewens gemors op bravade. Regtig skaam vir julle. My kinders se ouderdom.

Lee ·

Ag sies man. Ek skaam my vir ons eie mense. Julle 3 behoort julle RERIG te skaam.

Pieter ·

Chris,
Die jong manne van vandag het sedert 1993 nie meer diensplig gehad waar hulle displine en verantwoordelikheid kon leer nie. Nou doen hulle wat hulle wil en het absoluut geen respek vir ouer mense nie en is verskriklik eiegeregtig terwyl ons oues nog steeds die disipline in ons lewe toepas.

Karolis ·

Neewat Chris, volg jy maar in jou pa se voetspore.
Ons is verseker nie van dieselfde klas nie.

Chris ·

Goeie naand Pieter,

Ek is n jong man. Ek het nie diensplig gedoen want ek was nog op laerskool in 93.

Die punt is…..respek kom van altwee kante af…….jonk en oud.

N grys kop Omie met D/B cab bakkie het my, my vrou en 2 dogtertjies Sondag van die pad af gedruk om oor n solid wit lyn verby te gaan. Die ou man het geen respek vir my of my familie se lewe gehaad. Glo my as hy my familie seer laat kry het , sou hy erger as die persoon op die opskrif gelyk het. Ek neem aan ek sou dan die slegte een gewees het?

Ek se glad nie die drie manne hierbo goed…die hof sal veroordeel. As die persone hom so na gekom het, hoekom n waarskuwing skoot? Ek het wapens en ken die wet rondom dit taamlik goed. Hy het die reg gehaad om hulle te skiet as hulle hom af van die pad gedruk het soos die foto van die bakkie wys. Asook as hulle uit hulle voertuig geklim het om hom te nader kon hy hulle uit sy voertuig skiet. Hoekom uitklim en skoot in die grond skiet?

Ek dink voordat somige kommentaar lewer moet hulle eerder mooi dink….dis die tipe woorde wat ons as Afrikaners nie laat saam staan!
Voorbeelde van verkeerd in die land:
Verkragters- Alle SA mans?
Rassiste- Alle Wit Mense?
Skelms- Alle swart Mense?
Aanranders- Alle Jong Afrikaners?
Ek glo nie!

Chris ·

Karolis,

Kan ongelukkig nie. Het net n ma gehaad. Maar is bly ons klas verskil. Die punt van my stelling…….hierdie goed gebeur nie net van die 80’s, 90′ of 2000’s nie.

Vra jou Pa.

George ·

Gaan lees wat ronald reagan oor sulke mense se. Laaste wat hy se in sin gooi die sleutels weg

Frank ·

Ja, Johan, maar hulle is ongewapen, jy kan nie net skiet nie. Jy weet mos nie dat jy vir die volgende 45min geskop en geslaan gaan word nie, anders het jy dalk ‘n voet om op te staan. Maar hoe bewys jy dit in die hof?

Walter ·

As jou of jou brou of gesin se lewe in gevaar is kan en mag jy die persoon wat die skade wil rig skiet… hoe bewys jy dit deur die fotos van die bakkie sy vrou wat seer gekry het… as hulle wapens gehad het dan was die Oom en Tannie Dood..

Carel Pienaar ·

Nou dink die manne nie voor hulle optree nie? Ons lewe in n baie ingewikkelde wêreld deesdae. Moet dit nie moeiliker vir jouself gaan maak nie.

Jerry ·

Die regses, net soos die linkses is maar n lafhartige spul. Altyd in n groep met geen verdraagsaamheid en respek vir niks en niemand nie, nie eers vir hulself nie, maar trap jy hulle een vir een vas, boetie dan sing hulle darem vir jou heeltemal n ander deuntjie. Hierdie drie sal hopelik n les leer en oor die lewe se leef en laat leef besin. Die feit dat Willem n waarskuwingskoot moes skiet en dat dit hulle nie eers afgeskrik het nie se vir my die drie het groter probleme wat in die verhoor vir hulle voorle as wat ek dink hulle besef!

SêmaarNetEen ·

Nou hoe is die 3 regs? Ken jy hul miskien. Indien jy doen, wys bietjie foto van no 4 of sy naam. Storie is sy pa het geld.
Ek bid regtig geregtigheid sal seëvier. Al maak iemand jou kwaad slaan jy hom nie in ‘n koma in nie, veral nie as dit ‘n oom of tannie is nie.

Cherokee ·

Jimmel Jeremiha, jy kan darem maar snert kwyt raak! Waar ken jy hul politiek vandaan? Hulle is te pernosel om enigiets van politiek af te weet. Vir liberaliste soos jy is enigeen wat nie DA stem, regs.

quinton ·

Andre..hulle kan altyd bietjie gaan vir n site see..ing visit, ek is mos klip gooi ver van witbank af. so bietjie gaan interrogate..

JohanL ·

En die 4de verdagte? Waar is hy? Sekerlik weet die 3 aangeklaagdes wie dit is en waar hy veronderstel is om te woon? Dalk moet nog ‘n klag bygevoeg word op hul klagstaat: “Dwarsboming van gereg”?

Anoniem ·

Afhangende van n 52 jarige se gesondheid en fiksheid kan hy as n ou man kwalifiseer maar daar moet onthou word enige person se kragte begin afneem op daardie ouderdom. Drie jong manne is basies in hul top vorm op daardie ouderdom en hulle lyk ook nogal soos brekers. Wat hulle gedoen het is onaanvaarbaar en sulke manne moet nie eens uit wees op borg nie want hulle aksies toon dat hulle n gevaar inhou vir die publiek en hoort agter tralies tot en met hulle berou en mak is om weer terug geplaas te word in die samelewing. Die rede hoekom ek se mak want hulle optrede is soos n wilde dier. Kyk maar die fotos van die man wat hul aangerand het.

Ronel ·

Gooi die sleutel weg! Laat hulle lank sit sodat hulle mooi kan dink wat hulle gedoen het.

Gerhard ·

Arrogansie en gebrek aan respek…iewers eerder fout met hul opvoeding.

Eben ·

Nou onlangs het ‘n jong man inn bejaardes se BMW gejaag met ‘n Golf GTI. Golf se spoednaald het gestaan op q50Km/h in ‘n 60 Km / h gebied. Jong manne het gekuier by spuip en kruip en toe probeer om hul bestuursvernuf te toets. Die tannie is op slag dood en die oom se bekken en ruggraat het gebreuk. Dan verwag jong mense dat hulle baie subtiel behandel word, want hulle is jonk en hul hele lewe lê voor. Jong mense het geen respek meer vir bejaardes nie en hulle maak net wat hulle, veral as geld nie ‘n probleem is nie.

SAKKIE ·

Ek is 49 jaar oud, seker nie oud nie maar ook nie jonk nie. ek ervaar in my elke dag se lewe ‘n klomp woede en arrugansie om my, in my woonbuurt, op die pad en by die werk. Ek dink nie die problee is so seer ‘n ouderdoms problee nie, maar respek vir jouself en respek vir jou naaste. Hierdie respek is in die nuwe S.A. vervang met “my regte” en dis waar die groot problem lê.

capitan ·

Wat jy saai oes jy, of jy nou daarin glo of nie, of jy nou wil of nie…

Cindy ·

Skaam julle dat julle n man in sy 50 so aanrand, Is julle nie mans genoeg om iemand julle eie ouderdom aan tevat nie. Nee sies man, dis nie hoe mens lewe nie, dis nie wat mens aan jou eie mense doen nie.

Se maar net ·

Vermoed baie sterk dat hier meer as net drank by betrokke was…. daar is net 1 ander middel wat mens so agresief en mal maak….

Donald ·

Presies Cindy. Watter tipe trop rand ‘n enkele ouman aan? Sy enigste verweer was om ‘n skoot te skiet – in die grond in. Elke nasie het sy common mense. Hier is 3 van hulle.

Gesiggie ·

Jul maak ons suid- afrikaanse naam sleg… skaam jul om dit aan jul eie nasie te doen?? jul met jul kort humeur”’ het 2 mense se lewens verwoes…. mag jul straf vir jul swaar genoeg wees … kry wat jul verdien omdat jul nie gedink het nie. Sterkte aan Mnr en Mev Potgieter, mag die Here jul wonde genees en als gou weer beter gaan.

Omgekrap ·

Julle behoort jul te skaam

dit is erg genoeg dat ons mense elke dag in vrees vir inbrake en verkragtigs moet lewe – nou kom julle en doen dit aan jul eie mense

Chris ·

Dirk Bindemann, 75 persent Jong Suid Afrikaners? Ek neem aan Dan is dit 75 persent van julle ou mense se skuld…..want julle het Dan nie die jonges maniere en respek geleer? Snert!

Enige persoon wat n handwapen het, moet die reels en die wet rondom dit ken. Sy en sy vrou se lewe was in so gevaar dat hy nie nodig gehaad het Vir n waarskuwing skoot. Hy het die reg gehaad om sy aanvaller/s te skiet.
Soos ek die berig verstaan het Willem die toeter geblaas toe die manne oor die rooi lig gery het. Ek gloo die storie het twee Kante.

Geskok ·

Daar was 4 jong mans. 1 Ouer man en sy vrou het hoeveel kans gehad om homself teen VIER mans te verdedig? Wat n skande

Dirk Bindemann ·

Ek stem saam met jou HVR. Dit se iets van hulle opvoeding en dit geld vir 75% van ons jong Afrikaners.. Arogant en het geen respek vir ander mense nie.

Karen ·

HVR, Dirk, ek hoop regtig nie julle het nog groen koring op die land nie, want laat ek julle sê, party kinders maak jy goed groot en dan hak hulle uit en volg hul eie kop en hardloop agter vriende aan. Wees dankbaar as dit wat jy jou kind geleer het by hulle bly en hulle in die voetspore wat jy hulle gewys het loop… daar is van ons wat net ons koppe kan skud en in skaamte laat sak, want dis beslis nie hoe ons ons kinders groot gemaak het nie. Glo die ouers kan daai mannetjies self aan hul gorrels gryp en wurg en ek is seker hulle is nie so groot gemaak nie, maar ja, n kind sleep sy ouers saam met sy wandade deur die modder. Hartseer maar so. Ek het geen tyd vir n padvark nie en net so min vir een wat nie sy humeur kan beheer nie. Mag hul hul straf kry wat hul verdien

Tiger ·

Hulle 4 is regte snortoffies!Mag die regter hulle looi met die wet en maksimum straf plus vergoeding vir die oom en tannie.GEEN opgeskorte vonnisse nie asb!

Hendri Ehlers ·

Ek sal graag die ander kant van die saak wil hoor, siende dat Willem van ‘n restaurant gekom het. Die feit dat jy die “fight” verloor maak jou nie automaties die slagoffer nie. Voordat jy ‘n perd opsaal, vra jouself: “Ken ek die perd”. Vreemde perde kan dalk wilder wees as wat jy verwag.

Jana ·

Maak nie saak wat Oom Willem gedoen het nie, niks maak hierdie reg nie!! Hulle was gestamp en van die pad af geforseer. Duidelik het hy besef hierdie drie lafhaarts soek moeilikheid en toe skiet hy ‘n waarskuwingskoot af. Ek raak ook boos as mense oor rooi ligte jaag. Hoeveel mense is al dood oor so iets? Hierdie drie monsters moes selfbeheersing gewys het en nederig genoeg gewees het om te weet hulle was verkeerd!!

Chris ·

Hoekom altyd die verskoning en/of regverdiging omrede n sogenaamde ander kant? Kan daar dan ooit n ander kant wees wat hierdie 3 se optrede verduidelik?

Harry ·

Ehlers, klink of jy ook ‘n boelie kan wees? Veral as jy saam met klomp bullebak lafaards baie sterk voel?

Transvaalse nooi ·

Ag nee man sies!!! Dronk of nie, indien hulle wel dronk was, wat soek hulle dan agter die stuurwiel?/ op die pad? Hiervoor is nie n verskoning nie, sorry.

DAM ·

Bere die “manne” ver en lank, die gemeenskap het hulle nie nodig nie.

melanie ·

Agge nee, wat is fout met van die mense? Hoe kan mens ouer mense so aanrand? Waarlik dit is skandelik. Hoe skaam moet jul ouers en familie nie kry nie?
Sluit hulle toe op ñ eiland weg uit die samelewing. Wat is hulle nie nog verder in staat nie? Siek, swak, sleg verby!

Ig ·

Die beskuldiges gaan nou seker sê hy het op hulle geskiet ens ens hulle moet maar die punishment vat as hulle skuldig is of miskien moet n paar groot manne hulle bietjie bykom dat hulle ook soos Willem lyk. Daai fotos van hulle sal nou rondgaan so hulle sal moet versigtig wees

JV ·

Dit is net n kwessie van die “fight” verloor nie, hierdie 4 manne het oorboord gegaan en die 2 mense probeer vermoor, eers hulle voertuig probeer verwoes en daarna die 2 mense ernstig aangerand. Nee wat, hulle moet vat wat hul toekom.

se maar net ·

hoop hulle gaan tronk toe en kry die selfde wat hul aan 2 ou mense gedoen

OEPSIE ·

Yip…..veral die oe se alles …. spesifiek mnr donkerkop…ky mooi na sy oe….dit se alles van hom.

Frans C ·

As ‘n mens na die foto van die bakkie kyk wat hul van die pad afgedruk het en hoe die ou se gesig gelyk het ,kan jy sien dat hierdie ‘n saak van padwoede was wat op ernstige aanranding uitgeloop het.

Hoop Willem Potgieter herstel volkome en dat die aanranders ‘n lang tyd agter tralies deurbring en dan hopelik die erns van hul onbesonne daad sal besef.

Pieter ·

So gaan dit wanneer n mens nie weet wanneer om op te hou drink nie

Foxi ·

Ja nee, straf moet hulle kry. En daar moet n helse eis ook ingestel word vir pyn en lyding. Plus hospitaal onkoste. Moenie altyd drank die skuld gee nie, want ek weet, jy kan hoe besope wees, jy weet wat jy doen. Jy moet net beheer oor jouself hê. Jammer om dit te sê……straf moet hulle maar dra.

NIE WOORDE ·

Geen simpatie met hulle 3! As hulle dit eenkeer kon doen sal hulle weer.

Hanlie ·

Neem hulle lisensies vir ewig weg sodat hulle nooit, ooit die geleentheid sal kry om bejaarde mense so aan te val nie. Wonder net hoe hulle ouers hulle groot gemaak het?

Onnie ·

Sies ek skaam my. Miskien is n klap of 2 regverdig, maar beslis nie 45min se aanranding (3 teen 1) en vasry teen die tannie se deur oor en oor nie. Geen regdenkende jongman sal 2 ouer mense so aanrand nie. Ek skat hulle was heelwat onder die prop of dalk nog iets anders ook. Hulle gaan lank sit dink ek.

humor ·

Ek lees ook niks van links of regs nie Miskien ken Jerry hulle almal en bedoel hy seker linkshandig en regshandig.

B ·

Het vorige artikel nie gemeld dat hulle die wapen geneem het en ‘n skoot probeer afvuur het? (Wat nie afgegaan het)
Nietemin, die genade wat die oom aan hulle betoon het is terug betaal met poging tot moord.

O aarde ·

Hierdie is drie tipiese oorgewig diknek bakkiedrywers. Papa wag vir julle.

Jeremia ·

Alle sterkte aan die egpaar. Mag julle hierdie trauma oorwin met die hulp van Bo, jul familie, vriende en gemeenskap. Laat die goeie seëvier.

Sdl ·

Hoekom raak ons samelewing so aggressief? Was dit altyd so? Laat sosiale media dit lyk of die misdaad en mense se optrede met geweld toeneem?
Dat niemand meer dink of omgee oor die gevolge van hulle aksies?

George ·

Almal dink mos die pad behoort aan hom deesdae. Indien die reels gevolg was (soos voorheen berig) sou daar absoluut geen probleem gewees het nie. So wie is eintlik skuldig?

Koos de Meyer. ·

Ek ‘n waarskuwing skoot skiet as my en my vrou se lewe bedreig word. Toe hulle die bakkie gestamp het is dit al klaar. Poging tot moord. Hulle moet bly wees dat hulle nie in die lyks huis beland het nie. Skuim van die aarde.

George ·

Soos ek die storie van die begin af gevolg het was die padreels nie gevolg nie en oor ‘n rooilig gery is. Indien daar by die reels gevolg was sou so iets mos nooit plaasgevind het nie.

Christa ·

Skurmunkels Moet uit samelewing verwyder word. Hulle wou seker ” afshow” . Sluit hulle toe

KG ·

Ek weet nie wat hulle wou bereik nie. Hulle het Santie ook aangerand, watter tipe man doen so iets???

Adriaan ·

Hier sal moet saamgestaan word. Kom ons reel fondse vir ‘n regsfonds. Die kwessie gaan geskik word buite die hof. Miskien ste Afriforum belang?

Dirk ·

@Adraan, jy is reg, want die pappas met baie geld gaan soos met ons Namibiese geval, waar uitlanders gesterf het en anders beseer was, nog na vier jaar skotvry rondloop, want die saak is nou al meermale uitgestel.
@Chris, dit is een van die probleme met julle wie se ouers julle nie die ware geskiedenis geleer het nie, dat julle ons oues wil skuld gee vir julle mislukkings, arogansie en onbeskoftheid. Word groot man.
@Karen. Nee, my koring is al groot en ek weet dat dit net deur die genade en met dissipline (met liefde) dat ek nie probleme met my 4 kinders het nie. Maar outjies soos daai wat met so ‘n duur voertuig kan rond karjakker, spreek boekdele van wat pappa met sy geld maak.

Scotty ·

Kyk net hoeveel skade is aangerig deur mense wat hulle humeur verloor het.Regskostes,mediese uitgawes en die beskadigde bakkies en jou reputasie is aan flarde.

Nicky Swart ·

Al wat ek se God weet alles… niemand sal ongestraf gaan nie… Laat God se wil geskiet… Al wat ek vra wat beteken jammer vir julle 3…. Ek doen dit net weer.. Julle betoon nie eers emosie nie… moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie… God se wiel draai

Pierre ·

Ek is nie ‘n kenner nie maar sou iemand my met ‘n groot voertuig soos ‘n Dodge RAM probeer dood sal ek ook my wapen trek. Veral as hulle reeds hul intensies gewys het soos in die geval. My vrou se veiligheid is mos rede tot erge terug veg

Johanna Botha ·

Wat n vieslike skande ! Vat hulle paspoorte weg …dis wat Kanada doen as jy jouself so gedra !

Cherokee ·

Nee..! Gee hulle liewer paspoorte. Stuur hulle na Zimbabwe!

Doc ·

Please Judge – give them the maximum penalty and let them pay the medical expenses as well.

Bielie van die Bosveld ·

Groot menere wanneer hulle 4 een ouer man takel.
Wonder of hulle een een by my sal kom kuier op uitnodiging?
Ek is 1.95 meter en weeg 135kg.
Julle kan eintlik maar almal gelyk kom kuier.
Ek is 30 jaar oud.
Ek sal vir die lesers laat weet hoe die kuier afgeloop het.

Willemien ·

Ek staanbankvas agter jou standpunt Bielie. Groete. Willemien

Kerneels ·

Bielie, ek is ouer en kleiner as jy, maar my 9mil kan groot skade aanrig. My moeder is nog kleiner en ouer maar baie handig met haar dubbelloop haelgeweer. Ek en my ma sal drie uithaal en die vierde ou vir jou los. Bring net ‘n mop en emmer om die gemors skoon te maak. Ek en my ma gril vir bloed.

Wynand ·

Papbroeke.
Semels
Vir die res van julle lewens gaan julle die naam rugraatlose onopgevoede jellievisse op julle rue dra.
Julle arme kinders.
Hoop nie julle het gesinne nie. Indien wel kry ek hulle baie baie jammer want nou sit hulle met julle gemors.
Is julle trots op julself?
Julle gaan so ge excomunicate word.
Beste plek vir julle is agter tralies.
Hoop julle lees Maroela.

Adriana ·

Bek af
Bek affer
Bek afste
Kry vir julle!!
Kan nie wag vir die hofsaak nie!!!

Sarel ·

Hou hule bietjie op hok asb. As die varkies so kan wandel werk salfies gewoonlik niks. GEEN GENADE. GEEN. Moontlik kan paar krismisse agter trallies die gewenste uitwerking hê.

Trots boer ·

Daar is n verskil tussen n skoon geveg en aanranding. En dan het hul eerste sy voertuig herhaaldelik gestamp, dus poging tot moord. Sluit hul maar toe, hulle wou die mense moor.

Wielspore ·

Die aanvallers kom uit ‘n familie waar finansies nie ‘n probleem is en die jong manne het nooit geleer om verantwoordelikheid vir hulle optrede te aanvaar. Die ouers was altyd daar om die gemors reg te maak. As jou kinders nie leer om verantwoordelik op te tree, gaan die ouers iemand moet betaal om dit namens hulle te doen.

O aarde ·

Ek stem. Die Dodge Ram kos maklik R2 500 000 na omskakeling na regterstuur. Geld is nie ‘n probleem hier nie.

Respek ·

Geen wonder die Boerenasie is in n krisis nie, met sulke lafaards skaam ek my om myself n Boer te noem. Tipies , nooit pak gekry nie en nooit respek vir ander geleer nie, rykmanseuntjies wat maak soos hulle wil!

Guve ·

Dis nou die toppunt van damduikers, sies, sies, ag, nee, dankie Vader, ek is nie die regter nie. Moenie die ouers verkwalik nie, jy kan net hoop jou kinders doen nooit so iets nie, dis baie hartseer, jammer jul 2, dis verskriklik hartseer om net te dink jou kind kan moontlik so optree,bring die rottang terug, jul 4 kan doen met n goeie outydse pakslae, en dalk gemeenskapsdiens in die leeus se hokke.

Docpietza ·

Moes ‘n Groot leemte in hul opvoeding gehad het en nog steeds het.

Jakes ·

Die perde wat hulle soos onopgevoede skobbejakke gedrae het moet tronk toe. Hoop die landros maak n goeie voorbeeld van hulle. Was seker op n stasie van een of ander aard en jammer dat Willem net n waarskuwingskoot gevuur het. As jy drie of 4 latte saam is san maak die wet nie saak nie. Laat die bendes in die tronk hulle maniere leer.

KrokodilBotha ·

Die 3 kon in die lykshuis gewees het daai aand. Waarskuwing skoot se agterkant

Oosie Oosthuizen. ·

As mens by die begin,begin. Hulle’t die rooi verkeerslig verontagsaam. Wat meer kan ek sê?

Dirk ·

@Oosie ek stem saam. Ou wakker, jy is hulle sort- geen twyfel. Tien teen een nog familie of ‘n vriend. Onthou net wat oorlede Kipling geseg het: ‘ If you can keep your head while others are losing theirs, you are a man my son’ of pas jy die boere weergawe daarvan toe nl.: ‘If you can keep your head while others are losing theirs, you probably do not know what it is all about’

Leser ·

Groot menere !!
En nou?
Nou adverteer julle julle lack of breeding!

Zane ·

Dit is wat gebeur wanneer jy pakslae wegneem; en dit gaan net vererger voorentoe. Niemand is meer veilig.

Wakker word mense! ·

Almal wat hier comment. Julle was seker al self in genoeg misverstande betrokke om te weet daar is altyd twee kante aan n storie. Die ‘waarskuwingskoot’ glo ek glad nie. N man stamp nie sommer jou eie kar ook nie, daardie skoot is op hulle geskiet voor die stamp of insident.

Cherokee ·

Jý is die een wat sal moet ontwaak. Sal jy iemand wat ‘n skoot op jou skiet, se kar begin stamp met jòu kar? Jy kan nie helder wees nie!

EC ·

Geneig om saam te stem. Drie kante van die storie ….hulle weergawe, die ander party se weergawe en die waarheid. Hoop geregtigheid sal seevier.

Anoniem ·

Ek hoop jy pas daai gesegde in jou eie lewe toe……wanneer jy weer stry met iemand onthou net jy praat nie die waarheid nie ….daar is mos 3 kante van die storie jou kant, die ander ou se kant en die waarheid…

Rinkhals ·

Boeliegedrag spruit uit n gebrek aan emosionele intelligensie.

Navorsing toon dat skoolboelies( wat n reuse probleem oral is)dikwels later in hul lewe met die gereg bots. Dit is dus gewoonlik n “tipe” persoon. Google dit gerus

Nuuskierig ·

Plaas dat hy die waarskuwingskoot gelos het & die aanvallers geskiet het.
As jy jou vuurwapen by jou het – moet jy bereid wees om te SKIET,

ChrisE ·

Dit is ongelukkig nie ‘n geisoleerde geval nie. Daar het die afgelope klompie jare al menigte sulke gevalle plaasgevind. Ek is seker dan ‘n ou man, maar dit sal maar moeilik teen drie gaan, maar ek sal my beslis nie deur een onfikse oorgewig uitgevrete knaap so laat slaan nie. Hy sal hom suur bekom. Dit spreek nou maar van die knape se opvoeding. Grond kan jy koop maar nie agtergrond nie.

Marlene ·

Kyk, ek ken vir Willie. Al vir lankal af. Hy sou nie skiet as dit nie nodig was nie. Ek weet ook daardie aanvallers is rykmans kinders, In Witbank maak die rykes soos hulle wil, want pappie se geld sal praat. Alle beterskap Willie. Ons vang binnekort weer vis.

Cherokee ·

Marlene, verduidelik asseblief aan Willie dat die ‘waarskuwingskoot’ is ‘n foefie wat uit my kinderjare en miskien selfs vroeër dateer. Die waarskuwingskoot kan agterna geskiet word.

Jaco ·

Dit lyk nie eers of daar veel berou is , as ek na daai foto kyk nie. Kan nie glo dat mense tot sulke dade instaat is nie. Wat gaan met die mensdom aan?

Andre ·

Opperste lafaards wat nog die vrou ook aangerand het. Sterk wanneer hulle in ‘n groep weerlose mense aanval, maar elkeen op hul eie beteken hulle niks en is papbroeke. Hulle moet vir BAIE lank tronk toe dan kyk ons of hulle nog sulke brekers daarbinne is.

Jaco ·

Dalk het hulle gedink dat die gebruik van ‘n dodge ram juis dit is?

Walter ·

As jou eie of jou vrou of gesin se lewe in gevaar is kan en mag jy die persoon wat die skade wil rig skiet… hoe bewys jy dit deur die fotos van die bakkie sy vrou wat seer gekry het… as hulle wapens gehad het dan was die Oom en Tannie Dood..

Adam ·

Ek kan nie glo dat daar mense is wat, ten spyte van die feit dat nie een van ons op die toneel was nie, nog verskonings vir die 4 manne soek nie. Professionele boksgevegte duur 12 rondtes van 3 minute, dws 36 minute. Hoe op aarde kan 4 manne een mens vir 45 minute wreedaardig aanrand en dink hulle kan daarmee wegkom. Hierdie optrede kom ongelukkig te gereeld voor en ek is bewus van sulke voorvalle gedurende my weermag- en universiteitsdae in die 70’s en 80’s. Die kwessie oor of jy diensplig gedoen het of nie is irrelevant. Boewery bly boewery.

Robbie ·

Versekering gaan sekerlik nie die Dodge Ram dek na dese nie

George in Bloem ·

“Brawe” jong knape sien ek. Hulle “gevegskuns”gaan eersdaags deeglik agter die tralies getoets word. Sterkte met wat voorle kerels. Slaap maar met jul rue teen die muur en een oog oop. Julle sal in elkgeval binnekort voel hoe daai ouer man en sy vrou gevoel het.

Johan ·

Ek hoop die ouens word tronk toe gestuur vir n maksimum moontlike straf. Dis absoluut poging tot moord. Maak nie saak hoe n mens die saak bekyk nie.

Gemors ·

Die man sou net ‘n skoot gevuur het indien sy lewe en sy vrou se lewe in gevaar was – en dit was.

Respek is altyd nodig ·

Hierdie gedrag is onaavaarbaar!. Sterkte aan die slagoffers van hierdie geweldadige optrede deur jong belhamels. Nou die dag in die supermark het ek self gesien hoe twee jong kinders ‘n ou oom en tannie van seker so 30 of 35 uit die pad stamp!

Terry ·

Hoop hulle sit n hele paar jaar, geen regverdiging vir hul optrede nie.

Frik ·

Lafaards. Baie braaf as hul saam is. Laat my dink aan n klomp hienas.
Hoop jul sit lank

Ig ·

Ja nee, brandewyn maak jou mos slim en sterk en sommer aantreklik en ryk ook. Ek is heelwat ouer as die”Oom” wat aangeval was maar Ram of nie Ram nie, hulle sal 2de kom as hulle my so wil rondstamp. Net jammer hulle is nie raak geskiet nie want dan was ons baie drama gespaar en belasting betalers se geld gemors met uitgerekte hofsake.

PJN ·

Kom julle 3 papbroeke wys die 4de persoon uit. Julle is skuim en hoort nie in die samelewing nie. Omdat julle agter julle pappies se vuil geld wegkruip dink julle geld maak alles reg die onreg wat julle in julle besope toestand aan ander mense aangedoen het. Kom julle brawe slakke julle en julle sibbes behoort vir Hennie ‘n nuwe bakkie te koop,alle omkostes te betaal wat gepaard gaan met die insident. Dan moet julle ook baie lank sit in die vuilste tronk in die land……..

A Mac ·

Goed, hierdie “manne” het nou die omie in die hospitaal ingeslaan en hul bakkie by die panelbeaters ingestamp. Wat ek wil weet, word hulle nog met ope arms en rugkloppe in die gemeenskap aanvaar? Word hulle as hero’s in hul werkplekke en ouerhuise geag? Mamma / Pappa, stap jy nog breëbors en met trots in die dorp rond na aanleiding van dit wat jou spruit gedoen het? Ken die vier snare en die oom en tannie en hul dorp van geen kant, maar ai, net om dit te lees en die foto’s te sien laat my kop in skaamte sak oor wat van sommige jong manne in ons land geword het.

sarel ·

dis is die tekens van die tye dat jongmense nie meer respek het en n vrees het vir verkeerde dade nie.gelukkig vir hulle was die slagoffer nie opgelei nie anders so dit heeltemal anders uit gedraai het.maar wees verseker hulle sal boet vir hulle wreede daad.

gatiep ·

Gelukkig is hulle wit so daar is geen wegkomkans vir hulle nie.Julle sal sit vir baie lank,en genoeg tyd he om te kan dink oor wat julle gedoen het.

Perde ·

@OudAanklaer, ek dink die viertjies doen dit anyway gereeld onder mekaar.

Trojaanse Donkie ·

Dit bevestig net weer my filosofie oor bakkie en 4×4 eienaars en bestuurders, die pad behoort mos aan hulle soos taxis.

Lou ·

Ag nee Donkie jy veralgemeen darem nou vreeslik. As dit waar is dan kan ons nou maar sommer BMW, Audi en VW Golf eienaars ook bysit en nou nou is eintlik almal padvarke en boewe.
Die manne moet nou maar vat wat na hulle kant toe kom want hulle het heel duidelik verkeerde besluite in hulle lewens gemaak. Sterk vermoede dat drank, dwelms en ‘n gebrekkige opvoeding ‘n groot rol in die hele storie speel.
Sterkte aan die 2 mense wat nou moet herstel van die fisiese en emosionele skade.

marous ·

Steek in julle hemde en waar is julle dasse ? Dis wat ‘n landdros met ruggraat eerste sou
vra !

Derf ·

Name & shame, wie is hierdie 4, wie is hul ouers en wat is hul bedrywe se naam? Enige iemand van Witbank wat ons kan inlig?

Scenario ·

Ek vermoed die slagoffers gaan ‘n paar rand aangebied word vir skikking.
Hou maar dop. (Dop??)

Alida Engelbrecht ·

Hierdie kapokhaantjies se stertvere moet gepluk word en hulle moet minstens n jaar agter slot en grendel gehou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.